Author Topic: Thereza se varkribbetjies  (Read 4081 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Thereza se varkribbetjies
« on: November 18, 2013, 11:24:35 AM »
Thereza se varkribbetjies:

Bestanddele:

1 Lekker groot heeltsuk varkribbetjie (ek het by die slaghuis gevra dat hulle die ribbetjie se vel afhaal en die ribbetjie middel deur sny om kleiner ribbetjies te he)
1 Koppie soy sous
1/2 Koppie dik soet soy sous
1/2 Koppie bruinsuiker
5 Eetlepels sesame olie
2 Groot uie gekap
2 Eetlepels gekapte knoffel
2 Eetlepels fyn gemmer
4 Koppies water
Handvol klein gesnyde grasuie

Dit sal goed werk om die ribbetjies eers te marineer, maar ek het nie regtig tyd gehad vir dit nie en dadelik begin braai.

Verbruin eers jou ribbetjies in olyfolie.  Haal die vleis uit en braai dan jou uie in dieselfde pot.  Voeg die knoffel en gemmer by en braai vir so 3 minute.  Sit die ribbetjies by die uie braaisel en braai vir so 10 minute.  Gooi soy souse, suiker en sesame olie by.  Begin met 2 koppies water en laat die ribbetjies op laag kook vir 2-3 ure.  Kyk maar heeltyd en voeg water by soos wat jy dit nodig het.

Hierdie resep maak 'n heerlike sous vir rys of aartappels.  Ek het die ribbetjies in 'n bak geskep en die sous verder gekook tot dit bietjie dikker en meer intens was.

Gooi die grasuie bo-oor die ribbetjies en bedien.

Lekker sappige sagte vleis wat van die been afval is mos altyd lekker, maar jy kan die ribbetjies vir so uur en 'n half kook as jy wil he die vleis moet bietjie meer tekstuur he.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Thereza se varkribbetjies
« Reply #1 on: November 18, 2013, 12:14:36 PM »
Dit klink en lyk heerlik.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Thereza se varkribbetjies
« Reply #2 on: November 19, 2013, 11:39:17 AM »
Baie dankie Terry, ek was daar ek kan bevestig dit is 'n uitmuntende dis.  Ons het soos konings ge-eet.  :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.