Author Topic: Gemmertert  (Read 4191 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Gemmertert
« on: February 22, 2014, 12:50:30 PM »
Kors
1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies,
fyngedruk
125 g margarien, gesmelt

Vulsel
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
25 ml (5 t) ingelegde gemmer, fyngekap
125 ml gemmerstroop
10 ml (2 t) gelatien
85 ml (ruim 1⁄3 k) koue water
1 blik (410 g) ingedampte melk, oornag verkoel
4 stukkies ingelegde gemmer vir versiering, gekap

    Smeer ’n tertbord met botter.
    Kors Meng die beskuitjies en margarien saam en druk vas in die tertbord.
    Vulsel Meng die karamelkondensmelk, gemmer en stroop saam en hou eenkant tot benodig.
    Spons die gelatien in die water. Mikrogolf dit ’n paar sekondes tot dit gesmelt is, maar moet dit nie laat kook nie.
    Klits die ingedampte melk by tot stywe punte vorm. Vou in by die karamelkondensmelkmengsel.
    Meng ’n bietjie van die kondensmelkmengsel met die gesmelte gelatien en vou die gelatine dan liggies by die res van die karamelmengsel in. Skep in die tertkors.
    Verkoel tot gestol en versier met skyfies ingelegde gemmer.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gemmertert
« Reply #1 on: February 23, 2014, 07:10:45 AM »
Ek is versot op gemmer.  Sal enigiets eet net omdat daar gemmer in is.
Dankie vir die resep.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gemmertert
« Reply #2 on: February 24, 2014, 08:40:10 AM »
Dankie vir die resep Terry.

Els, het jy al die ingelegde gemmer gekoop?  Dit is daardie pienk velletjies gemmer wat heerlik is net so of in 'n slaai.

Om te weet is om te verstaan.