Bak en brou > Item vir die week

KOOKFOUTE

(1/4) > >>

Terry:
Het jy al 'n "kitchen blooper" gehad?  Wat is die resep wat jy probeer het, maar moes dit in die asblik gooi want selfs die honde sou dit nie eet nie?

Ek het baie, maar ek wag vir julle om eerste te vertel   :toothy4:

Jeannedarc:
nee ek het nog nie daardie geluk gehad nie. I had many flops but then if you are still able to eat the flop, well then ...

PM:
Toe ek jonger was het ek uit onkunde 'n paar floppies gemaak, maar soos 'n mens ouer word leer jy om dit gou reg te toor.

Een keer het ek pannekoek gebak.  Terwyl ek die deeg aangemaak het, het my ma gesĂȘ ek het mieliemeel beet.  Nog nooit nie, seg ek en lees weer op die pakkie.  Dit is koekmeel!  My ma was reg, die meel was verkeerd verpak en ek moes die beslag weggooi.  Gelukkig het die winkel dit vir my vervang, plus al die ander bestanddele wat ek gebruik het.  Ons was maar baie arm daardie jare.   :icon_biggrin:

Terry:
Ek kan onthou, ek het net begin leer om te kook en een aand besluit ek op Bully beef pasta.  Natuurlik is dit toe nou die eerste keer wat ek dit maak en dog dit is ongegeurde vleis.  Soos ek dit gaarmaak sit ek lekker sout en peper by en paar ander speserye.  Nog dom ook, proe ek nie aan dit nie en meng dit met die pasta.  Baie trots op myself skep ek vir almal op en wag vir groot komplimente.

Wie sou nou op so jong ouderdom weet jy moenie sout en speserye by bully beef gooi nie?   :icon_scratch:

Ons het toe maar die kossies bymekaar geskep en vir die hond gegee wat dit ook nie eers wou eet nie.  Maar ek kan onthou die KFC daardie aand was toe baie lekker.

Jeannedarc:
On that very same note - I once used kassler chops in a dish and just as Terry aaded salt and pepper and herbs. needless to say it tasted terrible but then I didnt know the kassler was smoked.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version