Author Topic: Kom ons praat TOEBROODJIES  (Read 8524 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat TOEBROODJIES
« on: January 27, 2014, 09:22:54 AM »
Wanneer dit kom by toebroodjies is daar honderde verskillende variasies om van te kies.  Wat is jou gunsteling toebroodjie?

Het jy enige wenke/resepte om jou eie lekker toebroodjies te maak?

Kom ons praat TOEBROODJIES   :toothy4:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat TOEBROODJIES
« Reply #1 on: January 28, 2014, 06:57:32 AM »
daars 'n hele paar gunsteling toebroodjies vir my.
verkieslik growwe brood maar saadjie brood is nog beter, hoe growwer hoe lekkerder.
niks botter of margarien nie.
1  marmite, konfyt kaas en tamatie is heerlik
2 sandwich spread en tamatie en ham of tong
3 blaarslaai en tamatie en kaas en hamp of tong
3 enige vars vrugte saam met dir brood, maar dis nou nie juis 'n toebroodjie maar oopbroodjie want die vrugte val af behalwe piesang maak lekker toebroodjie.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat TOEBROODJIES
« Reply #2 on: January 28, 2014, 09:07:53 AM »
EK hou ook van marmite, tamatie en kaas toebroodjies, veral op geroosterde brood.

My gunsteling op hierdie stadium is 'n lekker groot rolletjie, ek lief my botter, so dit is altyd op my broodjies.  Blaarslaai, dun gesnyde komkommer, tamatie, salami, ham, roasted beef en dan Engelse mosterd.  Dit is die lekkerste, vullendste broodjie en ek eet dit amper elke dag vir middagete.

Die enigste vrugte wat ek op my broodjie eet is wanneer ek geroosterde piesang, spek en kaas broodjies maak.  Net te heerlik.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat TOEBROODJIES
« Reply #3 on: January 28, 2014, 02:10:59 PM »
My ouma se gunsteling broodjie was vars witbrood met baie botter en Simba Beef Chips.  Wanneer ek skyfies sien wil ek dit net op 'n broodjie met baie botter eet.  Ek sou net dalk daai tyd vir ouma bietjie gerasperde kaas moes aanbeveel.  Dit sou dan die perfekte toebroodjie gewees het.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat TOEBROODJIES
« Reply #4 on: January 28, 2014, 02:26:38 PM »
Ham-en-kaas; eier-en-kaas;marmite-en-kaas, appelkooskonfyt-en-kaas ens. Ek dink dit is duidelik watter bestanddeel vir my die lekkerste is. :-)

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat TOEBROODJIES
« Reply #5 on: January 30, 2014, 11:19:41 AM »
I enjoy any kind of sandwich and I use the bread only to hold the filling.

cold chopped chicken with tzatziki on panini
toasted bruschetta with roasted veggies and olive oil
toasted cheese with fresh apple and one may add salami (peppered) or prosciutto
toast with mashed green beans (cold)
toast with bully beef and mash
rye with potato salad and pastrami

ohh and toast with moussaka

and now I'm stopping because I make meself hungry. you'll note I do not have butter as an ingredient because I do not readily eat butter.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TOEBROODJIES
« Reply #6 on: January 30, 2014, 09:43:13 PM »
Kaas dit en geniet dit!   :icon_biggrin: 

Ek sou graag almal van ons in 'n supermark wil loslaat sodat elkeen sy eie bestanddele kan kies om 'n broodjie mee te maak en dit tafel toe bring.  Soos ek nou voel sal ek 'n "dagwood" maak! 
Om te weet is om te verstaan.