Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek
Kom ons maak rooiwyn
AB:
Ek het so 2 jaar gelede i wyn geproe wat ek nie eers van kennis gedra het nie. Durif is sy naam en hy word ook genoem Petit Shyra.
Dit is 'n nattrlike kruising tussen Shiraz en Pontanac, as ek reg onthou.
Ek vrs toe ons kelder bestuurder of hy dit ekn en hy seg nee. Ek koop toe 'n bottel en laat hom proe en hy seg as dit so by ons kan smaak is dit reg. Maar hoe weet mens. Ek koop toe 100 stokkies en plant dit en daar was verlede jaar 110 kg druiwe aan. Ons kelder wat 900 ton druiwe op i dag inneem kan niks met 100 kg odds maak nie en toe maak ek self wyn en dit was 'n groot sukses...bo verwagting. Vanjaar het die stokke 350 kg gedra en ek het weer die waagmoed gehad om te probeer wyn maak. Dit het gister gebeur.
Vroeg oggend het 3 van my werkers kom help dat ons die druiwe pluk terwyl dit koel is.
Hier is Gerhard besig om te pluk
durif trossie
Ruben
en Natan het ook gehelp
10 voor 8 was ons klaar
deel van die druiwe, die res is reeds stoor toe gery
'n Klein druiwe meul en ontstingelaar by Pieter en Karin van Kirabo kelder geleen.
Die masjien se kapasiteit is 1 mandjie op i slag en dit werk uit op 1 ton per uur. Ons kelder se groot masjiene kan 100 ton per uur afmaal maar is gestel vir 50 ton per uur.
Druiwe korrels en sap val onder uit en stingels voor uit
En nou lê die sap op die doppe in koue toestande. Ensiem is bygegooi om kleur en geur uit die doppe te trek.
Sal later tanienie ingooi en seker teen maandag anad of dinsdag oggend gis bygooi.
Elke 4 na 6 ure moet die doppe deurgedruk word.....dit word soos i klein babatjie opgepas...kos gee en doeke omruil.
Angelica:
Ai jai jai....
As ek darem daar kon verby ry. Gaan juis Saterdag daar verby Wildernes en dan Plett toe. Wens ek kon vir die Boetas 'n botteltjie saamneem.
Maar dis nog te gou. Hy moet nog trek. En broei. En stoei.
Dalk volgende jaar.
Dankie vir die vertel, AB.
:wave:
AB:
Dis 1/4 van die proses wat ons gister gedoen het. Die volgende kwart is die baba oppas, elke 4 uur kos gee en doeke omruil. ek wil probeer dat die gisting teen vrydag nag klaar is dat ek die 3 de kwart van die proses kan doen....die pers van die uitgegiste doppe....dis meer sports en effe groter werk as gister se werk. ongelukkig kan ek nie sê hoe vining die gisting gaan wees nie, ek wil dinsdag oggend die gis bysit en dan is dit sowat 4 dae, as dit nie vassteek nie. As jy wil kan jy dan kom kyk wat gebeur, maar ek sal eers vrydag aand of saterdag oggend weet of die wyn droog gegis is om te pres.
Meraai vannie Baai:
Ek het geniet Stoffel! Plek geboek vir die res van die proses :icon_salut:
Angelica:
Ai jinne, AB, as ek nou 'n afgetredene was met hope diesel in 'n groot bakkie, was ek lankal by Badsberg se kellers..
Maak lekker wyn en gooi hom hoog in die glas. Man mag mos jou eie produk geniet.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version