Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat KANEEL

(1/2) > >>

Terry:
As jy te veel van hierdie spesery in jou kos sit, kan jou hele dis verkeerd loop.  Maar as jy dit reg gebruik, kan dit 'n heeltemal nuwe smaak aan jou dis gee.

Hou jy van kaneel?  Gebruik jy dit baie? 

Kom deel jou resepte/wenke met ons.

(Gaan kyk gerus ook bietjie op Youtube na "cinnamon challenge" vir 'n goeie lag.)

Kom ons praat KANEEL   :toothy4:

Fransi:
Ek is mal oor kaneel. Kaneelsuiker oor melkpap, bietjie kaneel in roostee, pampoen ens.

PM:
Ek lief ook kaneel en 'n bietjie kaneelsuiker oor mieliepap kan die kleingoed se hart steel.

Kaneel is ook 'n moet in "kêriekos".   :icon_biggrin:

Meng kaneel met heuning tot 'n salf.  Dit werk uitstekend vir seerplekke soos spinnekopbyte wat hardnekkig is om te genees. 

Angelica:
Kan jy jou 'n paasbolletjie voorstel sonder kaneel?
Ek lief paasbolle met botter op.  Eet stapels daarvan.  Ek moet net 'n plek kry wat ordentlike bolle bak. 
Deesdae is die bakkerye by afdelingswinkels so gedrewe om te lewer, dat gebak op hul rakke eintlik maar nie so lekker is.  Proe pure massa-aksie-bakkery.

Fransi:
 :hello2: Onthou ek nou die soet kaneelkoekerige ding wat ek eenkeer in die Kaap saam met my een tannie geëet het. Dit was een van die lekkerste dinge wat ek al in my lewe geproe het.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version