Author Topic: Snoek Patee....  (Read 4271 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Snoek Patee....
« on: February 21, 2015, 03:19:42 PM »
Snoek Patee...

250g Gerookte Snoek
Halwe Suurlemoen se sap
1 Houer ongegeurde Roomkaas
2 Tots (liewe aarde, hoeveel is 'n 'tot'?) Mayonnaise
Halwe Tot groenigeit soos parsley en sommer nog 'n Halwe Tot groen-uitjies (chives).
Sout en Peper

Haal die vel af en bene uit die snoek en frummel lekker fyn in 'n bak. Gooi suurlemoen-sap en roomkaas en mayonnaise en groenigheid by en meng tot lekker romerig.
Sout en Peper by. Proe maar en verander die resep soos dit jou smaak pas.

Sit voor met Melba toast of lekker warm brood. Net soos jy daarvan sal hou.

Wat mooi lyk, is as jy dit in ramekin sit met 'n parsley-takkie bo-op.

++++
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Snoek Patee....
« Reply #1 on: February 21, 2015, 08:26:55 PM »
hoe smaak dit dan vir my asof die resep in n kroeg geskryf is :icon_biggrin:
kombuis goed word mos g'n in 'tots' gemeet nie maar n tot is sowat n lepel vol

als klink heel lekker maar ekke sal die roomkaas ruil vir Bulgaarse jogurt
en net om te wys ek is nie kwaad vir die wereld nie sal ek n lekker dop Tabasco inmeng
met 1 teelepel tamatiesous, 1 teelepel mostert en 1 teelepel heuning

effe soet suur met n ligte byt

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Snoek Patee....
« Reply #2 on: February 22, 2015, 12:32:39 PM »
Jinne....  die man kook!!
LEKKER lag ek nou vir daai kroeg skrywery.  Moet wees, want GEEN vrou sal praat van 'n tot dit en 'n tot dat. 


Gee vir ons 'n kreef-reseppie, toe.
« Last Edit: February 22, 2015, 12:36:05 PM by Angelica »
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Snoek Patee....
« Reply #3 on: February 22, 2015, 05:06:55 PM »
Kyk, as jy nou vir n binnelander vra oor resepte vir kreef dan sal daar seker duisende wees
maar as jy vir n weskusser vra vir kreef resepte, dan is daar nie sodanig n resep nie

hier haal ons mos maar n kreef en n paar van sy maatjies uit en hulle word summier in seewater gaar gestoom
n lekker groot kreefpot met n siffie onder in. die seewater word tot net onder die sif se vlak gegooi en as die dan nou kook dan sit jy die krewe op die sif suutjies neer en laat hulle dan nou stoom so vir n wyle 10-15min. moet nou nie vergeet om die deksel op te sit nie.
sodra hulle hul tyd uitgedien het innie pot en hulle is lekker bloedrooi getan dan word hulle almal om die rand van die pot aan hulle se sterte gehang met kop ondertoe om so bietjie te drip-dry en af te koel
net soos wat hy van sy ma af kom is hy natuurlik die lekkerste. g'n niks word bygevoeg of weggevat nie
as jy dan nou moet die sawwe lekkerny met n sousie geniet dan moet dit maar net n goeie mayonaise wees met n eetlepel tamatiesous en tobasco

as jy die outjie wil braai, dan moet jy hom op sy maagkant oopsny en hom so bietjie oop vou(butterfly)
braai die maagkant so vir n paar minute op matige kole
draai hom om op sy rug en laat hom stadig gaar word. hier moet jy oplet na die hitte van die kole. jy wil nie he die dop moet brand nie want dan kry die vleis n bitter smaak
as jy n sousie wil maak vir die braai slag dan sit jy n homp regte egte botter in n potjie of n ding en smelt dit op die vuur
voeg by die sap van een suurlemoen, vars gemaalde swart peper, knypie sout, fyngekapte pietersilie en 2 tots brandewyn
terwyl die outjies daar op hulle se ruggies le en tan dan gooi jy hulle binnekante behoorlik met die sousie
n kreef is gaar wanneer die vleis wit geword het en nie meer deurskynend is nie
moet nou nie die ding sta en gaarmaak totdat dit soos n stuk sening lyk nie

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Snoek Patee....
« Reply #4 on: February 23, 2015, 02:40:38 AM »
Ek verslind met die oge  :notworthy:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Snoek Patee....
« Reply #5 on: February 25, 2015, 07:54:50 PM »
PM, ek dink die tyd het aangebreek dat julle weer Kaap toe kom.
Ons moet kreef braai.   :icon_cheers:  Ja. Verseker.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Snoek Patee....
« Reply #6 on: March 05, 2015, 10:10:42 AM »
Julle maak nie mooi met 'n visverslaafde nie!    :icon_biggrin:  Die spoeg tap op my knieĆ«. 

Wanneer is kreeftyd?  Gewoonlik as ons gaan blommekyk is die kreefseisoen nog toe. 

Louis, as ek aan jou dink sien ek Paternoster (nog voor die groot stormloop) en Tietiesbaai. 
Ek sien jou by daardie kreefpot en ek verlang na julle.
Om te weet is om te verstaan.