Author Topic: Droomplaas  (Read 2688 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Droomplaas
« on: February 25, 2014, 10:11:24 PM »
voor my lê uitgestrekte lowergroen golf
van bome gras en suikerbos
wat golwe vorm soos die see
met ‘n suising van wind om elke rots en klip

in verte blaf ‘n koedoe
rotse val pletterend na onder
soos klipspringer spring
van een rots hoër op na ander

ek staar verwonderd reguit
in duiker se wakker oë
wat skielik my pad kruis
dan met swier van my weghardloop

hoog bo my draai ‘n valk
op soek na maklike prooi
met een duikbeweging na onder
om dadelik weer op sweef met buit

versteen steek ek vas
my weg versper deur pofadder
wat salig op sy tyd
in veld verdwyn

besef ek my geluk
alles beleef in een dag
op my droomplaas
Godgewe geskenk aan my

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Droomplaas
« Reply #1 on: February 26, 2014, 10:02:25 AM »
Ek hou van die kontras/ verkeidenheid in hierdie gedig.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Droomplaas
« Reply #2 on: February 26, 2014, 03:46:23 PM »
Dankie Franci ek waardeer jou kommentaar

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Droomplaas
« Reply #3 on: February 28, 2014, 07:12:23 PM »
Ek sou graag die klippe wat die ribbok losgetrap het, hoor val ver onder in die kloof.
Dis pragtig.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Droomplaas
« Reply #4 on: March 19, 2014, 06:47:12 AM »
Ek sien die prentjies en beleef jou liefde vir die natuur. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Droomplaas
« Reply #5 on: March 24, 2014, 09:22:22 PM »
Dankie PM lekker om jou weer hier te sien