Author Topic: hoender of water  (Read 4318 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
hoender of water
« on: January 16, 2014, 06:13:21 PM »
http://www.landbou.com/nuus/staan-sterk-oor-pekelwater-versoek-amie

Die Assosiasie van Vleisinvoerders en -uitvoerders (AMIE) het die Regering dringend versoek om nie te swig onder druk van pluimveeprodusente wat beswaar maak teen die voorgestelde toegelate vlakke van pekelwater in bevrore hoendervleis nie.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het gewysigde regulasies aangekondig om die hoeveelheid pekelwater wat by hoender gevoeg word, te verminder. Die toegelate vlakke van pekelwater is met die helfte gesnoei om ’n maksimum van 15% van die gewig by individueel verpakte bevrore hoenderporsies (IQF) te wees.
Pluimveeprodusente en verbruikersliggame is geraadpleeg, maar omdat ’n ooreenkoms nie bereik kon word nie, was die departement verplig om ’n finale besluit te neem. Die departement het die pluimveebedryf ’n jaar gegee om sy pekelwatervlakke aan te pas.
Pekelwater word in hoender- en ander vleisprodukte ingespuit om die sappigheid en geur behoue te laat bly. In 2011 het ’n ondersoek deur die Regering egter bevind dat produsente die proses misbruik deur buitensporige hoeveelhede pekelwater in hul produkte te gebruik.
AMIE sê die nuwe vlak sal verbruikersuitbuiting vir kommersiële gewin verminder, en voeg by dat hy inderwaarheid ten gunste is van 'n verbod op die byvoeging van pekelwater. “AMIE is, en was nog altyd, totaal gekant teen die blatante uitbuiting van verbruikers deur middel van die oormatige gebruik van pekelwater,” lui 'n verklaring deur mnr. David Wolpert, die hoof uitvoerende beampte.
Hy het ook beklemtoon dat die totale volume pekelwater in plaaslik geproduseerde hoendervleis 500 miljoen liter per jaar oorskry – meer as dubbel die totale jaarlikse invoer van hoendervleis na Suid-Afrika. “Ons vra die departement om sy beslissing so gou moontlik deur te voer om sodoende weer morele, etiese en veiligheidswaardes in die bedryf te vestig.”
Daar is aanduidings dat Astral (met Country Fair, Mountain Valley en National Chicks onder sy vlerk) se winste die grootste knou sal kry weens die nuwe beperking op pekelvlakke.
Mnr. Chris Schutte, die hoof uitvoerende beampte van Astral, het gesê die gewysigde regulasie sal die prys van bevrore produkte beïnvloed, en dat die pluimveebedryf dit moet teenstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: hoender of water
« Reply #1 on: January 22, 2014, 10:18:57 PM »
Ek voel dat "pekelinspuitings" totaal en al verbied moet word.  Dit is blatande uitbuiting.  Dit geld ook vir die water in melk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: hoender of water
« Reply #2 on: January 23, 2014, 10:16:32 AM »
Ek voel dat "pekelinspuitings" totaal en al verbied moet word.  Dit is blatande uitbuiting.  Dit geld ook vir die water in melk. 

daarmee stem ek 100% saam. as ek koei melk op die plaas gooi ek nei water by nie, hoekom moet ek dan water koop saam met melk en as ek hoender slag los ek hom net so hoekom moet ek klomp piekel slymerige vetterigheid koop saam met die hoender.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: hoender of water
« Reply #3 on: January 23, 2014, 09:39:09 PM »
Ek onthou as kind hoe geel die room op die melk gelê het na so 'n rukkie se staan.  Ons het van die room afgeskep en in die "roombottel" gegooi en een keer 'n week botter gemaak.  Vandag se melk is "blou" en dit word vrot.  Plaasmelk het nog suur geword en dan dik.  Dikmelk op jou pap met suiker was 'n fees. 

Hoekom kos laevetmelk dieselfde as volroom melk? 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: hoender of water
« Reply #4 on: February 23, 2014, 07:09:09 AM »
Ek verseg om enige gevriesde vleis of groente te koop. Jy weet net nie wat jy kry en hoe vars die produk was toe dit gevries is nie.
Gevriesde hoender?  Kyk hoe lyk daardie pakke wat in die yskaste le.  En word daardie pakke ooit ge-rotate dat die onderste pak weer 'n slag bo le?  En dalk, net dalk, is ek die een wat daardie jaar-oue gevriesde pak vandag koop.  Nope.  En groente wat gevries is en jy self vir jou 'n hoeveelheid afweeg... daardie gevriesde watertjies weeg ook 'n paar gram.  As 'n miljoen mense 'n paar gram ys saam met hul groente koop, lag die manne bank toe.
Melk.. Ek wonder net vanoggend of boksie-melk eg is, of dit uit 'n uier kom. En hoekom is ek altyd die een wie se '55 quality tests' melk suur word... IN die yskas?  Ek neem liters melk terug na waar ek dit gekoop het.  As dit twee dae na oopmaak suur is, sal hulle vir my 'n nuwe varser houer melk gee. Klaar.  Ek wil nie melk in die vrieskas moet sit sodat dit langer vars bly nie.
Ek moet ook erken dat ons temperature buitengewoon hoog was sover, maar ek staan by wat op hulle boksies en houers gedruk is, dat dit vars is ens. 
PnP se bestuurders  se al  :wave: as ek naderkom.  Yip, ek vat hulle aan.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: hoender of water
« Reply #5 on: February 24, 2014, 07:59:36 AM »
Tien uit tien vir jou!  As almal dit doen sal ons baie beter diens kry, asook beter gehalte voedsel. 

Om te weet is om te verstaan.