Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat VARK RIBBETJIE

(1/5) > >>

Terry:
Almal het hulle eie idees hoe om die perfekte vark ribbetjie te maak.  Kom praat saam en deel jou wenke en resepte.

Kom ons praat VARK RIBBETJIE   :toothy4:

AB:
ek braai maar gewoonlik die vark rib op die kole. SOms sit die vrou dit in die oond. resep moet jy my nie vra nie, ek maak kole en braai, sy doen die vooraf.

PM:
Laat ek julle vertel:
Ons vlieg mos Woensdag NZ toe tot Februarie.  Gerhard en Terry het vir ons 'n "afskeids/kersmaal" voorberei.  Dit werk so:
Ons kies die hoofbestanddele - vark en aartappels - en hulle hou kompetisie.  Ons beoordeel die geregte. 
Terry se geregte het regtig los hande gewen.  Daardie varkvelletjies was voor by die suiker!

Terry, kom vertel hoe jy jou varkgeregte gemaak het.  Dit was wenners!

Terry:
Dankie PM.  Ek dink as Gerhard nie so half goor gevoel het nie sou hy gewen het.  Hy verbaas my altyd met sy spesery kombinasies.  Maar nou ja, toe wen ek, en ek is nou sommer heeltemal verslaaf aan hierdie "Asian" geur.

Thereza se vark ribbetjies:

Bestanddele:

1 Lekker groot heeltsuk varkribbetjie (ek het by die slaghuis gevra dat hulle die ribbetjie se vel afhaal en die ribbetjie middel deur sny om kleiner ribbetjies te he)
1 Koppie soy sous
1/2 Koppie dik soet soy sous
1/2 Koppie bruinsuiker
5 Eetlepels sesame olie
2 Groot uie gekap
2 Eetlepels gekapte knoffel
2 Eetlepels fyn gemmer
4 Koppies water
Handvol klein gesnyde grasuie

Dit sal goed werk om die ribbetjies eers te marineer, maar ek het nie regtig tyd gehad vir dit nie en dadelik begin braai.

Verbruin eers jou ribbetjies in olyfolie.  Haal die vleis uit en braai dan jou uie in dieselfde pot.  Voeg die knoffel en gemmer by en braai vir so 3 minute.  Sit die ribbetjies by die uie braaisel en braai vir so 10 minute.  Gooi soy souse, suiker en sesame olie by.  Begin met 2 koppies water en laat die ribbetjies op laag kook vir 2-3 ure.  Kyk maar heeltyd en voeg water by soos wat jy dit nodig het.

Hierdie resep maak 'n heerlike sous vir rys of aartappels.  Ek het die ribbetjies in 'n bak geskep en die sous verder gekook tot dit bietjie dikker en meer intens was.

Gooi die grasuie bo-oor die ribbetjies en bedien.

Lekker sappige sagte vleis wat van die been afval is mos altyd lekker, maar jy kan die ribbetjies vir so uur en 'n half kook as jy wil he die vleis moet bietjie meer tekstuur he.

Terry:
O ja, die varkvelletjie was gesny en ek het baie growwe sout ingevryf.  Ek het so 3 eetlepels olyfolie bo-oor gegooi en nog meer sout opgesit.  Dit was in die oond vir omtrent 30 minute teen 220grade. 

Dis nou 'n wenresep vir crispy "pork crackling" wat jy nie maklik in die winkels te koop sal kry nie.   :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version