Author Topic: Vir almal wat buite staan  (Read 1906 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Vir almal wat buite staan
« on: July 14, 2014, 09:43:35 PM »
Here, ek verstaan dit nie?

hierdie lewe is nie maklik nie
maar U is altyd dáár
nie waar U Hemelwoning ver is nie
maar waar U voete op die aarde rus

buite ons warm huise slyt
haweloses verslete deur hulle dae
hulpskuilings roep hosanna
maar verslawings koudketting
daardie kinders van U
aan bome en brugpilare vas

hierdie lewe is nie maklik nie
U gee hulp en troos
huisvesting in winterkoue
waar U voete op die aarde rus

hulle soek nie U warmte nie
Here, of wanverstaan ek dit?

©adéle theron
« Last Edit: June 04, 2021, 08:38:12 PM by adele »
adéle  :grommit: