Author Topic: Die Begin  (Read 2785 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Die Begin
« on: February 06, 2014, 09:33:22 PM »
wat soos ‘n diamant blink
hang silwer druppels
aan elke takkie
in die oggendson

lyk dit soos ‘n sprokiesland
met doudruppels wat weerkaats
op elke doringdraad
en grassaadjie

soos die oggendson sy kop lig
verdamp elke druppel
vorm silwer randjies
op droeë takkies
en gladde blink drade

verander ‘n koel oggendluggie
in ‘n warm sondeurdrenkte dag
met sweet wat op aangesig
begin vorm aanneem

dankbaar as die aandskemer
oor berg en dal neerdaal
sak ons saam in mekaar se arms
neer op sagte mat van gras

saam wag ons vir die aanster
kyk ons na die maan se opkoms
wens ons ‘n wens
met die skiet van ster.
« Last Edit: February 25, 2014, 10:06:28 PM by Ans Botha »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Begin
« Reply #1 on: February 11, 2014, 09:25:22 AM »
Mooi gedig Ans.  Ek hoop ons almal kry weer 'n bietjie inspirasie om te skryf hierdie jaar.  Almal was so besig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die Begin
« Reply #2 on: February 11, 2014, 09:53:10 PM »
Ek is darem nog so so aan die gang. My aande raak net te lank.

Is daar iewers iets wat jy sal se ek moet verander?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Begin
« Reply #3 on: February 13, 2014, 05:28:35 AM »
Dit is net die eerste strofe waar "blink" twee keer gebruik word wat my hinder.  Kom ons hoor wat sĂȘ die ander. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die Begin
« Reply #4 on: February 14, 2014, 07:15:54 AM »
Mooi geskryf.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die Begin
« Reply #5 on: February 25, 2014, 10:06:53 PM »
PM hoe lyk daardie eerste strofe nou vir jou?