Author Topic: "Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"  (Read 2434 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
"Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
« on: November 05, 2021, 01:11:00 PM »
"Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"

Dis belangrik dat ons nie iets noem van 'dieet' nie, dis n verskriklike vloekwoord, wat die vette mos laat klou soos bosluis aan bul se b.... bakoor,,,,, Nee.. ons noem dit eet-plan.So elke oggend van jou lewe eet jy dieselfde ontbyt,
Elke middag van jou lewe eet jy die middagete
Elke aand van jou lewe eet jy die aand eetplan.
Jy mag die dae omruil, maar nooit die etes nie. Dis baie belangrik, want dis mooi uitgewerk.
En bitter belangrik om niks tussenin te eet nie.
Baie belangrik om BAIE watertjies te drink, probeer n glas so halfuur voor en na etes ...
Glo my, ek het al heelwat gekroek, en ek verloor centimeters hoor....
MOENIE n gedeelte nou  EET, EN LATER DIE ANDER DEEL NIE. BAIE BELANGRIK OM TE SIT EN DIE ETE KLAAR TE EET.

ONTBYT:
1 tot 2 eiers elke oggend, met een hele pomelo of 100% pomelo sap.
Jy mag sampioene of tamatie in jou eier meng.
Net sout en peper, moenie souse of botter, olie of aromat gebruik nie.
Die eiers kan enige manier gaargemaak word.
Gebruik spray n cook.
Jy mag jou koffietjie en teetjie drink, niks daarmee fout nie, hou dit net matig met suiker.

VRUGTE:
Waatlemoen, Aarbeie, pynappl, pomelo, pawpaw, kiwi, pruime, appels, nectarine, sweet melon, mango (ek vra vreeslik omverskoning vir die taal, was n slegte hoesie wat dit veroorsaak het)

GROENTE:
Groenbone, Broccoli, spinasie, kool, cauliflower, lemoen pampoentjie, soet rissies, baby marrow, brussel spruite, avos, komkommer, samioene, blaarslaai, tamaties, sprietuie, olywe, seldery.

BROOD:
Gebruik daardie harde bruin broodjie met die sade in...en berg hom in n yskas, hy hou lekker lank.

SUURLEMOENE:
Koop n paar varses, druk uit of gooi skywe in vars water, dit help as mens sou honger word, maar jy behoort nie honger te word nie.

SELDERY, komkommer en avo... Ek sny seldery mooi en komkommer, en draai in foelie toe en sit in my yskas, dit hou sommer lank. Ek kon nooit seldery inkry nie, nou sny ek dit in blokkies, gooi sout en peper en asyn, en dis lekker EN SPEEL N BAIE BELANGRIKE ROL.

EIERS: Die middag etes met eier, en spinasie raak soms erg, dan kan jy die spinasie met blaarslaai of tuna (in water) vervang.So nou begin ek by dag 1 tot 7. Onthou ek sit nou nie ontbyt in nie, dis mos klaar genoem:Begin dag1 altyd op n Maandag, dan werk dit lekker, ek duiwel pal af die pad af, rol oor n biltongtjie, stamp my toon teen n samoesatjie, sny my vinger met n krummelpap-dingetjie, verstuit my hand teen n braaibroodjie, maar gelukkig val ek nou nie weekliks of daagliks nie, net so nou en dan.DAG1:MIDDAGVrugteslaai, soveel jy wil.AAND:Steak, sonder olie en souse, met tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer en enige 2 groentes gebraai of gebak. Die porsie maak nie erg saak nie.DAG2: MIDDAGKoue hoender, slaai en n pomeloAAND:1 tot 2 eiers, gekook, gebrei, omelet, drogere toast (hoesie, verskoning) en n pomeloDAG3: MIDDAG1 tot 2 eiers (sien soos ontbyt of geroer of omelet, met pomeloAAND:TWEE tjoppies of een groot stukkie varkvleisie, seldery, komkommer en tamatiesDAG4: MIDDAGVrugteslaai soveel jy wil heAAND:Steak, tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer, en 2 groentesDAG5: MIDDAGEiers, spinasie en fetaAAND:Vis, gebraai, gekook, gestoom... slaai, droge toast (slegte hoesie) en pomeloDAG6: MIDDAG1 tot 2 eiers en spinasieAAND:Groot steak, seldery, komkommer en tamatiesDAG7: MIDDAG:Vrugteslaai soveel jy wil heAAND:Steak, tamatie, blaarslaai, seldery, komkommer en 2 groentesOnthou dis n eetplan, nie n dieet nie.En meet of weeg op Vrydae vir inspirasie....
« Last Edit: November 05, 2021, 01:15:25 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.