Author Topic: Begeesterdgeite en Aura's...  (Read 4542 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Begeesterdgeite en Aura's...
« on: March 29, 2014, 11:38:39 AM »
As dit nie net tjoepstil is en ek begeesterd met die muse's se teenwoordigheid, kan ek om die dood nie iets neerpen.
Met Mamma wat nou so naby my rondbeweeg elke oomblik en so baie aandag nodig het (dit is my plig), vind ek geen, maar geen begeesterdgeid in die aura om my.
Ek onthou hoe ek snags kon opstaan om lang stukke te tik net om weer die volgende dag of week daaraan te skaaf.
Ander tye het die ding my beetgepak en ek kon daar en dan sit en iets het net uitgevloei.
Deesdae is dit 'n ander storie.  Ek staan nog op met 'n paar oulike woorde in 'n ry, maar om dit neer te skryf... nee wat.
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Begeesterdgeite en Aura's...
« Reply #1 on: March 29, 2014, 07:46:09 PM »
ek dink my muse is deur n tsetsi vlieg gebyt en le en slaap iewers onner n bos

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Begeesterdgeite en Aura's...
« Reply #2 on: April 03, 2014, 06:29:16 AM »
Goeiste, en ek het gedink dit is net my muse wat die hasepad gekies het.  Wonder nou net hoe lank gaan dit neem voor hulle terug is?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Begeesterdgeite en Aura's...
« Reply #3 on: January 06, 2017, 04:10:20 AM »
Dink julle nie ons moet weer 'n slag hande vat en muse vaspen in 'n kring nie? Ek 'bekring' deesdae alles en ons was hoeka so kosbare ou sirkeltjie van woordmaters vir baie jare mos.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Begeesterdgeite en Aura's...
« Reply #4 on: September 03, 2018, 03:44:48 AM »
Ons sukkel ook met muise. Maar ons muise wil om de dood nie weggaan nie. Hulle is die hele huis vol. Ek is al raadop.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Begeesterdgeite en Aura's...
« Reply #5 on: September 03, 2018, 06:47:17 AM »
Ek het baie goeie raad. Jy haal net daardie 'i' uit muise dan het jy net weer jou muse Naas  :bootyshake:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Begeesterdgeite en Aura's...
« Reply #6 on: September 03, 2018, 07:00:53 AM »
Hierdie ene het my laat giggel:
Poësie is wanneer elke lyn met ’n hoofletter begin en nie by die regterkant van die bladsy uitkom nie.
 :bootyshake: :icon_cheers: :snorting:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Begeesterdgeite en Aura's...
« Reply #7 on: September 10, 2018, 02:08:53 PM »
Ek stem saam met daardie handevat en kringe maak vir muses.  (Voel ek nou soos 'n heks, waar's my besem?)   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Begeesterdgeite en Aura's...
« Reply #8 on: August 02, 2019, 11:43:08 AM »
Giggel ek alweer myself in 'n sinkplaat in  :toothy4: ek soek ook na my besem PM!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Begeesterdgeite en Aura's...
« Reply #9 on: August 05, 2019, 01:24:51 PM »
Lees ek nou hier en is dankbaar dat ek weer kan lees.  Nadat ek my laaste plasing gdoen het, het ny data opgeraak.  Ek moes wag vir die nuwe maand om weer te kon deel wees van die samelewing.  Net toe die nuwe maand aanbreek, breek die duiwels in en steel ons toring se batterye.  So pas 'n halfuur gelede is dit weer vervang en herstel. 
'n Mens weet eers wat jy het as dit onderbreek word.  Dankie tog, ons is terug op die lug!   :hello2:


Ek stem vir hande vat en die sirkel ook herstel.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.