Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat GROENBONE

(1/4) > >>

Terry:
Hou jy van groenbone en het jy 'n spesiale resep?

Kom deel gerus jou wenke en resepte.

Kom ons praat GROENBONE   :toothy4:

Fransi:
Ek hou daarvan om spek of feta by dit te sit. Heerlik. :-)

PM:
En hier is ek ook.   :icon_biggrin:

Ons is baie lief vir groenbone.  Ek kook dit maar nog op die ou boere manier, ertappels en uie.  Ons is egter baie lief vir enige gaarmaakmetode. 

Hier in NZ kos die groenbone tussen $4 en $4.50 vir 'n klein pakkie.  Nie sleg as jy $'s het nie, maar met ons Rand is dit effens duur. 

Terry:
Ek hou van die ou manier van groenbone gaarmaak, maar ek hou van my romerige, kaserige bone.  Ek kook dit dieselfde manier, met baie witpeper, halwe koppie room en een koppie gerasperde cheddar.

Wat ek volgende keer gaan probeer is dieselfde maar net met crispy stukkies spek in.  Dankie Fransi, dit klink heerlik.

Ek het gisteraand vir ons kerriebone gemaak en hier is my resep:

700g gesnyde groenbone
3 gekapte uie
1 & 1/2 koppies suiker
1 koppie wit asyn
2 eetlepels kerriepoier
1 eetlepel turmeric
2 eetlepels maizena gemeng met bietjie water
sout na smaak

Metode:
Braai die uie tot sag en voeg dan die bone by.  Braai vir nog so 10 minute, roer heeltyd. 
In 'n souspan meng die res van die bestanddele en laat dit kook tot die suiker opgelos is.
Gooi die sous oor die bone en uie en braai vir nog so 5 minute.
Laat dit afkoel en sit in 'n glashouer in die yskas.

Hieronder is 'n foto van my kerriebone.

Jeannedarc:
I loved my mom's beans - sliced in thin slivers and then cooked with onions tomato and potato, salt and white pepper and mashed when cooked. lovely when hot but so much tastier icecold on a piece of toast.

I'm not much for cooking with cream but stringy green beans roasted with a generous amount of garlic and prosciuttu and jalapeno in olive oil until crispy and then add the cream and simmer for about 5mins. yummy

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version