Author Topic: Die tyd is min  (Read 10869 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die tyd is min
« on: February 03, 2014, 05:21:15 AM »
Een van die dae is ons kuiertyd in NZ verstreke.  Ons vlieg Saterdagoggend (NZ-tyd, die 8ste) terug SA toe.  Eers oorklim by Sydney en dan is ons op pad deur die lug.   :icon_biggrin:  Ek hoop die loots kies 'n meer gelykpad as hierheen.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die tyd is min
« Reply #1 on: February 03, 2014, 07:38:53 AM »
Veilig vlieg en welkom terug! :-)

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Die tyd is min
« Reply #2 on: February 03, 2014, 09:05:33 AM »
 :hello2:  Ons kan nie meer wag nie!  Geniet julle laaste paar dae.  xxx

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die tyd is min
« Reply #3 on: February 03, 2014, 10:36:48 AM »
Julle twee laat my al reeds veilig en welkom terug voel.  Baie dankie, ek lief julle stukkend!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die tyd is min
« Reply #4 on: February 05, 2014, 08:16:39 AM »
 :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die tyd is min
« Reply #5 on: February 05, 2014, 08:51:22 AM »
Ja, ek gaan julle nou iets vertel wat nie maklik geglo gaan word nie!
Vandag het die yskas op my voet geval.  Ja regtig, sommer so, met deure en al, of was dit nou net die deure? 
Ek weet net dit is baie b en b en d en d seer.   Dalk kan ek 'n rystoel bestel by die lughawe, wat dink julle?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Die tyd is min
« Reply #6 on: February 05, 2014, 09:28:20 AM »
Shame, dit moes seker baie seer gewees het en nou moet julle nog ver loop by die lughawe.  As dit erg seer is, moet jy defnitief 'n rolstoel kry.  En Saterdag wanneer ons julle optel, sal ek ook daar wag met een.   :icon_biggrin:

'n Paar jaar terug het ons huis geskuif en 'n treadmill het op my voet geval.  So, ek ken die pyn!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die tyd is min
« Reply #7 on: February 05, 2014, 10:33:31 PM »
Eina! Sterkte, ek hoop dit voel gou beter.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die tyd is min
« Reply #8 on: February 06, 2014, 01:18:58 AM »
Dankie julle.  Dit voel darem baie goed vanoggend.  Dit lyk my nie daai rystoel sal nodig wees nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Die tyd is min
« Reply #9 on: February 07, 2014, 08:33:40 AM »
Net nog een slapie dan is julle terug by die huis.   :hello2:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die tyd is min
« Reply #10 on: February 08, 2014, 02:21:14 PM »
dis so 'n lang vlug maar julle gaan seker ook baie bly wees om terug te wees.   :hello2:    solank julle die kuier dubbellekker geniet het.   :love7:   dalk reis julle eendag weer deur die vrystaat ... ek verlang julle.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die tyd is min
« Reply #11 on: February 11, 2014, 09:21:24 AM »
Hier is ek nou weer op die lug.  Dit was werklik 'n baie lang uitputtende vlug, maar ons het dit darem oorleef en na twee dae se erge "jet lag" begin ons nou weer soos nugter mense voel.  Ons nag is darem nou weer dag.

Ons het heerlik gekuier en gaan die kinders weer van voor af mis. 

As ons in daardie rigting gaan sal ons beslis nie voor jou deur verbyry nie Adele.  Ek hoop net ons kry nog 'n rukkie kans om leeg te lê voordat hulle Hannes weer opskraap vir 'n projek. 

Dit is heerlik om tuis te wees.   :hello2:




Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die tyd is min
« Reply #12 on: February 14, 2014, 07:19:48 AM »
 :hello2:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die tyd is min
« Reply #13 on: February 22, 2014, 07:29:51 AM »
Bly julle is veilig terug.
Wat 'n heerlikheid om die kinders weer te voel en ruik en behoorlik te hoor...
Daardie yskas wat op jou voet geval het...  is jy nou ok?
Wat doen jy dat jy yskaste kan optel? 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die tyd is min
« Reply #14 on: February 24, 2014, 08:20:46 AM »
 :icon_biggrin:  Dit was die deure.   :icon_biggrin:

Die tweedeuryskas se skarnier het in die middel (tussen die twee deure) gebreek toe ek die onderdeur oopmaak.  Daar tuimel die hele spul, met 'n klomp goed in die deure se rakke, alles op my voet neer. 
Man, dit was te seer om te vloek!   :icon_biggrin:

Die voet is nog effens geswel en styf, maar dit is al 100 beter.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.