Author Topic: Woepsie se avontuur  (Read 2907 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Woepsie se avontuur
« on: January 20, 2015, 11:53:35 AM »
Woepsie se avontuur

"Woepsie! Woepsie! Waar is jy?" Zommie soek haar boetie.Hulle is bytjies en deel van n groot bynes.Terwyl Zommie soek,is Woepsie ver van waar sy is. Hy het net besluit  om bietjie die omgewing te verken. Hulle doen elke dag dieselfde ding en hy is nie lus nie. Vroeg oggend wanneer hul ogies oopgaan, moet hulle uitgaan en stuifmeel versamel. Dit is elke dag se storie. Stuifmeel versamel,terug nes toe. . . elke dag. Vandag het hy besluit om een dag sy eie te maak.

Hoe ver hy al weg is van die nes, weet hy nie. Hy sien die mooiste goed. Stroompies van helder water waarop die sonnetjie blink skyn. Skoenlappers met helderkleurige vlerkies wat oop en toe knyp wanneer hulle op die blomme nektar opslurp en ook n veld vol blomme met die mooiste kleure. Dit trek hom soos n magneet en hy swig voor die versoeking om nader te vlieg. Die bytjies gaan baie ingenome met hom wees vir wat hy vandag ontdek het.Nie een van hulle weet van die skatkis vol blomme nie. Woepsie geniet die vryheid. Dit  laat hom voel of hy sy eie baas is. Niemand wat hom rondbeveel nie,hy vlieg waar en hoe hy wil. Hy val op n blom en die stuifmeel dartel saggies om hom neer. Hy kon nie meer wegbly van die pragtige blomme nie. Hy sprei sy pootjies uit en geniet die sonnetjie wat op sy wangetjies skyn, die windjie wat sy wangetjies kielie. Geen sorge in die wereld nie.Dis net hy en die natuur.

Zommie keer terug nes toe,maar eers moes sy haar deel van die daaglikse werk doen.Syt nog haar boetie ook om te soek en is bekommerd oor hom. Sy is sommer lekker vies vir hom en trek haar gesiggie op n vies plooi. Hy het niks genoem van sy planne nie. Die koningin gaan baie vies wees vir Woepsie. Netnou word hy uit die nes geskop. Dissipline word streng gehandhaaf en daar is geen verskoning om van die reels te breek nie.

Woepsie kry n snaakse gevoel van die blom wat skielik ruk bewegings gee. Hy wonder of dit nou gaan vrek of wat. Weg is die salige gevoel. Hy moes meer opgelet het in die bytjie klas. Zommie sou weet, want sy let mos altyd op. Dis hoekom hy ook nie meer vir haar gese het wat aangaan nie, want sy sou hom van sy planne laat afsien het. Sy is die gehoorsame enetjie.

Hy loer oor die blom se rantjie en sien n reuse wurm wat aan die blom se stingeltjie knibbel. Nou gaan die blom vrek en hy het geen bytjie juffrou nodig om vir hom dit te vertel nie. Hy wil sommer afvlieg en die wurm n sreek op die dik boud gee. Hy kan mos nie die blomme so wil opvreet nie. Woepsie vlieg af,maar nie om die wurm te steek nie. Hulle kan hul angel net in die uiterste nood gebruik. Hy vertel vir die wurm net mooi wat hy daarvan dink dat die wurm aan die blom kou.Die wurm steur hom glad nie aan Woepsie nie en hou net aan met kou.

Skielik hoor hy iets met hom praat. Dis n stink gogga met die naam Ladiedaa wat vir hom vertel hoe n wurm se siklus is. Wurm eet tot hy n kokon maak en dat hy n skoenlapper gaan word. Woepsie neem alles in, want hy gaan alles oorvertel vir die ander bytjies. Kennis  is mag soos hul juffrou so lief is om te sê. Ladiedaa hoor van Woepsie se afdag en dit laat hom besef hy het baie om ook te doen en groet vir Woepsie. Met n grrr geluid van vlerke vlieg Ladiedaa weg en is Woepsie weer alleen.

Woepsie vlieg laag en bekyk die omgewing onder die blomme.Hulle groei baie hoog. Dis n groot bedrywigheid van miere.Hulle loop in lang reguit rytjies. Hulle dra kossies aan na hul neste en maak gereed vir die winter. Hier en daar met n gogga op die rug wat woes in die lug skop met hul beentjies. Ongelukkig tevergeefs, hul lot is geseël. Hulle gaan miernes toe.

Woepsie kyk nie waar hy vlieg nie,te vasgevang deur die bedrywigheid van die miere en vlieg in n spinnekopweb vas. Daar plak hy. Kan nie sy vlerke en twee beentjies beweeg nie. Die web se gom het hom vas. Hy is sommer uitasem gespartel. Hy raak benoud en hou aan met veg. n Miggie vlieg verby en steek vir Woepsie tong uit. Sy bravade is van korte duur en kaplaks, sit hy ook vas. Woepsie sê sommer "wê". Nie dat hy beter voel nie, want nou is hulle twee wat vassit.

Die dag van vry wees, het verander in iets gevaarlik. Woepsie en miggie is gedaan. Die web het lewe gekry. Uit die posisie wat Woepsie vassit kan hy net uit sy een oog sien wat aan die ver punt besig is om nader te kom. Eers sien hy net n harige poot, maar hy weet dit beteken net moeilikheid. Nog pote kom te voorskyn en dan skielik, n kaak in n gesig van die spinnekop wat oop en toe maak. Die spinnekop kan hulle seker al proe,so seker is hy van die twee happies wat voorlê. Woepsie wonder of dit nou die nood tyd gaan wees om sy angel te moet gebruik. Sy lewe hang immers daarvan af. Spinnekop beweeg stadig maar seker op hulle af. Miggie is blykbaar die spinnekop se poeding, want Woepsie is eerste op die spyskaart.
 
Woepsie begin al ogies toeknyp,maar niks gebeur nie. Hy maak sy ogies oop en skrik homself byna flou toe n harige poot verby hom strek en die vingers so ewe mooitjies die spinnekop van die web afpluk soos n blom van sy steel. Met die web gebreek, kry Woepsie weer die gebruik van sy vlerkies terug. Miggie laat nie op hom wag nie en maak dat hy wegkom, sonder n groet. n Apie was onwetend hul redder.Hy eet spinnekoppies en Woepsie is hom ewig dankbaar. Woepsie maak dat hy wegkom. Hier het hy te lank rondgehang.
 
Hy is baie verlig om te kan wegkom. Hy wil sommer vrolik sing. Hy het baie om vir Zommie te vertel. Sy gaan jaloers wees dat hy so n lekker dag het.
 
Woepsie nader die nes en hy kry die gevoel dat alles nie pluis is nie. Die bye wat by hom verby vlieg oppad nes toe, kyk hom verwytend aan. Een by het sommer op hom afgevlieg gekom en skielik weggeswenk. Woepsie het behoorlik geskrik, het dit nie verwag nie. Zommie sien haar boetie raak en kry hom sommer jammer. Hy weet nie van die moeilikheid wat op hom wag nie. Sy weet self nie wat presies sy straf gaan wees nie, maar die koningin gaan met hom afreken. Sy vlieg na Woepsie toe en berei hom voor op wat wag. Sy voel net sy moet hom waarsku. Hy kan nie regtig verstaan wat so erg verkeerd was nie, maar sal moet hoor wat gebeur.
Die bye is almal teenwoordig. Die wat nog uit was om stuifmeel te versamel is al terug, want die son het gesak en dan moet almal in die nes wees. Woepsie weet dat die tyd aangebreek het om sy straf aan te hoor. Twee van die koningin se wagte kry vir Woepsie aan die voorpootjies beet en neem hom tot waar sy statig op haar troon sit. Sy het n kwaai uitdrukking op haar gesig en Woepsie weet dat dit niks goed kan beteken nie. Sy vra vir Woepsie om sy gedrag te verduidelik, wat hom laat besluit het om sommer sy eie ding te doen en hulle so die skrik op die lyf te jaag deur net te verdwyn en niemand te sê wat sy planne is nie.
Hy begin verduidelik wat gebeur het van vanoggend tot nou toe voor hy teruggekom het nes toe. Dit is vir hom al klaar 'n groot straf om voor almal te praat. Hy is eintlik 'n baie skaam bytjie en hy belowe ook om nooit weer so iets te doen nie, want hy het ook groot geskrik toe die ding met die spinnekop gebeur het en hy nie die hulp van die ander bye gehad het nie. Hy het besef hoe nodig hy die res van die bye het dat hul saam kan staan teen die vyand. Hy het baie lesse geleer.

Van die  bye is jaloers dat hy so 'n lekker avontuur kon hê en ander is net lekker kwaad dat Woepsie so onverantwoordelik kon wees.

Die koningin gee vir Woepsie sy straf om sy deel van stuifmeel wat hy vandag moes insamel more dubbel sal moet doen en dis dit. Sy besef dat hy al klaar 'n groot straf gekry het om voor al die bye sy saak moes stel. Sy verduidelik ook dat sy van nou af 'n nuwe tradisie gaan voorstel dat die bye in swermpies sal uitgaan en die omgewing verken. Dis baie leersaam en hoe meer hulle weet, hoe beter vir hul voortbestaan. Hulle gaan ook stuifmeel versamel by die blomme veld wat Woepsie ontdek het. Daar gaan streng kontrole gehou word wie die nes verlaat op die ekspidisies en wie die gewone roetine werkies doen, dat niemand 'n onregverdige beurt op iets kry nie. Dit is haar woorde en die streng uitdrukking het intussen versag. Sy kyk na Woepsie en bedank hom vir sy goeie terugvoer en vir sy brawe optrede en is ook verlig dat hy veilig terug is by die nes.

Woepsie is baie verlig dat die straf nie erger is nie. Hy het in sy verbeelding gesien hoe word hy weggejaag van die nes en hoe hy vir sy sussie moet groet. Die bytjies is baie bly dinge gaan verander en dat daar meer opwinding gaan wees. Hulle is vrolik en nuuskierig oor wat hulle alles gaan ontdek.
 
Die nag raak Woepsie en Zommie rustig aan die slaap en kan nie wag vir die dag van more nie.
« Last Edit: March 23, 2015, 07:16:57 PM by Anicia »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Woepsie se avontuur
« Reply #1 on: December 06, 2017, 05:21:49 PM »
jou stories moet geboek word!
adéle  :grommit:

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Woepsie se avontuur
« Reply #2 on: January 09, 2018, 10:14:39 PM »
My eerste boek is in vir publikasie.Hopenlik is dit Februarie klaar.Tjom-Tjorrie en ander avonture

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woepsie se avontuur
« Reply #3 on: January 31, 2018, 10:26:10 AM »
Pragtig geskryf soos altyd Anicia.  Hou ons op hoogte met die publikasie hoor!  Ah Willa kan dit dan ook in die boekwinkel uitstal.  Voorspoed matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Woepsie se avontuur
« Reply #4 on: January 31, 2018, 10:36:52 AM »
Ek boek solank 'n boek!!!!


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woepsie se avontuur
« Reply #5 on: January 31, 2018, 10:46:13 AM »
Anicia, jy kan gerus 'n aanduiding gee van hoeveel die boek sal kos en waar ons kan bestel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Woepsie se avontuur
« Reply #6 on: March 15, 2018, 09:58:10 AM »
Dankie vir die mooie terugvoer!Julle kan deur my bestel.Ek het die week my illustrasies deurgestuur vir uitgewers.My eie illustrasies word gebruik.Dit behoort nie nou meer baie lank te wees nie.Mens voel onseker oor n eerste boek,daarom bid ons alles loop reg

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woepsie se avontuur
« Reply #7 on: May 03, 2018, 08:57:15 AM »
Niks wat verkeerd gaan kan nie reggestel word nie.  Ek is oortuig daarvan alles sal reg verloop.  Hoeveel kos die boek?  Weet jy wat kos aflewering?  Dit sal seker afhang van die boek se gewig. 
Om te weet is om te verstaan.