Author Topic: Kom ons praat BRAAIBROODJIES  (Read 7534 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« on: February 12, 2014, 12:23:01 PM »
Ons Suid Afrikaners ken almal 'n goeie braaibroodjie.  Jy kry dit nou al tot in restaurante, maar almal het sye eie idee van 'n goeie broodjie.

Wat is jou gunsteling braaibroodjie?

Kom deel gerus jou resepte/wenke.

Kom ons praat braaibroodjies   :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #1 on: February 13, 2014, 05:22:29 AM »
Lekker!  Baie kaas asseblief! 
Daar is so 'n groot verskeidenheid wat 'n mens op daardie broodjie kan sit en as jy dit nog in die toeknyprooster kan vasknyp kan jy 'n hele maaltyd daarmee maak. 

Ek lief suikermielies soos Gerhard dit maak in die kole saam met die broodjies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #2 on: February 13, 2014, 03:14:05 PM »
yes yes I know its not braaibroodjies but all this talk of braaibroodjies awakened this urge if you wish - I want caviar, beluga if possible and with vodka that was in the freezer. ohh no I'm not pregnant  :color: :color: it's just an urge

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #3 on: February 13, 2014, 03:42:44 PM »
 :icon_biggrin:  Braaibroodjies is so lekker, ek dink dit maak jou lus vir enige iets.  Ek sal die Vodka saam jou kan geniet..  Die kaviaar weet ek nie so lekker nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #4 on: February 18, 2014, 06:03:40 PM »
Dankie Terry, ek sal jou porsie kaviaar neem!   :icon_biggrin:

Ons sal sorg vir die Vodka in die vrieskas Natalie.  Die naweek na hierdie een wat kom?  Of is jy lus vir Leeupoort hierdie naweek? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #5 on: February 21, 2014, 08:47:59 AM »
baie dankie vir die uitnodiging - I would have loved to come to Leeupoort but unfortunately I already have other commitments. next weekend seems to be a call though and I would look forward to seeing you again

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #6 on: February 21, 2014, 02:57:12 PM »
Dit kan net lekker wees!  Ek tel die slapies!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #7 on: February 22, 2014, 07:08:44 AM »
Braaibroodjies... njammies. Liplekker.
Ek smeer net baie botter (of dan marg)
Dun snytjies tamatie
Uie-ringe (vir my)
Baie peper (ek voeg geen sout by myne bloot omdat ek nie ekstra sout by my kos voeg)
BAIE kaas
Braai oor matige kole tot bruin buite en al die binnegoed deurwarm en die kaas gesmelt is.
Eet dadelik.  'n Koue braaibroodjie is pap en onsmaaklik (vir my).
Het al gehoor dat Chutney en mostert en ander goete ook nog opgesmeer word, maar vir my gaan dit oor die eenvoud van die braaibroodjie en die kraak as jy byt en dan daardie heerlikheid in between.
elle

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #8 on: February 22, 2014, 10:20:24 AM »
I do read a lot and in one of the books I recently read, the "bacon buttie" was mentioned quite a number of times throughout the book. so I went and googled bacon buttie and it's toast lathered with butter with lots of crispy fried bacon on. One could add all kinds of fillings it seems to me but the standard buttie is served hot and you may have tomato sauce or brown sauce on. I have tried making one and it is quite nice. You could also use buns or any other type of bread, if you're so inclined

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #9 on: February 22, 2014, 11:52:34 AM »
Bacon butties klink en lyk heerlik (ek het dit gaan soek op google images).  Al wat ek sou bysit is 'n klompie gerasperde kaas.  En miskien gebraaide uie.

Ek maak maar altyd my braaibroodjies met 'n dun lagie blatjang en dan baie sout en peper.  Ons is lief om vir elkeen twee broodjies te maak sodat jy vroegoggend weer 'n lekker broodjie op die rooster kan warm maak.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #10 on: February 22, 2014, 12:15:38 PM »
Resep vir bierbraaibroodjies:

Franse braaibrood en braaibroodjies in een, gemaak met bierbrood. Maar pleks van die brood in eier doop soos die Franse dit doen, word die eier by die vulsel ingemeng en die broodjies dan oor die kole gerooster.

Lewer 4-6 braaibroodjies
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd:
Brood: 40-45 minute
Braaibroodjies: 10-15 minute

BIERBROOD
500 g bruismeel
5 ml (1 t) sout
1 blik (340 ml) bier
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
’n bietjie sout

VULSEL
200 g gerasperde mozzarellakaas
2 eiergele
60 ml (¼ k) elk gekapte grasuie, basilie en pietersielie
60 ml (¼ k) sondroëtamatiepesto
sout en peper
olie vir smeer

    Voorverhit die oond tot 180 °C.
    Spuit ’n broodpannetjie met kossproei.

    Bierbrood Meng alles en druk in die broodpan. Bak 40-45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer op ’n
    draadrak uit en laat heeltemal afkoel. Sny versigtig in skywe.
    Vulsel Meng alles behalwe die pesto en geur met die sout en peper.
    Smeer die broodskywe met die pesto, verdeel die vulsel tussen die helfte van die broodjiesnye en maak toebroodjies met die orige snye.
    Smeer met die olie en braai op ’n rooster oor matige kole tot die kaas gesmelt en die broodjies goudbruin is. Sit dadelik voor.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat BRAAIBROODJIES
« Reply #11 on: February 24, 2014, 08:27:57 AM »
Hier in die bos is dit 'n fees om vroegoggend die kole te roer en daardie braaibroodjie warm te maak.  Dit is dan weer "kraak vars".  Hmmmm!
Om te weet is om te verstaan.