Author Topic: Lucky Leaf gedigstruktuur  (Read 12663 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Lucky Leaf gedigstruktuur
« on: June 19, 2011, 10:03:28 AM »
Lucky Leaf
‘’n Gedigstruktuur geskep deur Christina R Jussaume.

Hierdie struktuur moet so getipografeer word dat dit die vorm van  ‘n klawerblaar aanneem.   Ek kon nog nie voorbeelde kry nie en dit lyk nie vir my of dit kan werk in Afrikaans nie.  ???  Wie kom help asseblief?  

Lettergrepe is  3, 3, 9, 9, 12, 12, 6, 6, 3, en 3.

Enige onderwerp is geskik,  met of sonder rym.

Voorbeeld:  (Julle moet asseblief kom help om ‘’n goeie voorbeeld te skryf.)

                                          
                                   Ek lief jou
                               my groot kind
                        jy is die glinster in my oë
                    was die lig in my duister nagte
          sonder jou bystand sou ek dit nie kon maak nie
             daardie helpende hand was vir my ‘n kierie
                            jy het my ondersteun
                          was daarin saam met my
                                   soet nektar
                                    jou liefde
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #1 on: June 20, 2011, 07:52:04 AM »
Oi joi joi matertjie jy maak dit nie maklik nie  :bootyshake: Ek het gaan loer na die klawerblaar se vorm. Het ook probeer om die gedigstruktuur in Engels raak te lees, maar pure verniet! Toe skryf ek maar oor die klawerblaar  :book1: Hier is my voorbeeld van die Lucky Leaf struktuur spesinjaal vir jou. Help sebliefie reg :dontknow:

St Patrick Trilogie

Klawerblaar
Drie Eenheid
Simbool van Ierse agtergrond of
uitkenningsteken - van die bendes
onopsigtelik op die liggaam aangebring
aan die voete, onderkant 'n enkelgewrig
deur donker bedrywe
of is dit straks maar net
 drie blaartjies
 aan een stam?

©Meraai vannie baai
« Last Edit: July 18, 2011, 06:25:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #2 on: June 20, 2011, 01:58:55 PM »
Ai jai jai!  Dankie Raaitjie.  Dit is goed gedoen en ek sien geen fout nie! 

Tik  Christina R Jussaume in en soek die Lucky Leaf.  Ek het gesoek na nuwe strukture en hierop afgekom.  Dit sal so gaaf wees as jy ook daarna kan kyk.  Ongelukkig is daar geen voorbeelde by haar werk nie en my tyd is beperk.  Is mos met vakansie en die opvangs is ook beperk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #3 on: June 20, 2011, 11:23:36 PM »
Ek doet so voort mater  :icon_salut:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #4 on: September 14, 2015, 12:22:01 PM »
Ontdek ek nou weer hierdie erf vanaand. Gaan loer toe gou na die skakel wat jy gegee het. Jong, daar is 'n magdom uitdagende strukture! Sal moet begin soek na ink vir my pen  :book1:

Hierdie ene my nogals laat dink aan ons eie driewoord-struktuur

The Brevette

The Brevette, created by Emily Romano consists of a subject (noun), verb, and object (noun), in this exact order. The verb should show an ongoing action. This is done by spacing out the letters in the verb. There are only three words in the poem, giving it the title Brevette.

snail
l e a k s
slime

Each of the three words may have any number of syllables, but it is desireable that the poem have balance in the choice of these words. Unlike haiku, there are no other rules to follow.

Example #1:
rainbow
r a d i a t e s
spectrum

Copyright © 2007 Emily Romano
« Last Edit: September 14, 2015, 12:57:14 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #5 on: September 15, 2015, 01:13:31 PM »
Hier by ons is dit nou so droog, die bokke kom kuier op die groen geverfde stoepe opsoek na kos.

bokke
verorber
groenigheid

Dit het lankal tyd geword vir woordspeletjies! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #6 on: September 15, 2015, 11:16:23 PM »
Lief jou voorbeeld. Met net drie woorde teken jy die toneeltjie vir ons  :notworthy: :icon_salut:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #7 on: September 09, 2021, 12:38:14 PM »
Regering
braak
wette

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #8 on: September 09, 2021, 01:18:47 PM »
Assie, is jy seker dit is braak,  moet dit nie dalk staak wees nie. :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #9 on: September 09, 2021, 02:19:45 PM »
Braak, kots, opgooi. Al wat hulle goed doen is om wette te maak. Hulle het geen manier om dit af te dwing nie want polisiemag is 'n grap maar hulle braak net meer wette.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #10 on: September 09, 2021, 11:07:33 PM »
 Terwyl ek lees oor die sirkusregeringswette het ek onheilige gedagtes vertroetel :angel8:

:munky2:
 :dontknow:
 :crybaby2:
 :pottytrain5:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #11 on: September 10, 2021, 04:09:59 AM »
Dit sal altyd my gat se deksel bly dat die hele wereld die blanke regering veroordeel het. Nie dat hulle reg was nie. Maar nou is die meerderheid besig om 1000 keer erger te regeer en die wereld se bekke is stil.
Selfs die meerderheid was beter af as nou.

20%
dra
80%

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #12 on: September 10, 2021, 06:33:46 AM »
Ons het probeer saamstaan diekant van die aardbol om te kyk of ons die oge van 'n blinde wereld kan oopmaak maar mens het meer as 'n wonderwerk met spoeg nodig liefste Assie.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #13 on: September 10, 2021, 07:17:36 AM »
Ek weet Ta Raatjie maar mens poep teen die Kaapse Suidooster.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lucky Leaf gedigstruktuur
« Reply #14 on: September 12, 2021, 03:33:40 PM »
Poep
inni
wind
Om te weet is om te verstaan.