Author Topic: 'n Boer se Trane  (Read 2101 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
'n Boer se Trane
« on: May 22, 2015, 10:25:32 AM »
my oë volg die helikopter
twee groot lemme wat vinnig draai
stadig en met grasie die lug opgaan
dan vinnig verdwyn na die volgende boer

pa draai swaarmoedig om
ons moet paraat wees
hier kom groot water
dalk kan die damwal breek

teen die Marico rivier
staan  hektaar op hektaar
een van die grootste mielieoeste ooit
met grootste sorg en liefde geplant

in die verte hoor ons ‘n gedruis nader kom
nuuskierig klim ons op die tabakstoor se dak
niemand kan glo wat ons sien
massas water wat voort stoomroller

ryp mielies wat wag om geoes te word
staan in die pad van voort rollende waters
elke mielieplant swig voor die massa
kniel en verdwyn onder die water

in sekondes lê daar voor ons
‘n massa vuil water
so ver as wat die oog kan sien
kartelend, dreunend met ‘n suising in die wind

langs my draai pappa om
nooit het ek hom ooit sien huil
maar vandag is dit anders
hierdie boer het geknak

pappa se skouers ruk
snikke weerklink in die wind
skouers kromgetrek van die pyn
het jy al ‘n boer se trane sien val
van hartseer, skok en pyn?

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: 'n Boer se Trane
« Reply #1 on: May 23, 2015, 08:16:19 AM »
Baie mooi geskryf.Vandag se boere het dit ook glad nie maklik nie,nie net het hul te doen met die natuur wat soms ongenadig kan wees nie,maar ook met die regering het hul n stryd.Ek dink meer boere voel lus na huil

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Boer se Trane
« Reply #2 on: May 24, 2015, 05:20:02 AM »
In eenvoud het jy die seer beeldend verwoord  :notworthy: :icon_salut:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: 'n Boer se Trane
« Reply #3 on: May 26, 2015, 01:41:47 PM »
Dankie Meraai. Ek moes my pa baie so sien.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: 'n Boer se Trane
« Reply #4 on: May 26, 2015, 01:42:22 PM »
Dankie Anicia ja dit is waar wat jy daar se.