Author Topic: Ontbytpan  (Read 3694 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Ontbytpan
« on: February 22, 2014, 12:19:49 PM »
Spaar jou die moeite van baie skottelgoed en maak dié eenpan-gereg in ’n japtrap vir ontbyt.

40 g botter
1 ui
1 knoffelhuisie
300 g maalvleis
1 blik (410 g) gekapte tamaties
sout en vars gemaalde swartpeper
5 ml (1 t) sagte bruinsuiker
15 ml (1 e) worcestersous
250 g klein bruinsampioene
6 varkworsies
6 eiers
gerasperde kaas, roosterbrood en vars roketblare vir voorsit (opsioneel)

Verhit die helfte van die botter in ’n groot vuurvaste pan. Kap die ui en knoffel grof en braai dit saam met die maalvleis tot gaar.
Roer die tamaties, sout, peper, suiker en worcestersous by die maalvleis en laat 10 minute prut. Skep uit en hou eenkant.
Verhit die res van die botter in dieselfde pan en braai die sampioene en varkworsies
oor lae hitte tot gaar.
Skep die maalvleismengsel terug in die pan en maak 6 openinge met jou houtlepel vir die eiers.
Breek die eiers oop en glip ’n eier in elke opening. Plaas ’n deksel op en stoom die eiers tot gaar.
Sit voor saam met roosterbrood, gerasperde kaas en vars roketblare indien verkies.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ontbytpan
« Reply #1 on: February 24, 2014, 08:35:08 AM »
Heerlik!  Hierdie maalvleis werk baie goed as 'n mens een groot pan vol maak en dit in bakkies vries en gebruik wanneer jy 'n huis vol mense het.  Dit is dan gouer om net die res van die resep te maak. 
Om te weet is om te verstaan.