Die kuierstoep > Kom kuier saam

Broodplanke...

(1/4) > >>

Angelica:
Na aanleiding van Terry se oproep om ons plaasbrood-resepte te kom deel:

Baie jare gelede, kan so 55+ wees, wen my Pa 'n broodplank by die skou met sy pragtige skape wat tentoon staan in 'n kraaltjie.
Op daardie broodplank staan geskryf:  'Give us this day our daily bread'.
Baie, baie brode word op daardie einste broodplank gesny oor baie jare vir 6 kinders en Ma en Pa en vriende en hordes familie oor plaaskuiers...
Daardie plank is hol van al die gesny daarop en is nou nog te vinde in die huis op Wittedrift (naby Plett) waar ons vele Somers lank al kuier.
Om die waarheid te se, in daardie huis is nou nog baie stukke, soos meubels bv, wat van die plaas af kom. 
Wanneer jy daar kuier, is dit om soos in die verlede terug te loop en alles weer te beleef.

Naas:
My pa het ook so 'n plankie gehad waarmee hy ons brode warm gehou het. jy kan eintlik se daai plankie is ook holrug gery. Die plankie het so nou en dan voete gekry en dan kon ons brode so bietjie rus. Na my pa se afsterwe het my ma vir plankie agter 'n kas gekry toe sy strandhuis toe getrek het,




 :icon_bigsmurf:

PM:
Dit is vreemd dat 'n artikel 'n "persoonlikheid" het en 'n atmosfeer kan skep nê! Dit kan 'n mens se onthou gryp en slinger, in die verlede in, nes julle daar sê. 

Meraai vannie Baai:
Lekker gelees! Broodplankies en paplepels het soms 'n ander fuksie verrig in die opvoedingstaak van weleer ne  :icon_biggrin:

Naas:
Hoe ouer ek word, hoe stadiger loop ek terwyl die tyd in 'n jet by my verby vlieg. Soms moet ek stilhou want my aandag gaan na die gisters in my lewe en as ek dan aanstap na more gly ek in die trane van onthou.
Deur die wasigheid van vandag trek die mooi van gister soos magnete aan my voete en die onthou botter my droe broodjie wat die lewe vir my uitgedeel het aan die einde van my cul de sac.
En die onthou maak die pad vorentoe minder slag-gaterig.
Wat sou ons doen sonder die onthou'e van gister?


 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version