Author Topic: Banting Dieet...  (Read 20201 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Banting Dieet...
« Reply #15 on: October 06, 2015, 03:07:27 PM »
Soos ek se, ek het oor die naweek 'gekul' in die sin dat ek buite die eetplan geeet het, en selfs bietjie suiker ingeneem het, en een glas rooiwyn.  Maandag oggend het die skaal dit gewys, .4 kg.  In die verlede sou dit genoeg wees om my sommer weer alles te laat vaar.  Maar ek sien die groter prentjie.  In totaal 4.6kg af, .4 weer op, wen ek steeds 4.2 kg.  Dis amper 'n groterige sak suiker.  Tel dit op en dra dit rond.  Dit is baie ekstra gewig op die voete en bene.  Ek is maar weer op die plan, en eet weer reg, lw. nie dieet nie, die woord het tog so negatiewe konnotasie wat mens laat vir jouself jammer kry.  Solank ek teen kersfees so 10 af kan wees, en teen einde April vlg jaar as ons aftree nog so 6 daarby, dan gaan ek lang ente langs die strand kan loop met my kierie.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Banting Dieet...
« Reply #16 on: October 06, 2015, 11:02:29 PM »
Die rede vra jy  :toothy4:

Ek sleep onnodige gewig saam met my en geleende asems hou nie altyd by nie. So glip die lewe kilogramgewys voor my verby soos stilflim en dit is een ding wat ek niks van hou nie - ek mis nie maklik uit op ietsie lekkers nie! Die eetplan kan 'n leefstyl word en pas in by my gesondheidsomstandighede. Ongelukkig die gene ge-erf waar my liggaam hom verbeel hy is 'n kolestrolfabriek  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #17 on: October 08, 2015, 02:30:24 PM »
Jy js so reg Anastasia.  Dit is soos 'n boksgeveg.  As jy omval staan jy net weer op en boks verder!  Die ouens praat van "cheat meals" ek verkies om dit bederfies te noem.  As 'n mens nie oorboord gaan nie kan jy jouself so nou en dan bederf met iets lekkers.  Ons het gister ons inkopies in Bela Bela gaan doen en 'n heerlike middag maal by (is dit nou "op die dekke" of so iets) gaan nuttig.  'n Bottel rooiwyn het dit mooi afgerond.  Hulle het ook Bantingmaaltye.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Banting Dieet...
« Reply #18 on: October 09, 2015, 11:02:10 AM »
Ons is nou al vir 'n maand Banters en my lyf is mal daaroor. Sover gaan dit goed en ek dink ons sal kan volhou daarmee. Ons eksperimenteer nou te heerlik met verskillende disse. So dit is pret ook. :-)

Ons het ook besluit dat dit nie soos 'n straf moet voel nie, so as een van ons nou en dan wil "cheat" of "bederf" (rooiwyn vir my!) is dit goed so.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Banting Dieet...
« Reply #19 on: October 09, 2015, 11:51:25 AM »
 :toothy4: Smaak my naweke gaan een 'cheat' dag diekant inhou. Laas naweek was ons verskoning dit is langnaweek en Meisiekindjie kuier hier met kabouters. LOL. Die naweek was pure gegunde plesiertjie om die lewe te vier  :hello2: Na ek julle plasings gelees het voel die uwe geensins meer skuldig nie, net vrolik. Die borreltjies gesels nogals jolig as mens drie weke baie soet was!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #20 on: December 01, 2017, 10:19:09 AM »
Ek het die 12de September 2017 op die bantwa gespring nadat my dokter, wat 'n GP is en nou ook  homopatie
doen, my op die banting lewenstyl geplaas het. 
Ek het hom gaan sien omdat 'n ander dokter vir my 'n groot sak pille voorgeskryf het.  Volgens daardie dokter het ek hartversaking, nierversaking, longemfiseem, suiker, kolesterol en erge hoge bloeddruk gehad.
Na 'n deeglike ondersoek op die internet oor al die newe efekte van die pille, het die hare wat ek nog oor gehad het, regop gestaan.
Hierdie dokter het nie my bloeddrukpille weggevat nie, maar al die ander goed. "Gooi dit in die asblik en begin met die banting leefstyl."  Ek is daar weg met rooipeperpilletjies, kaneelpilletjies, pilletjies om my hare te help terug groei en my naels te herstel.  Binne 'n maand het ek 5 kilogram verloor en die volgende maand nog 5.
Na die eerste maand het ek opgehou met die bloeddruk pille, want my bloeddruk is onder beheer. 
My geswelde voete is terug na normaal.  Geen hartkloppings meer nie.
Julle weet mos hoe dit gaan, wanneer jy 'n nuwe ding begin kom jy in aanraking met 'n klomp mense wat die al reeds lankal doen.  Nou kom al die bewyse van mense wat regtig groot probleme gehad het, wat nie meer suikerpille of bloeddrukpille gebruik nie.  Wat nou?
As jy werklik kyk na wat 'n mens eet met die bantingleefstyl, kan ek nie glo dat iemand kan glo dat dit ongesond is nie.
Is ons mense te lui om te lees of glo ons sommer net alles wat almal vir ons vertel sonder enige bewyse daarvan?
« Last Edit: December 01, 2017, 10:21:11 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Banting Dieet...
« Reply #21 on: November 08, 2021, 02:55:32 AM »
Ek het oor 'n gas se skouer geloer en hier kom lees. 
Die tweestrydigheid oor hierdie dieet laat my dink.  Ek het baie lank hierdie eetgewoonte toegepas en moet eerlik sĂȘ dat dit vir my net goed was. 
Koolhidrate is net goed as dit uit vars produkte kom.  'n Mens sal verbaas wees om te sien hoeveel koolhidrate in vrugte en groete is, maar dit is beter as stysel en suiker. 
Gelukkig kan elke persoon sy eie keuse oor sy eetstyl beoefen. 
Om te weet is om te verstaan.