Author Topic: Cannabis, dagga.  (Read 2777 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Cannabis, dagga.
« on: October 01, 2018, 09:48:54 AM »
Wat is jou opinie?
18 September 2018 verklaar die hooggeregshof die volgende:
The Constitutional Court of South Africa, the country’s highest court, on Tuesday morning ruled that the personal use of cannabis is not a criminal offence.
In a unanimous decision, the court ruled that the ban on private possession and consumption, and cultivation of the plant for own use is unconstitutional.
It found that the country’s cannabis ban infringed on section 14 of the South African constitution which gives all citizens the right to privacy.
« Last Edit: October 01, 2018, 09:51:12 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Cannabis, dagga.
« Reply #1 on: October 01, 2018, 05:15:33 PM »
Daar is geweldig baie om te sê. Die hof het uitspraak gegee op die aansoek van die wat die rook van dagga vir godsdienstige redes aanvoer. Hulle het glo aangevoer dat hul menseregte geskend word as hulle dit nie mag rook nie .... Dis soos ek dit verstaan? Dalk is ek heeltemal verkeerd. Ek wonder net of moordenaars en verkragters en diewe en rowers nou ook kan aanvoer hulle menseregte word geskend omdat hul wetlik belet word om te doen wat hulle wil?

Maar terug na dagga. Ek het al cannabis gedrink, twee maande lank, het gehoop dit sou vir my voetpyne help, maar helaas nie. Ek moes minstens nog 'n maand gedrink het voor dit regtig sou help. Maar ek kon nie R1500 'n maand daarvoor begroot nie. Chris het dit ook daardie twee maande gedrink en na drie weke het dit al vir sy jig begin help. Na die twee maande het dit hom werklik gehelp om al sy vingers te buig. Hy kon 'n raket vashou, iets wat hy jare lank nie kon nie, en sy enkels het makliker geloop ens. 

Maar hy moes dit toe staak omdat hy vir 'n knievervanging gegaan het en dit glo nie sou deug as dit in sy bloedtoetse opgetel word nie. En ja, finansieel kon dit toe ook nie weer nie. Ek verstaan nie hoekom die olie-verwerking daarvan nie medies goedgekeur en voorgeskryf kan word nie ... om bekostigbaar te kan kry nie. Daar is duisende getuienisse hoe dit teen kanker, diabetes, jig en nog baie ander toestande ens ens help.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Cannabis, dagga.
« Reply #2 on: October 02, 2018, 10:36:29 AM »
Dit is so dat daar baie bewyse van die medisinale eienskappe van dagga is. 
Dit sal nog lank neem om die stigma wat aan dagga kleef die hoof te bied. 
Ek reken dit is maar soos met enige ander dwelm wat misbruik word. 
Die kans dat die prys van hierdie olies nou sal daal is goed. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Cannabis, dagga.
« Reply #3 on: October 03, 2018, 01:41:44 AM »
Daar is beslis voor en nadele. Ek weet my sus het 'n dagga-tee gedrink in haar stryd teen die groot K. Solank daar beheer is het ek geen pyne met die gebruik in verskeie vorme indien dit geregverdig is (pynbehandeling ens).

Soos dinge nou verloop in SA alreeds, kan ek my nie eers indink watter skrikwekkende gevolge hierdie besluit van die regering in SA gaan inhou nie! Genadiglik is die ouens hierdie kant van die aardbol meer versigtig en is daar nog streng toesig en wetlike optrede teen oortreders.

Daar is die afgelope paar jaar hier ook toenemende belangstelling in die gebruik van cannabis vir mediese doeleindes. Australië se regerings op beide Statebond, Staat en Territorievlakke het wetgewende en beleidsverandering geïmplementeer om die verbouing, vervaardiging, voorskryf en reseptering van medisinale cannabisprodukte vir pasiënte in Australië toe te pas.

Die departement het 'n reeks riglyne ontwikkel om gesondheidspraktisyns en pasiënte, veral mediese praktisyns, te help wat medisinale cannabis in Australië onder huidige toegangskemas voorskryf vir die behandeling van palliatiewe sorg, epilepsie, chemoterapie-geïnduseerde naarheid en braking (CINV), meervoudige sklerose (MS) en chroniese pyn.

Soos met alle terapieë, moet mediese praktisyns hul professionele oordeel uitoefen om te bepaal of dit 'n gepaste produk vir 'n individuele pasiënt is. In die algemeen, hoe minder krities die kliniese behoefte vir die voorgestelde produk, hoe hoër is die hoeveelheid bewyse wat nodig is om die gebruik van daardie produk te ondersteun.

Die regering stel dus voor dat die gebruik van medisinale cannabis slegs oorweeg kan word wanneer geregistreerde medisyne onsuksesvol was om die simptome of mediese toestand van die pasiënt te behandel.

In ooreenstemming met die aanbevelings van Queensland Health, word dit aanbeveel dat medisinale cannabisprodukte wat THC bevat, oor die algemeen nie geskik is vir pasiënte wat die volgende mediese/geestesprobleme het:

'n vorige psigotiese of gemoeds- of angsversteuring het.
Swanger is of beplan om swanger te word of borsvoed.
Persone met onstabiele kardiovaskulêre siekte.

Verder moet pasiënte aangeraai word dat hulle nie kan bestuur terwyl hulle met medisinale cannabis behandel word nie. Pasiënte moet ingelig word dat meetbare konsentrasies van THC vir baie ure na toediening in speeksel opgespoor kan word.

Medisinale cannabisprodukte word oor die algemeen beskou as 'n lae akute toksisiteit, maar gelyktydige gebruik van ander middels kan die uitwerking van cannabis en ernstige toksisiteit insluit, insluitende nadelige kardiovaskulêre effekte en die dood kan under-recognised word.

Die meerderheid van persone wat medisinale cannabis wil gebruik, doen dit vir verligting van kroniese pyn. In hierdie verband moet mediese praktisyns onderskei tussen palliatiewe sorg en chroniese nie-kankerpyn. In laasgenoemde kan die aanvang van 'n medisinale cannabisproduk die pasiënt blootstel aan die lewenslange gebruik van die mediese kannabisproduk.

As ek deur alles lees besef ek die gevare as daar geen beheer is oor cannabis nie - veral teen wat nou in SA gaan gebeur met gewysigde wetgewing  :dontknow: :crybaby2:
« Last Edit: October 03, 2018, 02:00:21 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Cannabis, dagga.
« Reply #4 on: October 05, 2018, 02:57:03 PM »
Baie dankie vir al die inligting Raaitjie.  'n Mens kan altyd op jou staatmaak vir inligting.   :notworthy:


Daar is in elk geval soveel misbruik onder die jeug dat ek wonder of die nuwe wette enigsinds enige verskil sal maak. 


Hier is 'n tesis wat geskryf is na deeglike navorsing.  Dit is lank, regtig lank, maar dit is uitstekende inligting.  Moontlik kan die leser iets daaruit haal wat positief is. 


http://uir.unisa.ac.za/bitstream/handle/10500/16702/dissertation_du%20pre_n.pdf?sequence=1&isAllowed=y
Om te weet is om te verstaan.