Author Topic: Diarrhea  (Read 6183 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Diarrhea
« on: November 16, 2021, 07:38:46 AM »
Diarrhea. Ek dink die Afrikaanse spelling is diarhoe. Nie seker nie maar daar is beter Afrikaanse woorde vir die monsterwoord.
Loopmaag... Spuitmaag... Wie kan nie byvoeg nie.
Waarom praat ons nog van diarrhea. Flip, tot die spelling is volksvreemd.
Diarrhea word nou in dan ook in gesegdes gebruik.
Een daarvan waarvoor Oom Naas en Oupa so lief is is "die man/politikus het vebale diarrhea en mentale konstipasie."
In normale Afrikaans beteken dit sy maag werk deur sy mond terwyl sy brein hardlywig is.
Ons almal ken dit veral wanneer hulle lieg en bedrieg om stemme te werf.
Ek lê laas nag en dink hoe sal mens dit nou in mooi plat Afrikaans sê?
Kom help my hier.
Hier is my weergawe.
Die politikus het mondbekakking en breinverstopping.
Al wat my van die weergawe pla is die twyfelagtige wonder of die politikus enigiets tussen sy ore het wat kan verstop.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diarrhea
« Reply #1 on: November 16, 2021, 11:47:59 AM »
Ons praat so pas oor dieselfde ding.  behalwe die breinhardlywigheid of dus mentale konstipasie, is dit die verbale 7 meter spuit deur 'n naald se oog wat my gedaan maak. 


Ek is bly jy het net 'n plasing daaroor gemaak en nie self aan die hardloop is nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Diarrhea
« Reply #2 on: November 16, 2021, 08:04:16 PM »
Die politikus het mondbekakking en breinverstopping.

bhwahahahahahahahahahaha Naas!!! :sign10: