Author Topic: Kom ons maak rooiwyn  (Read 27657 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Kom ons maak rooiwyn
« on: March 01, 2015, 10:58:50 AM »
Ek het so 2 jaar gelede i wyn geproe wat ek nie eers van kennis gedra het nie. Durif is sy naam en hy word ook genoem Petit Shyra.
Dit is 'n nattrlike kruising tussen Shiraz en Pontanac, as ek reg onthou.

Ek vrs toe ons kelder bestuurder of hy dit ekn en hy seg nee. Ek koop toe 'n bottel en laat hom proe en hy seg as dit so by ons kan smaak is dit reg. Maar hoe weet mens. Ek koop toe 100 stokkies en plant dit en daar was verlede jaar 110 kg druiwe aan. Ons kelder wat 900 ton druiwe op i dag inneem kan niks met 100 kg odds maak nie en toe maak ek self wyn en dit was 'n groot sukses...bo verwagting. Vanjaar het die stokke 350 kg gedra en ek het weer die waagmoed gehad om te probeer wyn maak. Dit het gister gebeur.

Vroeg oggend het 3 van my werkers kom help dat ons die druiwe pluk terwyl dit koel is.

Hier is Gerhard besig om te pluk


durif trossie




Ruben



en Natan het ook gehelp



10 voor 8 was ons klaar



deel van die druiwe, die res is reeds stoor toe gery




'n Klein druiwe meul en ontstingelaar by Pieter en Karin van Kirabo kelder geleen.



Die masjien se kapasiteit is 1 mandjie op i slag en dit werk uit op 1 ton per uur. Ons kelder se groot masjiene kan 100 ton per uur afmaal maar is gestel vir 50 ton per uur.






Druiwe korrels en sap val onder uit en stingels voor uit










En nou lê die sap op die doppe in koue toestande. Ensiem is bygegooi om kleur en geur uit die doppe te trek.
Sal later tanienie ingooi en seker teen maandag anad of dinsdag oggend gis bygooi.

Elke 4 na 6 ure moet die doppe deurgedruk word.....dit word soos i klein babatjie opgepas...kos gee en doeke omruil.



Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #1 on: March 01, 2015, 06:49:19 PM »
Ai jai jai.... 
As ek darem daar kon verby ry.  Gaan juis Saterdag daar verby Wildernes en dan Plett toe.  Wens ek kon vir die Boetas 'n botteltjie saamneem.
Maar dis nog te gou. Hy moet nog trek. En broei. En stoei.
Dalk volgende jaar.
Dankie vir die vertel, AB.
 :wave:
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #2 on: March 01, 2015, 07:46:03 PM »
 Dis 1/4 van die proses wat ons gister gedoen het. Die volgende kwart is die baba oppas, elke 4 uur kos gee en doeke omruil. ek wil probeer dat die gisting teen vrydag nag klaar is dat ek die 3 de kwart van die proses kan doen....die pers van die uitgegiste doppe....dis meer sports en effe groter werk as gister se werk. ongelukkig kan ek nie sê hoe vining die gisting gaan wees nie, ek wil dinsdag oggend die gis bysit en dan is dit sowat 4 dae, as dit nie vassteek nie. As jy wil kan jy dan kom kyk wat gebeur, maar ek sal eers vrydag aand of saterdag oggend weet of die wyn droog gegis is om te pres.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #3 on: March 01, 2015, 10:56:32 PM »
Ek het geniet Stoffel! Plek geboek vir die res van die proses  :icon_salut:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #4 on: March 02, 2015, 08:20:30 PM »
Ai jinne, AB, as ek nou 'n afgetredene was met hope diesel in 'n groot bakkie, was ek lankal by Badsberg se kellers..
Maak lekker wyn en gooi hom hoog in die glas.  Man mag mos jou eie produk geniet.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #5 on: March 05, 2015, 09:53:35 AM »
Hier sit ek ook en wag met duime geknyp om te sien wat gebeur volgende. 
Dankie vir die deel AB en vir dit wat nog kom!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #6 on: March 05, 2015, 07:27:52 PM »
Op die oomblik druk ek dit elke 2 tot 4 ure deur vir kleur en geur en neem die suiker.
Vannag iewers as die suier 13 bereik wil ek bietjie aftap en fortifiseer om port te maak.
Die res gaan nog gis tot dit droog is en dan noem mens idt jong wyn.


Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #7 on: March 06, 2015, 12:26:27 AM »
Nooit te oud om te leer nie  :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #8 on: March 06, 2015, 02:05:51 PM »
Nou hoe maak mens port?   Hoe lank moet die "jong wyn" wag voordat dit "volwasse wyn" is?   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #9 on: March 07, 2015, 10:29:11 AM »
Geldige vraag PM.
Ek sal verder probeer verduidelik en sommige met prentjies.
Ek het die voorreg om baie oggende tussen 4 uur en 5 uur te begin oes. Dan sien ek hoe die dag breek. Elke oggend lyk anders




Hier is die sap aan die gis. Die pype teen die kante is die verkoelings water. Ek het  'n 500 liter bak water teen 4ºC in 'n koelkamer op wiele en 2 fomtein pompies met elkeen deur 'n 15mm koper spiraal pyp gaan om koud te maak. Met die gisting proses word hitte vrygestel en die mos moet nie te vining gis nie. tussen 20 en 25ºC is reg. Waneer die temp by 24 of 25 kom het ek die pompies aangesit en na 4 ure waneer ek weer kom deurdruk is die temp maklik 18 of 19º. Dit werk te goed. Ek het toe die yskas warmer gestel en later was die water 10ºC maar steeds baie vinning afgekoel. Ek het baie van die verkoel geleer vanjaar, sal vlg jaar die verkoel water dlak teen 12 of 15 hou om nie so drasties vining af te koel nie. EK het klompie ys bottels in vrieskas vir bystand indien nodig maar was nie vanjaar nodig nie.

Die wit stokkie wat daar uitsteek is die suiker meter wat ek as termometer ook gebruik om die hitte van die brousel te bepaal.




Die sap voor gisting, na 2 dae se koue stil lê op die doppe. Die klue ris reeds pragtig en die sap smaak heerlik.



Gis word met lou water en sap aangemaak en by die sap gevoeg en gemeng



Nog 'n lieflike sonopkoms wat ek beleef het



en nog een


uitsig vanaf die oesmasjien



Hier het ek als gereed gekry om port te maak.
Die rooiwyn gis van 25ºB tot droog en die soppe word dan gepers om die laaste sap uit te druk. Dit gaan ons môre oggend doen. Die suiker is nou 3,5ºB. Gaan dit op minus 1.5 doen.
Port word ook so begin maar op 13ºB word dit gefortifiseer met spiritus (witblits)
Ek het so 750 ml witblits hier gehad en kon daarmee 4.5 liter fortifiseer. Fortifiseer is om die alkohol in die wyn te verhoog na tussen 16,5 en 17,5%. Port word van speifieke cultivars gemaak, sommige se smaak is beter vir port as ander se smaak. Sommige cultvars is gskik vir port en wyn. Port is ook nie altyd rooi nie daar is wit cultivars warvan jy kan port maak. Jeripiko word gemaak van sap wat op doppe le vir so 2 dae en dan word dit nie gegis nie maar net gefortifiseer.

Gewoonlik is port wyn reg vir fortifikasie 1 uur in die nag en by my was geen verskil nie. moes dit oppas tot 1 uur in die nag.
Ek het toe nog 2 kanne port gemaak en met brandewyn en wiskey ook gefortifiseer om te kyk hoe dit kom.

Hier staan als gereed in afwagting



Neem die suiker vir die hoeveelste keer in die nag



Suiker meter ( SG meter) e termometer in een



my wynmaak toerusting



Hier is die sprits en brandewyn en wiskey elkeen in sy eie kan gegooi en die sap het ek uitgeskep om die laaste stukkie te gis en dan is dit gouer om by te gooi.



bietjie meta, 1 gram per kan, wat bykom om gisting te help stop. ek het dit vooraf afgemeet in die blou pille bottels.





Nou gis die mos lekker en moet nou bygegooi word






Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #10 on: March 08, 2015, 03:51:41 AM »
die eitket lyk min of meer so


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #11 on: March 08, 2015, 10:58:21 AM »
Goeiste, dit is 'n proses.   :read:  Dankie vir al jou moeite. 

Wat 'n wonderlike voorreg om sulke uitstekende sonsopkoms te aanskou en baie dankie vir die deel daarvan. 

Daardie glasie wat so parmantig op die rand staan laat my mond water! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #12 on: March 09, 2015, 01:30:18 AM »
Ek verkyk en verlees my! Gaan die post met Outop deel. Hoeka vir hom so drie jaar gelede een druifgedoente (wat noem mens dit?) gekoop en toe geplant reg langs ons watertenk. Die ding het nou al teen die pandok en regom watertenk gerank, deur 'n venster van die eens-buite-toilet tot binne in waskamer en oorle buurman se lennelamheining die is nou skaars sigbaar soos druif se kind dankbaar rank. Sal moet kom kersopsteek by jou hoe en wanneer om te snoei Stoffel   :notworthy:
« Last Edit: March 09, 2015, 01:33:48 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #13 on: March 09, 2015, 05:37:06 PM »
Druifgedoente = stok.
 :occasion14:

Het so 'n skamele paar uurtjies gelede daar by AB se wingerde verby gery.  Ai...
« Last Edit: March 10, 2015, 07:27:13 PM by Angelica »
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #14 on: March 09, 2015, 07:01:45 PM »
Druifgedoente = stok.
 :occasion14:

Het so 'n skamele paar uurtjies daar by AB se wingerde verby gery.  Ai...

en jy ry net verby en kom nie proe hoe dit smaak nie