Author Topic: Geluk met jou verjaarsdag Fransi.  (Read 3670 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Geluk met jou verjaarsdag Fransi.
« on: May 29, 2014, 09:00:45 AM »
Fransi, jammer dat ek 'n paar dae laat is, maar opvangs hier in Leeupoort is nie 'n gegewe nie.   :icon_biggrin:  Weet net dat ek beslis baie aan jou dink.  Mag jou nuwe lewensjaar vol mooi dinge wees en gesondheid is,
soos altyd, bo aan die lys.   :love7:

Ek wil ook graag weet hoe gaan dit met die sonder-rook-wees. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Geluk met jou verjaarsdag Fransi.
« Reply #1 on: May 30, 2014, 10:33:49 AM »
Baie dankie PM.  :love7:

Ek droom nog amper elke aand dat ek rook, maar sover hou ons nog uit.
Ek dink as ons nie na die skietery by my man se werk begin het nie, sal ons nie sommer weer begin nie. Die afgelope paar maande eintlik, was maar vol dinge.

Hoe gaan dit met jou wat die lus aanbetref?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geluk met jou verjaarsdag Fransi.
« Reply #2 on: May 30, 2014, 01:09:01 PM »
Vertel van die skietery!   :dontknow:   :icon_scratch: 

Die 19de November was dit ses maande!  So nou en dan kry ek 'n aanval van "grootlus" maar dit hou net vir 'n klein rukkie.
'n Mens moet net besig bly en nie daaraan dink nie.  Ek dink ek is oor die hond se stert.   :hello2:

Nou het ek 'n stryd met die ekstra gewig.  Ek het myself belowe dat ek van nou af elke maand 1 kilogram sal verloor.  My eerste vier kilogram is "up in air".   :hello2: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Geluk met jou verjaarsdag Fransi.
« Reply #3 on: May 30, 2014, 05:14:53 PM »
Ek is baie bly dat jy oor die ergste is en geluk met die gewig afgooi.  :hello2:

Ek is ook stadig besig om die ekstra gewig wat ek nou opgetel het af te probeer skud.


http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Cosatu-calls-for-probe-in-to-North-West-shooting-20140516


Dit het regoor my ou kantoor, skuins oorkant my man se kantoor gebeur. Hulle het onder die lessenaar weggekruip. Ken die een persoon wat dood is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geluk met jou verjaarsdag Fransi.
« Reply #4 on: May 31, 2014, 12:34:42 PM »
Ai, dit moes baie traumaties gewees het.   :icon_scratch:  Ek hoop julle is al rustiger daaroor. 

'n Bottel water help nogal as jy lus kry, of vir rook of vir eet.   :icon_biggrin:  So nou en dan 'n slukkie sorg ook dat die metabolisme aan die werk bly.  Ek wens iemand wil 'n "wonder kuur" ontdek en dit met ons deel.  Die antwoord is seker maar net om nie meer "petrol" in te gooi as wat 'n mens verbrand nie nĂȘ! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Geluk met jou verjaarsdag Fransi.
« Reply #5 on: June 02, 2014, 08:40:53 AM »
Ja, dankie. Dit sal seker maar 'n ruk neem, veral vir my man.

 :icon_biggrin: Ja, hier word te veel petrol ingegooi. Ek sal die bottel water probeer.