Bak en brou > Kom ons verloor gewig

Banting Dieet...

(1/5) > >>

Angelica:
Ek het op die Banting wa gespring, maar my voetjies hang nog af aan die agterkant. 
Is daar van julle wat Bant?
Dit is nou Prof Tim Noakes se LCHF-dieet. 
Moet se, dit is die maklikste dieet om te volg wat ek al ooit gesien en effentjies beproef het.
As julle wil, kan ek resepte plaas.

PM:
O ja, plaas asseblief.  Ons is in Pretoria en het nuus ontvang dat Leeupoort se toring aan die herstel is.  :hello2:

Deel asseblief die inligting ook.   :love7:

Angelica:
Mooi, dan kan ons weer van julle hoor.

Angelica:
Banting, omstrede, maar tog so effektief!
Ons almal ken Prof Tim Noakes. En sy (omstrede) Banting Dieet.  Hoe vet, baie proteine, lae koolhidrate. Maar almal stem nie saam nie. Ek doen. 
Baie gesukkel in die begin om brood uit te sny, maar na 6mnde koop ek dit nie meer nie.  Nou en dan vergryp ek my aan twee snye by die werk.  Heerlik. Met egte botter en biltong.
Dit kom daarop neer dat jy baie proteine en baie vet inneem.  Sny 90% van koolhidrate uit en eet baie groente wat bo die grond groei.
SUIKER is 'n vyand. Vir my.  Vrugte bevat baie suiker en daarom vermy ek dit.  Eet bessies.
En as jy lus kry vir iets soet, eet 'n selderystok...   :evil6:  Lees Karen Thomas se boek Suikervry.  Sy is Prof Chris Barnard, hartpionier, se kleindogter.  Ook 'n artikel oor haar in die nuutste SARIE.  Ja, jy kan verslaaf raak aan suiker. Kyk maar hoe word soetgoed uitgestal in klein, happie-groot pakkies in die gangetjie waar jy wag vir 'n kassier.  En kinders word vol gestop daarmee.   
Nee, ek eet nog alles, maar net nou en dan.  Wilskrag tot die uiterste in die eerste paar weke, want jy moet jou omswaai maak vanaf lekker eet na goeie keuses wat kos betref.
En dan bietjie oefening.  En die vermoee om te kan nee se vir 'n bruin gebakte poeding met roomys of vla.   :angel8:

Meraai vannie Baai:
Eet bitter min suiker maar tog sooo lief vir my broodjie, ek benou jou Elle  :notworthy: :hello2:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version