Author Topic: Souttert 1  (Read 4175 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Souttert 1
« on: December 12, 2011, 10:31:07 AM »
Het hierdie een van die internet af getrek. Het hom eers uitgetoets.

1 Groot Ui (fyngekap)
1/2 koppie fyn vars sampioene
1/2 groenrissie (fyngekap) (green pepper)
1 Pak (250g) fyn spek
1 EL fyn knoffel
250ml (1 kop) melk
125ml (1/2 kop) Koekmeelblom
2 eiers, geskei
250 ml (1 kop) gerasperde Cheddarkaas
1-2 Tamaties
Sout en peper na smaak
Cayenne peper

* Braai spek tot gaar
* Voeg by ui, knoffel, groenrissie & sampioene. Smoor tot uie glaserig is.
* Meng melk. meel, eiergele, sout en peper.
* Vou spekmengsel by en meng goed.
* Klits eierwitte styf en vou in by mengsel.
* smeer groterige bak en gooi mengsel in.
* sny tamaties dun skyfies bo-op
* Strooi kaas bo-op
* Srinkel cayennepeper bo-op
* Bak vir ± 30 minute by 180°C of tot gestol.

 Nou ek het dit so bietjie verander toe ek dit gemaak het, natuurlik dit so wat x4 groter gemaak. Ek het byvoorbeeld nie die tamaties bo-op gesit nie maar fyn gekap en binne in gesit.(eet nie tamaties nie) En dan die kaas ag nee net een koppie, dis darem nou een maal te suinig vir my. Ook veel meer knoffel en groenrissies ingesit as wat nodig was, ek dink ook my sampioene was meer.

Wel dis 'n basiese resep wat ek so bietjie verander het terwyl ek dit gemaak het. So kan julle ook.


  :angel12: Eten ze met happies

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Souttert 1
« Reply #1 on: December 13, 2011, 04:42:58 AM »
Dankie Trappies.  Die resepte wat ek  maak eindig ook altyd op in iets anders.  Dit klink heerlik en ek sal die baas 'n bietjie bederf. 
Om te weet is om te verstaan.