Author Topic: outydse souskluitjies  (Read 11716 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
outydse souskluitjies
« on: June 19, 2011, 10:35:53 AM »
OUTYDSE SOUSKLUITJIES

Kluitjies:                   Sous:
200g (375ml) koekmeelblom          375ml water
5ml bakpoeier                15ml botter
knypie sout                   50ml witsuiker
50ml witsuiker                bietjie kaneel
12,5 ml botter/margarien          knypie sout
2 eiers, geskei                12,5ml mielieblom
60ml melk
kaneelsuiker

Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Verroom die witsuiker en botter/margarien.
Klits die eierwitte tot styf.
Klits die eiergele goed en klits dit dan by die eierwitte tot goed gemeng.
Roer dit by suikermengsel en roer dan mengsel beurtelings met melk by.
Meng goed.

Plaas ‘n groot kastrol met so 2 cm water in op die stoof.
Laat die water kook en skep dan dessertlepels van die deeg in die water.
Sit die deksel op en verlaag die hitte.
Laat kluitjies 7-10 minute lank kook tot water weggekook het en kluitjies gaar is.
Skep kluitjies versigtig uit en plaas in vuurvaste bak wat met kaneelsuiker verstrooi is. 
Strooi ook kaneelsuiker oor elke laag kluitjies in die bak.
Hou die kluitjies warm terwyl die sous gemaak word.

Laat water kook in dieselfde kastrol waarin kluitjies gaargemaak is.
Voeg die botter/margarien, suiker, kaneel en sout by.
Maak mielieblom met klein bietjie koue water aan en verdik sous daarmee.
Laat die sous goed deurkook en gooi dit oor die kluitjies.
Strooi ekstra kaneelsuiker oor en sit warm voor.

Lewer 6-8 porsies.


 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: outydse souskluitjies
« Reply #1 on: June 19, 2011, 11:51:02 AM »
Mapstieks,  hoe lus maak jy my nou!  Sodra ek tuis is gaan ek dit probeer Adéle,  baie dankie vir die moeite. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: outydse souskluitjies
« Reply #2 on: May 08, 2012, 11:43:12 PM »
mmmmm.... dink die een gaan gemaak word, was een van my lekkerste pudings as kind...

ken enige iemand van telefoon puding?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: outydse souskluitjies
« Reply #3 on: May 10, 2012, 07:09:19 AM »
Nee WW, ek het nie daai een nie.  Dalk is iemand so gaaf om dit te kom deel.

Een ding van souskluitjies maak, is om nie die deksel op te lig voor die tyd verstreke is nie, want dan het jy "kluitjies".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: outydse souskluitjies
« Reply #4 on: May 10, 2012, 09:58:11 PM »
sal hom kry en met julle kom deel, nogal heerlik amper soos ayn poeding ken iemand hom?