Ons Publiseer Saam > Boek 2 - bespreking deur almal

Twee van my boeke...

(1/4) > >>

Angelica:
Boek no 1 en Boek no 2 pryk nou in die spreekkamer!!!!   :icon_study:
My miesies het gister oggend geskakel om te vra dat ek die boeke werk toe moet bring. 
 :hello2:  Met die grootste plesier!!

PM:
Pragtig Els.  Hannes het ook vir sy tandarts twee boeke gegee en hier in Leeupoort se bib is ook een van elk beskikbaar om uit te neem. 

Angelica:
Dis 'n wonderlike idee om 'n boek in die bib te los!!    :headbang:

Gawelina:
Die boeke maak omtrent opslae!  Ek het die boek vir dr de Villiers gegee.  Hy het my opdrag gegee om julle toestemming te vra om die boeke te gebruik in die program Afrikaans is groot. Die program word elke middag om 15:00 op sy radiostasdie Radio Panorama uitgesaai. Luister daarna op die "live stream" by http://www.1076fm.co.za

Oorweeg dit asb en laat my weet wat ek hom moet antwoord.  

Fransi:
My toestemming is gegee. :-)

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version