Author Topic: Die sopdieët  (Read 74445 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die sopdieët
« on: January 04, 2014, 10:18:53 PM »
Hierdie afdeling is so leeg, toe dag ek maar ek plaas hierdie dieët ook hier.  Die feesseisoen het gesorg vir 'n paar ekstra kilo's wat seker nou afgeskud moet word.  

HARTSTIGTING VETVERBRANDINGS DIEET
Die "Sopdieët".

Hierdie dieët kom van die “Special Memorial Hospital” en word gebruik om oorgewig hartpasiente vinnig gewig te laat verloor.

BASIESE SOP
900 g Tamaties
6 Uie
2 Biefblokkies of Hoenderblokkies
1 Pakkie Wit Uie Sop
1 Bondel Seldery
2 Blikkies Groenboontjies
1½ kg Wortels
1 Groenpepper

Sny groente in kleinerige blokkies en top op met water.
Kook vinnig vir 10 minute en verlaag dan die temperatuur sodat dit prut.
Prut tot groente sag is.
Geur met sout, peper en pietersielie. (’n verdere is onder bygevoeg.)

Eet die sop soveel as wat jy wil wanneer jy honger voel – so as jy heeldag honger voel E E T D I E S O P!!! .
Eet soveel soos wat jy wil en wanneer jy wil.
Die sop sal nie kalorieë byvoeg nie.
Hoe meer jy eet hoe meer sal jy verloor.
Jy mag onversoete tee en koffie drink.
As jy melk saam met die tee en koffie drink moet dit vetvrye (skimmed) melk wees.
Jy moet 6 – 8 glase water per dag drink.

DAG 1
Eet slegs sop en vars vrugte.
Enige vrugte behalwe piesangs.

DAG 2
Eet slegs sop en groente.
Geen vrugte nie.
Eet soveel van beide as wat jy wil.
Geen boontjies, ertjies of mielies nie.
Beloon jouself vanaand met ’n GROOT! gebakte aartappel en botter.

DAG 3
Eet soveel sop, vrugte en groente as wat jy wil.
Moenie ‘n aartappel eet nie. (Teen hierdie tyd behoort jy 2 – 3kg te verloor het as jy nie gekul het nie.)

DAG 4
Eet sop, piesangs en vetvrye melk.
Eet ten minste 3 piesangs.
Piesangs het hoe kaloriee en koolhidraad inhoud.
Teen hierdie tyd sal jou liggaam bogenoemde nodige hê om die “cravings” teen te kant.

DAG 5
Eet sop, biefstuk/vis/hoender en tamaties.
Jy mag 500g biefstuk/vis/hoender eet en 6 tamaties.

DAG 6
Eet sop, groente en biefstuk. Jy mag soveel eet soos jy kan.
Geen gebakte aartappel nie.

DAG 7
Eet sop, bruinrys en groente – soveel as wat jy wil.
Jy mag onversoete vrugtesap drink.

Teen hierdie tyd behoort jy 5 – 8 kg te verloor het as jy nie gekul het nie.
Jy kan solank aanhou met die diet as wat jy wil.
Hierdie dieet is ontwerp om vet vinnig te verbrand en om jou liggaaam van gifstowwe te reinig.
Dit is heeltemal veilig – dit word immers vir hartpasiente gebruik voor ‘n groot operasie.
Dit is belangrik dat jy ten minste 24 uur voor jy alkohol inneem met die diet staak.

Jy kan slegs EEN van die biefstuk dae vervang met hoender of vis.

ONTHOU
HOE MEER JY VAN DIE SOP EET, HOE MEER SAL JY VERLOOR!!!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Die sopdieët
« Reply #1 on: January 06, 2014, 11:47:13 AM »
I do not think that the soup has no calories to add - the soup does contain calories albeit very few. The one and only reason why you lose weight fast with this is because it is a starvation diet and is in fact not healthy at all. would I follow this diet apart from enjoying and loving soup? no, definitely not. the other worrying fact is the 8 glasses of water that seems to be a must. if you have all the soup, which is water based and all of 8 glasses of water, it simply is not good for one's body and may in fact be poisonous.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die sopdieët
« Reply #2 on: January 06, 2014, 02:47:38 PM »
Jip, ek moet beslis nou na die vakansie weer stop roep wat al die lekkernye aanbetref.   :icon_biggrin: 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #3 on: January 07, 2014, 06:13:11 AM »
Wat maak 'n ou dan om van al die ekstras ontslae te raak.  As ek net my eetgewoontes moet aanpas sal dit my 'n jaar vat.  :icon_biggrin:

Sal dit regtig soveel skade berokken in 7 dae?  Ek stem saam met die water, ek sal dit nie kan bemeester nie.  As dit wyn was is dit 'n ander saak.  :icon_biggrin:

Is daar 'n alternatief?  'n Dieet wat werk en gesond is? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die sopdieët
« Reply #4 on: January 07, 2014, 07:58:58 AM »
Ek het voor my sussie se troue saam met haar op die driedag-dieet gegaan, maar op die ou end net 0.2 kg verloor. Dit was uiters teleurstellend want dit was 'n tawwe dieet vir my. Ek verloor beter (effens vinniger) wanneer ek stysel uitsny en bietjie oefen. Nie te veel oefen nie- 'n uur doen niks nie, maak my net moeg, maar as ek dit hou by 'n vinnige halfuur help dit ook. In die week geen stysel nie en oor naweke mag ek myself dan bederf met driehoek-broodjies en in die aand rooiwyn.  :icon_biggrin:

Ek dink ek sal wel hierdie dieet probeer- dalk net van die begin af proteïene bysit. Dit sal seker stadiger gaan, maar ek dink dit sal steeds werk.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #5 on: January 08, 2014, 12:13:52 AM »
Ek en 'n paar ander wat ek ken het goeie resultate gehad met hierdie dieët.  Daar was nie newe-efekte nie.  Die voordeel is wel dat jy nie drie dae nadat jy opgehou het weer net dieselfde weeg as voor die dieët nie. 

Ek het 'n ander klein probleempie wat ek ook nie wou noem nie, omdat ek bang is ek misluk dalk.  Op die 20ste November het ek begin om Champix te gebruik.  Dit is 'n driemaande kursus om te help om op te hou rook.  Jy kan nog rook terwyl jy die pilletjies drink, maar binne 'n week het ek net opgehou rook!  Nou sal al die rokers wat al probeer ophou het weet dat jy alles behalwe 'n sigaret in jou mond wil prop.  Hierdie sop is vir my die ideaal as ek wil begin knibbel. 

Nou is ek daar waar ek die sop in die dag eet en in die aand 'n gewone maaltyd wil eet.  Gister was my eerste dag, maar julle moet verstaan!  Ek is met vakansie!   :icon_biggrin:  Al help dit net om nie nog gewig op te tel nie!

Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die sopdieët
« Reply #6 on: January 08, 2014, 07:58:30 AM »
Ek ken beslis die knagerig wees, wanneer 'n mens probeer om op te hou met rook. Sterkte daarmee. Ek het nog nie weer die moed om weer te probeer nie.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Die sopdieët
« Reply #7 on: January 08, 2014, 08:43:19 AM »
Fransi
now you've spoken the truth - that is the exercise part. One can't just go on a "diet" without having the exercise with it and expect to lose weight the proper way. I did serious long distance running from age 40 for 11 years and in that period I ate what I wanted and also drank what I wanted without gaining any weight. I was constant on 69kg. But I must also say that I generally ran 40+ km a week and sometimes up to 130km in a week and that alone burned fat like you wouldn't believe.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #8 on: January 08, 2014, 08:51:59 AM »
Ai ai, as die ou kniege nie meer wil nie is dit 'n probleem.  Ek was nog altyd lui om oefening te doen, maar ek weet dit gaan hand aan hand met 'n dieet.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die sopdieët
« Reply #9 on: January 08, 2014, 11:32:45 PM »
Sjoe, dit is omtrent ver. Ek was so trots op my ongeveer 20 km 'n week, maar die feesseisoen het dit tydelik stop gesit. Ek sal een of ander tyd maar weer moet begin.

Ja, ek begin ook al die knie-ding voel, veral met draf.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die sopdieët
« Reply #10 on: January 11, 2014, 06:10:41 PM »
iewers raakgeloop ... sommer vir afwisseling ...

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #11 on: January 12, 2014, 10:47:47 PM »
Ek sal enige dag op daardie "sop" dieët gaan.   :icon_biggrin:  Na die tweede bakkie sal ek nie meer omgee oor hoeveel ek weeg nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die sopdieët
« Reply #12 on: January 13, 2014, 07:41:27 AM »
 :icon_biggrin:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Die sopdieët
« Reply #13 on: January 13, 2014, 08:50:54 AM »
yes it is a very good soup diet - it is the starter diet pack of the Bobby Sands diet and totally Irish. I personally prefer the Bushmills flavour to the Jamieson  :angel4:

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Die sopdieët
« Reply #14 on: January 20, 2014, 09:12:29 AM »
My advies om gewig te verloor is om nie 'n dieet te volg nie.  Berei net jou kos gesonder voor en eet 5 klein maaltye elke dag.  As jy 'n gesonde lewenstyl volg dan sal jy natuurlik gewig kan afskud.  Ek haat dit om op 'n dieet te wees want jy mag nie die eet nie, jy mag nie daai eet nie, ag nee wat, ek eet sommer waarvoor ek lus is net in klein porsies.

Ek het seker al die diete wat daar is gevolg en 'n "crash diet" is baie sleg vir jou liggaam en jy kan eintlik gewig optel na die dieet. 

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Die sopdieët
« Reply #15 on: January 21, 2014, 11:39:08 AM »
Google so bietjie "clean eating" en ek is seker jy sal 'n gesonder lewenstyl kan aanpas met hierdie riglyne sonder om te moet dieet.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #16 on: January 22, 2014, 08:57:52 PM »
Ons het gister terug gekom van Auckland af en is nou weer by Jannas-hulle in Whaikanai.  Nou gaan ek weer self kos maak en nog 'n paar dae die sopdieët volg, dan sal ek weer gemaklik voel in my klere.   :icon_biggrin:

Ek sal gaan lees, dankie Terry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Die sopdieët
« Reply #17 on: June 26, 2014, 10:47:59 AM »
Hierdie sop is dieselfde as die koolsop dieet.  In plaas van die boontjies, gebruik jy net baie kool.

Ek het al baie opgelees oor hierdie dieet en dit was ontwerp vir mense wat vir operasies moes gaan en vinnig gewig moes verloor.

Ek doen nou dieselfde dieet, maar die koolsop een.  Ek het ook nie my sop met die pakkie wit uie sop gemaak nie, want die sout inhoud is net te hoog in daardie pakkies.  Ek het eerder 2 eetlepels chilli sous bygesit.  As jou mond brand worry jy nie hoeveel sout daar in is nie   :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #18 on: July 04, 2014, 08:20:11 AM »
Hier's ek weer.   :icon_biggrin:

Die eerste tien kilo's was 'n stryd!  Nou durf ek die volgende paar hardnekkige kilo's aan en ek weet dit gaan baie moeiliker wees, maar aanhouer wen mos.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die sopdieët
« Reply #19 on: July 04, 2014, 01:06:13 PM »
Sjoe julle kan maar daardie sop eet. Ek stap liewer elke dag 'n kilometer verder as normaalweg om ontslae te raak van kilogramme voor ek sop eet. Lekker eet!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #20 on: July 06, 2014, 09:59:16 AM »
Ai Ans, ek stap en stap en ontbos die erf, speel jukskei en veerpyltjies.  Nou, na twee maande, steek my skaal vas en daar staat hy!  Nou oorweeg ek daardie sop!   :dontknow:
Dalk ken iemand 'n goeie dieet wat ek kan probeer!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die sopdieët
« Reply #21 on: July 28, 2014, 08:28:22 AM »
Ek moet self weer halt roep en beter begin eet en oefen. Ophou rook is nie goed vir die klerekas nie. ;-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #22 on: November 24, 2014, 08:07:53 AM »
Hi Fransi,  dit is nou 'n jaar vandat ek opgehou rook het.   Einde Augustus het ek my doel bereik met die oorgewigstryd en tot nou toe die gewiggies afgehou.  Nou pak ek weer die volgend paar kilo's aan.

Hoe gaan dit met julle?  Hou julle nog vol?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die sopdieët
« Reply #23 on: December 22, 2014, 09:53:55 AM »
Ons hou nog uit, ons het net baie vet geword. Die volgende doelwit: trek my skielike soettand. ;-)

Baie geluk met die gewig en aanhou sterkte met die rook.  :love7:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #24 on: January 17, 2015, 01:35:23 PM »
Lekker lag ek nou vir daai prentjie doe onner...  'Soup of the Day... Whiskey'
Luv it.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #25 on: January 17, 2015, 01:36:40 PM »
My Soup of the Day is koffie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die sopdieët
« Reply #26 on: January 20, 2015, 12:58:14 PM »
O ja, dit is 'n stryd met die gewig.  Veral noudat ek nie meer rook nie wil ek alles in my mond sit. 

Hier op Leeupoort waar ons nou bly het ons baie baie swak opvangs, dit is hoekom ek so skaars is.  Vergewe tog. 
Om te weet is om te verstaan.