Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat PASTEIE

(1/2) > >>

Terry:
'n Lekker tuisgemaakte pastei is darem maar altyd lekker.

Het jy enige wenke/resepte om te deel?  Kom vertel vir ons wat jou gunsteling pastei is.

Kom ons praat PASTEIE   :toothy4:

PM:
Nou praat jy!

Biefstuk en niertjies.
Springbokpastei. 

Eintlik is dit nie reg om teen ander pasteie te diskrimineer nie.   :icon_biggrin:  Elke liewe ding met 'n heerlike gebakte blaardeegkors is my gunsteling.   :hello2:

Terry:
Ons is netso lief vir enige iets met 'n lekker degie.  Oorskiet vleis werk altyd baie goed om 'n lekker "peppersteak pie" te maak.  Toe ons laasjaar in Uvongho was het ek 'n heerlike peppersteak pastei bestel by 'n oulike restaurantjie en ek sal dit nooit vergeet nie.  Ons het dit al paar keer self probeer maak, en gelukkig baie naby gekom, hier is ons resep:

T & G peppersteak pastei:

Oorskiet fillet of rump (maak nie saak hoeveel nie, maar hoe meer, hoe beter)
2 gekapte uie
1 teelepel heel swartpeperkorrels
1 teelepel ingelegde groen peperkorrels
2 aartappels
1 bakkie room
1 rol klaargemaakte deeg
1 eier
sout en nog peper

Braai jou uie tot sag en voeg dan jou opgesnyde vleis by.  Sit sommer jou gesnyde blokkies aartappel in water in die mikrogolf vir paar minute om sag te word.  Braai jou uie en vleis met al die peperkorrels en sit dan die aartappel by.  Laastens gooi jy die room oor en meng goed.  Sit die mengsel in 'n pasteibak en dan jou klaargemaakte deeg bo-oor.  Smeer baie eierwas bo-op en bak tot die deeg gaar is.

Hierdie resep het nog nooit geflop nie.  Probeer dit gerus.

PM:
Daar by Leeupoort wag 'n gevriesde degie vir jou!   :icon_biggrin:

Angelica:
Vrek oor pasteie.

'eierwas'?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version