Author Topic: Jollie se kuiergas  (Read 3198 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Jollie se kuiergas
« on: March 17, 2014, 10:09:07 PM »
Jollie se kuiergas

Jollie sit buite op die bankie in hulle tuin en boek lees. Dit was 'n rowwe week en daar was min tyd vir ontspanning. Nou geniet sy dit om net te ontsnap na 'n ander wereld. Die windjie waai te heerlik en krap haar kuif deurmekaar. Agter haar hoor sy 'n geritsel en toe sy omkyk, sien sy 'n beweging tussen die blare. Sy dink eers dis die wind wat 'n paar blaartjies rondbeweeg, maar sien dis 'n baie klein kreatuurtjie met helderkleurige haartjies. Sy staan stadig van die bankie af op en sluip nader. As iemand haar nou moet sien, sal hulle dink sy is bietjie mallerig, maar sy gee nie om nie.
Sy druk die takke wat laag groei weg om beter te kan sien en toe sien sy iets vreemd. Twee groot bruin ogies in 'n klein gesiggie so groot soos 'n katjie sin, kyk haar bang aan. Die kreatuurtjie laat nie op hom wag nie en koes agter 'n struik weg. Jollie is sommer vies vir haarself. Plaas sy hom eerder van ver af probeer bekyk het. Sy loop weer terug na die bankie toe. Sy weet sommer hy sal nie gou weer sy verskyning maak nie. Die res van die middag kan sy nie weer aandag skenk aan haar boek nie. Iets anders het sy verskyning gemaak wat regtig is en nie kamma-kamma soos haar boek nie.  Sy probeer onthou hoe hy gelyk het. Die ogies het die meeste indruk geskep omdat dit so groot en skrikkerig was. Sy onthou ook 'n klein mondjie en 'n klein lyfie met haartjies bedek. Hy het ook kleertjies aan van natuurlike materiaal gemaak. Alles deel van die natuur. Sy is nuuskierig om te weet wat hy is. Sy besluit sommer om hom Goggels te noem. Hy lyk meer na 'n tipe gogga dingetjie en sy wonder hoe hy komminukeer en of daar meer van hom is. Nerens het sy al so 'n kreatuurtjie gesien nie, nie op televisie of in boeke nie. Jollie word sommer opgewonde en sy sien in haar verbeelding hoe sy nog beroemd word oor haar ontdekking. Die mens kan mos so tekere gaan oor raar en skaars dinge. Sy sien hoe sy toegejuig word deur mense en hoe die paadjie na hul huis deurgetrap gaan word deur die media en nuuskierige mense om na Goggels te kom kyk.
Die volgende dag gaan sit sy weer op die bankie, maar daar is geen teken van Goggels nie. Sy dink sy het haar verbeel dat hy daar was. Sy gaan haal haar vergrootglas en gaan na dieselfde plek wat hy beweeg het. Ongelukkig het dit die vorige aand gereen en is daar geen spoor te sien van haar nuwe vriendjie nie. Teleurgesteld gaan sit sy op die bankie en staar in die verte. Haar ma roep na haar om koeldrank te kom drink en sy hoor haar ma skaars. Kort-kort kyk sy om met die hoop om vir Goggels te sien, maar niks. Haar gehoor is tot die uiterste ingespan om elke geluidjie te hoor. Sy wens hy wil weer sy verskyning maak, maar niks gebeur nie. Haar kat, Miemie, kom skuur teen haar bene met die hoop om kos te kry en sy tel vir Miemie op. Miemie se maag herinner haar aan haar behoefte om te eet en sy wriemel in Jollie se arms om af te klim. Sy gee 'n lang en uitgerekte miaau en Jollie besef dit is etenstyd vir haar geliefde kat. Stert in die lug, volg Miemie vir Jollie die huis in en lek sommer al klaar lippe af. Daai lekker katkos is onweerstaanbaar.
Dit begin kouer word en die winter kruip nader. Jollie se hande voel of dit wil afvries soggends oppad skool toe wanneer sy met haar fiets deur die herfsblare jaag. Die haartjies op haar vingers is styf gevries en sy kry sommer lag. Dit lyk snaaks. Netnou is sy in die warm klas en vergeet sy van die koue, probeer sy haarself troos. Die dag vlieg verby en voor sy haar oe uitvee, lui die klok vir huistoe gaan tyd.
Sy is besig om huiswerk te doen, toe sy 'n sagte geluid by die venster hoor. Dit het soos 'n baie sagte kloppie geklink. Dit reen buite en sy is nie seker of dit die reen is of die kat wat wil inkom nie en sy loop venster toe. Sy is so verbaas om Goggels te sien staan op die vensterbank, dat sy vergeet om asem te haal. Sy kom vinnig tot verhaal en besef dat die arme Goggels seker moet verkluim wees van die koue. Hy is sopnat en hy lyk sommer verwese.
Jollie weet eers nie hoe sy hom moet benader nie, want hy was die vorige keer so skrikkerig vir haar, dat hy weggekruip het, nou weet sy nie of hy weer gaan weghardloop nie. Wel, hy het immers by haar kamer kom aanklop en sy steek haar hande uit om hom op te tel. Hy laat hom nie twee keer nooi nie en spring sommer in haar hande. Sy loop met hom na die badkamer, versigtig dat haar huismense hom nie moet sien nie. Daar vind sy 'n handdoek en begin hom versigtig afdroog. Hy skud sy koppie om van die oortollige water ontslae te raak en in die proses word sy ook nat. Sy maak ook asof sy die water van haar af wil skud en Goggels begin lag. Altwee is verbaas oor die klank wat sy laggie maak.
Sy beweeg met hom terug na haar kamer toe en sak met hom op haar bed neer. Daar begin hy soos 'n stout kind op die bed spring en weer lag hulle te lekker. Haar ma roep van onder af, met die gedagte dat die radio te hard aan is, maar Jollie help haar nie reg nie. Goggels hou op spring en kyk haar dankbaar aan. "Baie dankie Jollie! As dit nie vir jou was nie, het ek verkluim" se Goggels met 'n klein stemmetjie. Jollie is baie verbaas om hom te hoor praat, maar wil dit nie openlik wys nie. Goggels begin haar vertel van sy wereldjie.
Hy  bly saam met sy familie in die molle se tonnels onder die grond. Hulle het egter na warmer areas getrek voor die winter toegeslaan het. Ja soos swaeltjies, want hulle kan nie die koue hanteer nie. Die rede hoekom hy nie saamgegaan het nie, is dat hy vir sy siek vriendjie gesorg het, wat tydens die somer seergekry het. Dit was 'n voeltjie en dit het Goggels so lank geneem om hom te versorg dat die seisoene ongemerk verby gegaan het. Die voeltjie was net te swak om hom saam te neem, maar hy het die voeltjie gerus gestel dat hy sal oorleef solank hy net in die tonnels bly. Ongelukkig het die reen die tonnels oorstroom en moes hy betyds uitkom, anders het hy verdrink.
Jollie voel vir hom baie jammer en sy verseker hom dat hy vir eers by hulle kan bly. Vergete is die idee om hom aan almal te wys. Nou het haar beskermingsdrang oorgeneem en gaan sy vir niemand haar kuiergas wys nie. Dit is asof sy sommer weet wat dit gaan veroorsaak vir Goggels en sy familie. Gaos. Die hele winter versteek sy hom in haar kamer. Miemie het al 'n paar keer by haar kamerdeur kom miaau om in te kom en dit is net wanneer sy ook daar is, wat sy haar kat kan laat inkom. Goggels bly daar vir die hele winter. Hy vertel vir Jollie baie stories en gee handjie by wanneer sy moet huiswerk doen. Op 'n keer speel selfs Miemie lekker met hom. Hulle jaag mekaar in die kamer rond en Miemie hap speels na Goggels. Hulle geniet die winter saam en Jollie wens eerder sy kon die heeltyd by hom wees. Die vakansie vlieg vinnig verby en dis weer tyd om terug te gaan skooltoe. Hulle het middae baie pret saam en vang heerlik kattekwaad aan, dat selfs Miemie die pad vat. Veral toe hulle kleefband aan arme kiets se poot vasmaak. Dis 'n gelag en gegiggel, maar nie vir Miemie nie. Sy verstaan nie wat aan die gang is nie en kyk kwaai na Jollie en Goggels. Sy skud haar poot vir die laaste keer, met die hoop die snaakse klewerige goed kom af en dit doen sowaar.
Die winter gaan vinnig verby en Jollie word sommer hartseer. Sy weet dat wanneer Goggels se familie terugkom dat hulle nie gou weer vir Goggels gaan sien nie, wat dan ook gebeur. Goggels bedank haar weer eens vir alles en verduidelik ook hoekom hy sal moet weggaan. Dit sou nie goed wees as sy familie moet sien dat hy saam met haar en Miemie speel nie. Dit word net nie toegelaat om met die mens te kuier en pret te maak nie. Hieroor is Jollie baie hartseer, maar verstaan tog wat hy aan haar probeer tuisbring. Hulle groet mekaar en daar word plegtig belowe dat hul mekaar tog weer een of ander tyd sal raakloop. Wanneer weet nie een van hulle nie . . .

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jollie se kuiergas
« Reply #1 on: March 19, 2014, 06:10:52 AM »
Baie dankie vir nog 'n mooi storie Anicia, ek het dit baie geniet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Jollie se kuiergas
« Reply #2 on: March 20, 2014, 07:24:17 AM »
Mooi geskryf.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Jollie se kuiergas
« Reply #3 on: March 26, 2014, 09:58:09 PM »
Baie dankie dat jul die tydjie afgestaan het om my storie te kom lees. Ek waardeer dit baie! Hoop dit gaan goed met julle! Rustige week verder  :hello:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Jollie se kuiergas
« Reply #4 on: April 30, 2014, 11:03:20 AM »
Ekt bietjie laat gelees. Maar het dit vreeslik baie geniet. Het my so ingeleef in die storie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Jollie se kuiergas
« Reply #5 on: November 12, 2015, 11:21:02 AM »
Liewer laat as nooit! Heerlike gelees dankie sus van ver  :notworthy: :icon_salut:

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Jollie se kuiergas
« Reply #6 on: December 03, 2015, 04:38:19 PM »
Maggies dit was nou n groot verrassing toe ek sien julle het kom ogies wys..hehehe Eks dankbaar vir jul belangstelling Ans en Raaitjie.Amper vergeet om wasgoed te gaan afhaal..hehehe

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Jollie se kuiergas
« Reply #7 on: January 20, 2016, 09:43:05 AM »
Julle gaan nou baie meer van my sien hier. Ek is terug met 'n "bang".

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Jollie se kuiergas
« Reply #8 on: March 17, 2016, 02:53:06 PM »
Hallo Ans! Ek self was lanklaas hier..Gedink ek loer gou in.My seuntjie soek in die middag stories en saans,voel of ek al uit stories hardloop..hehehe