Author Topic: PM se mosselsop  (Read 4033 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
PM se mosselsop
« on: January 23, 2014, 12:10:13 AM »
PM se mosselsop in witwyn en room. 

1 dosyn mossels
6 knoffelhuisies
1 ui gekap
1 en 'n half koppies wit wyn
1 takkie seldery
'n paar takkies basil (opsioneel)
'n paar stukkies pieterselie (opsioneel)
1 eetlepel botter
'n kwart koppie room

Kap die ui en ander kruie in stukkies en braai in 'n groot pot in die botter. 
Voeg die wyn by en laat kook. 
Voeg die mossels by, roer een keer en plaas die deksel op.
Stoom tot die mossels oop is.  Verwyder enige mossels wat nie oopmaak nie. 
Verwyder die pot van die stoof af, voeg die room by en bedien met jou gunsteling brood. 

Variasies:
Ek braai altyd so 'n half kilogram prawns in knoffelbotter en voeg dit by die mossels sodra ek dit van die stoof af verwyder het. 

Jy kan 'n handvol babaspinasie byvoeg en dit met fettuchine (of ander pasta) bedien, dit is ook baie lekker.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: PM se mosselsop
« Reply #1 on: January 24, 2014, 09:44:33 AM »
Dit lyk na 'n wenresep! 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se mosselsop
« Reply #2 on: January 24, 2014, 09:45:29 PM »
Hier kry ons die "Green lipped mussels" of NZ mossels wat ook in die coromandel "gekweek" word.  Daar ontgaan die regte woord my.   :dontknow:
Dit is baie goedkoop en smaak heerlik. 
Om te weet is om te verstaan.