Die kuierstoep > Kom kuier saam

Begeesterdgeite en Aura's...

(1/2) > >>

Angelica:
As dit nie net tjoepstil is en ek begeesterd met die muse's se teenwoordigheid, kan ek om die dood nie iets neerpen.
Met Mamma wat nou so naby my rondbeweeg elke oomblik en so baie aandag nodig het (dit is my plig), vind ek geen, maar geen begeesterdgeid in die aura om my.
Ek onthou hoe ek snags kon opstaan om lang stukke te tik net om weer die volgende dag of week daaraan te skaaf.
Ander tye het die ding my beetgepak en ek kon daar en dan sit en iets het net uitgevloei.
Deesdae is dit 'n ander storie.  Ek staan nog op met 'n paar oulike woorde in 'n ry, maar om dit neer te skryf... nee wat.

Louis:
ek dink my muse is deur n tsetsi vlieg gebyt en le en slaap iewers onner n bos

PM:
Goeiste, en ek het gedink dit is net my muse wat die hasepad gekies het.  Wonder nou net hoe lank gaan dit neem voor hulle terug is?

Meraai vannie Baai:
Dink julle nie ons moet weer 'n slag hande vat en muse vaspen in 'n kring nie? Ek 'bekring' deesdae alles en ons was hoeka so kosbare ou sirkeltjie van woordmaters vir baie jare mos.

Naas:
Ons sukkel ook met muise. Maar ons muise wil om de dood nie weggaan nie. Hulle is die hele huis vol. Ek is al raadop.

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version