Author Topic: Kom ons maak rooiwyn  (Read 29224 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Kom ons maak rooiwyn
« on: March 01, 2015, 10:58:50 AM »
Ek het so 2 jaar gelede i wyn geproe wat ek nie eers van kennis gedra het nie. Durif is sy naam en hy word ook genoem Petit Shyra.
Dit is 'n nattrlike kruising tussen Shiraz en Pontanac, as ek reg onthou.

Ek vrs toe ons kelder bestuurder of hy dit ekn en hy seg nee. Ek koop toe 'n bottel en laat hom proe en hy seg as dit so by ons kan smaak is dit reg. Maar hoe weet mens. Ek koop toe 100 stokkies en plant dit en daar was verlede jaar 110 kg druiwe aan. Ons kelder wat 900 ton druiwe op i dag inneem kan niks met 100 kg odds maak nie en toe maak ek self wyn en dit was 'n groot sukses...bo verwagting. Vanjaar het die stokke 350 kg gedra en ek het weer die waagmoed gehad om te probeer wyn maak. Dit het gister gebeur.

Vroeg oggend het 3 van my werkers kom help dat ons die druiwe pluk terwyl dit koel is.

Hier is Gerhard besig om te pluk


durif trossie




Ruben



en Natan het ook gehelp



10 voor 8 was ons klaar



deel van die druiwe, die res is reeds stoor toe gery




'n Klein druiwe meul en ontstingelaar by Pieter en Karin van Kirabo kelder geleen.



Die masjien se kapasiteit is 1 mandjie op i slag en dit werk uit op 1 ton per uur. Ons kelder se groot masjiene kan 100 ton per uur afmaal maar is gestel vir 50 ton per uur.






Druiwe korrels en sap val onder uit en stingels voor uit










En nou lê die sap op die doppe in koue toestande. Ensiem is bygegooi om kleur en geur uit die doppe te trek.
Sal later tanienie ingooi en seker teen maandag anad of dinsdag oggend gis bygooi.

Elke 4 na 6 ure moet die doppe deurgedruk word.....dit word soos i klein babatjie opgepas...kos gee en doeke omruil.



Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #1 on: March 01, 2015, 06:49:19 PM »
Ai jai jai.... 
As ek darem daar kon verby ry.  Gaan juis Saterdag daar verby Wildernes en dan Plett toe.  Wens ek kon vir die Boetas 'n botteltjie saamneem.
Maar dis nog te gou. Hy moet nog trek. En broei. En stoei.
Dalk volgende jaar.
Dankie vir die vertel, AB.
 :wave:
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #2 on: March 01, 2015, 07:46:03 PM »
 Dis 1/4 van die proses wat ons gister gedoen het. Die volgende kwart is die baba oppas, elke 4 uur kos gee en doeke omruil. ek wil probeer dat die gisting teen vrydag nag klaar is dat ek die 3 de kwart van die proses kan doen....die pers van die uitgegiste doppe....dis meer sports en effe groter werk as gister se werk. ongelukkig kan ek nie sê hoe vining die gisting gaan wees nie, ek wil dinsdag oggend die gis bysit en dan is dit sowat 4 dae, as dit nie vassteek nie. As jy wil kan jy dan kom kyk wat gebeur, maar ek sal eers vrydag aand of saterdag oggend weet of die wyn droog gegis is om te pres.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #3 on: March 01, 2015, 10:56:32 PM »
Ek het geniet Stoffel! Plek geboek vir die res van die proses  :icon_salut:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #4 on: March 02, 2015, 08:20:30 PM »
Ai jinne, AB, as ek nou 'n afgetredene was met hope diesel in 'n groot bakkie, was ek lankal by Badsberg se kellers..
Maak lekker wyn en gooi hom hoog in die glas.  Man mag mos jou eie produk geniet.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #5 on: March 05, 2015, 09:53:35 AM »
Hier sit ek ook en wag met duime geknyp om te sien wat gebeur volgende. 
Dankie vir die deel AB en vir dit wat nog kom!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #6 on: March 05, 2015, 07:27:52 PM »
Op die oomblik druk ek dit elke 2 tot 4 ure deur vir kleur en geur en neem die suiker.
Vannag iewers as die suier 13 bereik wil ek bietjie aftap en fortifiseer om port te maak.
Die res gaan nog gis tot dit droog is en dan noem mens idt jong wyn.


Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #7 on: March 06, 2015, 12:26:27 AM »
Nooit te oud om te leer nie  :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #8 on: March 06, 2015, 02:05:51 PM »
Nou hoe maak mens port?   Hoe lank moet die "jong wyn" wag voordat dit "volwasse wyn" is?   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #9 on: March 07, 2015, 10:29:11 AM »
Geldige vraag PM.
Ek sal verder probeer verduidelik en sommige met prentjies.
Ek het die voorreg om baie oggende tussen 4 uur en 5 uur te begin oes. Dan sien ek hoe die dag breek. Elke oggend lyk anders




Hier is die sap aan die gis. Die pype teen die kante is die verkoelings water. Ek het  'n 500 liter bak water teen 4ºC in 'n koelkamer op wiele en 2 fomtein pompies met elkeen deur 'n 15mm koper spiraal pyp gaan om koud te maak. Met die gisting proses word hitte vrygestel en die mos moet nie te vining gis nie. tussen 20 en 25ºC is reg. Waneer die temp by 24 of 25 kom het ek die pompies aangesit en na 4 ure waneer ek weer kom deurdruk is die temp maklik 18 of 19º. Dit werk te goed. Ek het toe die yskas warmer gestel en later was die water 10ºC maar steeds baie vinning afgekoel. Ek het baie van die verkoel geleer vanjaar, sal vlg jaar die verkoel water dlak teen 12 of 15 hou om nie so drasties vining af te koel nie. EK het klompie ys bottels in vrieskas vir bystand indien nodig maar was nie vanjaar nodig nie.

Die wit stokkie wat daar uitsteek is die suiker meter wat ek as termometer ook gebruik om die hitte van die brousel te bepaal.




Die sap voor gisting, na 2 dae se koue stil lê op die doppe. Die klue ris reeds pragtig en die sap smaak heerlik.



Gis word met lou water en sap aangemaak en by die sap gevoeg en gemeng



Nog 'n lieflike sonopkoms wat ek beleef het



en nog een


uitsig vanaf die oesmasjien



Hier het ek als gereed gekry om port te maak.
Die rooiwyn gis van 25ºB tot droog en die soppe word dan gepers om die laaste sap uit te druk. Dit gaan ons môre oggend doen. Die suiker is nou 3,5ºB. Gaan dit op minus 1.5 doen.
Port word ook so begin maar op 13ºB word dit gefortifiseer met spiritus (witblits)
Ek het so 750 ml witblits hier gehad en kon daarmee 4.5 liter fortifiseer. Fortifiseer is om die alkohol in die wyn te verhoog na tussen 16,5 en 17,5%. Port word van speifieke cultivars gemaak, sommige se smaak is beter vir port as ander se smaak. Sommige cultvars is gskik vir port en wyn. Port is ook nie altyd rooi nie daar is wit cultivars warvan jy kan port maak. Jeripiko word gemaak van sap wat op doppe le vir so 2 dae en dan word dit nie gegis nie maar net gefortifiseer.

Gewoonlik is port wyn reg vir fortifikasie 1 uur in die nag en by my was geen verskil nie. moes dit oppas tot 1 uur in die nag.
Ek het toe nog 2 kanne port gemaak en met brandewyn en wiskey ook gefortifiseer om te kyk hoe dit kom.

Hier staan als gereed in afwagting



Neem die suiker vir die hoeveelste keer in die nag



Suiker meter ( SG meter) e termometer in een



my wynmaak toerusting



Hier is die sprits en brandewyn en wiskey elkeen in sy eie kan gegooi en die sap het ek uitgeskep om die laaste stukkie te gis en dan is dit gouer om by te gooi.



bietjie meta, 1 gram per kan, wat bykom om gisting te help stop. ek het dit vooraf afgemeet in die blou pille bottels.





Nou gis die mos lekker en moet nou bygegooi word






Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #10 on: March 08, 2015, 03:51:41 AM »
die eitket lyk min of meer so


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #11 on: March 08, 2015, 10:58:21 AM »
Goeiste, dit is 'n proses.   :read:  Dankie vir al jou moeite. 

Wat 'n wonderlike voorreg om sulke uitstekende sonsopkoms te aanskou en baie dankie vir die deel daarvan. 

Daardie glasie wat so parmantig op die rand staan laat my mond water! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #12 on: March 09, 2015, 01:30:18 AM »
Ek verkyk en verlees my! Gaan die post met Outop deel. Hoeka vir hom so drie jaar gelede een druifgedoente (wat noem mens dit?) gekoop en toe geplant reg langs ons watertenk. Die ding het nou al teen die pandok en regom watertenk gerank, deur 'n venster van die eens-buite-toilet tot binne in waskamer en oorle buurman se lennelamheining die is nou skaars sigbaar soos druif se kind dankbaar rank. Sal moet kom kersopsteek by jou hoe en wanneer om te snoei Stoffel   :notworthy:
« Last Edit: March 09, 2015, 01:33:48 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #13 on: March 09, 2015, 05:37:06 PM »
Druifgedoente = stok.
 :occasion14:

Het so 'n skamele paar uurtjies gelede daar by AB se wingerde verby gery.  Ai...
« Last Edit: March 10, 2015, 07:27:13 PM by Angelica »
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #14 on: March 09, 2015, 07:01:45 PM »
Druifgedoente = stok.
 :occasion14:

Het so 'n skamele paar uurtjies daar by AB se wingerde verby gery.  Ai...

en jy ry net verby en kom nie proe hoe dit smaak nie

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #15 on: March 10, 2015, 06:59:12 AM »
Dankie Elle. Kan nie glo ek kon nie onthou wat noem mens dit! Druiwestokke. Natuuuuurlik  :icon_bigsmurf:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #16 on: March 10, 2015, 07:30:23 PM »
Is so, AB, maar as jy nie in die drywers-seat sit nie kan jy nie sommer net afdraai nie.
Maar ek het gese as daar weer moet wyn gekoop word, is dit by Badsberg.
Sal jou laat weet wanneer.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #17 on: March 12, 2015, 03:35:24 AM »
Is so, AB, maar as jy nie in die drywers-seat sit nie kan jy nie sommer net afdraai nie.
Maar ek het gese as daar weer moet wyn gekoop word, is dit by Badsberg.
Sal jou laat weet wanneer.
het jy nog nie gehoor van back seat driver nie?

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #18 on: March 13, 2015, 05:21:22 PM »
Verlede naweek het ons gepres..soos ons dit noem. Sommige mense praat van pers.

Die kiekies het effe donker uitgekom maar vertel darem wat gebeur het.

Die doppe en wyn is nou klaar gegis na 6 dae.
Dit is maar klein skaal en als word nog met die hand gedoen hier in my se kelder wat eintlik die stoor is.

Ons het die doppe met die hand afgeskep en uitgedruk om meeste wyn uit te kry.



Dan word die nat doppe in die skadunet gegooi wat binne in die krat is wat oor die doppe hang.



!Dan word die sak opgewen om sap uit te druk





Daarna het ons die sak toegevou en in die krat gesit met 'n 3 mm plaat bo op en dan word daar op die plaat gestaan om nog sap uit te druk. Die krat het gleuwe aan die kante en onder en dit staan binne in 'n staal bak met pypie wat die wyn weglei in 'n kan.






Na dit is die doppe in die mandjie pres gegooi vir laaste sap uitdruk.


Peet het solank seker gemaak of die wyn reg smaak



Hier begin die kan en die mandjie pres vol raak



Tyd vir kan omruil. kyk net daai mooi rooi kleur




hier is die meeste doope uit geskep en ons suig die wyn uit die houer in die tenk.



Het probeer 'n filter maak met pvc pyp en skadunet rondom, dit het gewerk maar later verstop toe die moer te dik raak.







die pres is darm al 3/4 vol




Natan wou so graag die pres werk doen





Hy het dit opgepomp tot omtrent 350 na 400 bar druk en toe lyk die koek so wat 99% droog gedruk is



Van 350 kg druiwe is dit al wat oorgebly het, een kruiwa vol doppe














Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #19 on: March 15, 2015, 04:15:55 PM »
Jy moet 'n sterk maag he om nog steeds wyn na daardie pres-proses te drink...   :mumum:
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #20 on: March 16, 2015, 06:58:02 PM »
Jy moet 'n sterk maag he om nog steeds wyn na daardie pres-proses te drink...   :mumum:


lyk amper of mens daai koek kan versier.


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #21 on: March 16, 2015, 07:05:48 PM »
Hie-hie....
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #22 on: March 20, 2015, 02:22:00 PM »
Baie dankie AB!  Dit is nogal 'n lang proses en ek wens so dat ek daar kon wees om te help proe.  :toothy4:  Wat seg Peet, smaak dit reg?
Wat moet nou gebeur voordat dit reg is.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #23 on: March 23, 2015, 08:36:40 PM »
Peet sê dit smaak reeds reg, hy kan nie verstaan hoekom dit nou nog moet lê en wag nie.
Die appelmelksuur gisting is seker nou amper of heeltemal klaar. Ek sal kyk of ek vlg week kans kry om dit te laat toets en indien die AMG klaar is moet ek die wyn van die moer aftrek en dan staan die wyn tot so november om te bottel. dan nog so paar weke wag en dlak is idt reg teen kersfees om te dirnk, maar gewoonlik eers so teen maart die vlg jaar. Sal maar sien oe vining hierdie wyn reg is vir drink

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #24 on: March 26, 2015, 09:00:17 AM »
Hoe word die prys van die wyn bepaal?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #25 on: March 26, 2015, 11:24:34 AM »
Vraag en aanbod maar daar is darem ook iewers 'n afsny prys waar jy moet oppas dat jou prys nie laer as jou koste is nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #26 on: March 27, 2015, 11:42:10 AM »
As 'n mens kyk wat jy vir wyn in 'n restuarant betaal is dit belaglik.  Ons sal eerder die wynboere ondersteun. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #27 on: March 27, 2015, 03:15:56 PM »
As 'n mens kyk wat jy vir wyn in 'n restuarant betaal is dit belaglik.  Ons sal eerder die wynboere ondersteun. 

Praat jy, ek as wyndruiweboer kry min of meer R2.50 na R2,80 per bottel witwyn.
Rooiwyn dalk so 80 sent meer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #28 on: April 14, 2015, 10:54:47 AM »
Dit is 'n skryende skande!   :dontknow:  'n Mens kry nie meer by die bottelstoor 'n redelike rooiwyn vir miner as R35.00 per bottel nie.
Sodra jy na iets meer bekend soek, dok jy maklik R65.00 op. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #29 on: April 14, 2015, 08:56:20 PM »
Daai stem ek ook saam. As jy 'n bottel wyn van R50 in die restaurant koop ( wat ek dink mens nie meer teen daai prys in rest sal kry nie) en jy gee 10% tip vir die kelner van daai wyn se prys sal die kelner meer uit daai bottel wyn verdien vir dlak 3 minute se werk as wat ek as wyndruiwe boer verdien en ek moe sdie wingerd plant en 3 jaar versorg voordat ek kan oes daarvan en dan wag ek tot 2 jaar vir my geld van die druiwe. Dis nou 2015 en ons moet nog so min of meer 45% van 2014 se oes se geld kry wat nog uitstaande is.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #30 on: March 21, 2016, 10:55:57 PM »
Lieven loven Stoffel, ek lees nou hier oor 'n gas se skouer hoe lank dit jou neem om jou geld te kry na al die ge-werskaf en die belaglike bedrag wat ons betaal vir 'n bottel gemeet teen wat die wynboer ontvang is skreiende skande man!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #31 on: June 24, 2016, 08:17:29 PM »
Lieven loven Stoffel, ek lees nou hier oor 'n gas se skouer hoe lank dit jou neem om jou geld te kry na al die ge-werskaf en die belaglike bedrag wat ons betaal vir 'n bottel gemeet teen wat die wynboer ontvang is skreiende skande man!

met daardie stelling van jou stry ek glad nie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #32 on: June 25, 2016, 08:10:29 AM »
Ons het gister 'n botteltjie KWV by Osean Basket gedrink.  R120.00.  Hannes het nog die aanmerking gemaak dat die wyn duurder was as die kos. 
Wys asseblief 'n bietjie jou kelder en wyn vir ons AB.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #33 on: June 25, 2016, 11:30:21 AM »
swartrivier se wyn by restaurant op kleinmond




swartrivier se wyn in ons huis vir eie gebruik. 200 ml, 750 ml, 1500 ml en 3000 ml. ek hoop daar kom nog groter bottels by die versameling


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #34 on: June 27, 2016, 01:04:09 PM »
Kan ons 'n paar van daardie kanne kry by ons restaurant hier in Leeupoort? Teen watter prys?  Jy kan dit self bring en 'n paar dae oorbly hier tussen die diere.
As dit nie moontlik is nie maak ons 'n ander plan.  Hoeveel kos die koerier?

Die bottels lyk ook baie mooi.  Hoeveel kos dit AB?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #35 on: August 08, 2016, 08:16:20 PM »
Ek moet jou komplimenteer, maar hier diep binne in my hart het ek geweet dat dit presies is wat jy gaan doen.  Hoe wens ek dat ek daar naby jou kon woon om al hierdie werkinge te beleef en deel daarvan kon wees.   
Van dag een af het ek geweet dat jy en Antoinette wenners is. 
Ek wens dat elkeen hier wil lees en die omvang van julle sukses kan begryp. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #36 on: August 08, 2016, 08:19:12 PM »
Besef jy dat hierdie plasing al oor die 4000 keer gelees is?  Ons is gewild, is ons nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #37 on: August 08, 2016, 08:24:04 PM »
dan moet julle kom kyk en proe

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #38 on: August 08, 2016, 08:30:30 PM »
Ons wil bitter graag kom kyk en proe.  Kan julle 'n plekkie aanbeveel waar ons kan oornag?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #39 on: August 08, 2016, 08:32:02 PM »
Hoe nou, wie se rooi wyn, waar? wanneer? ek boek afsiek as ek moet.  :evil6:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #40 on: August 08, 2016, 08:44:05 PM »
O Hallie ha!  Dit is AB se rooiwyn!  Dit is nou wat jy daarvan kry as jy "afsiek" geboek was vir 'n wyle. 
Onthou jy nog hoe heerlik ons deur AB se "lande"  gereis het, en fantastiese Proteas ontvang het?  Die wonderlike toere waar hy ons deur die wynlande en die kelders geneem het?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #41 on: August 08, 2016, 09:33:43 PM »
O ja, Nou net met Sussa gepraat daaroor. Sy agterop die bakkie. O dit was 'n baie lekker daggie gewees. Ek drink vandag nog Belladonna. Darem maar 'n lekker wyntjie daai.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #42 on: August 09, 2016, 08:26:33 AM »
Ek sal nooit weer Belladonna sien nie.  Myne is al toeka se tyd "uitgesyp".
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #43 on: August 10, 2016, 07:46:59 AM »
die nuwe belladonna is nog lekkerder. Dan moet julle maar bestel met die koerier, of kom kry wanneer julle hier verby ry

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #44 on: August 10, 2016, 07:48:20 AM »
trapsuutjies, ek het rooiwyn gemaak van Durif druiwe. Die wyn word ook genoem Petite Sirah en dit het n besondere smaak. iets heel op sy eie.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #45 on: August 10, 2016, 10:22:50 AM »
Nee, maar dan sal ek moet gaan proeeee oeeee...

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #46 on: August 10, 2016, 04:26:50 PM »
O ja verseker.  Hou daar ek is nou daar.  (Nog so 2000 kilometer ver) 
Om te weet is om te verstaan.