Author Topic: Kom ons praat EIERS  (Read 8012 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat EIERS
« on: October 21, 2013, 10:49:55 AM »
Eiers is seker een van die mees gebruikte items in vandag se kombuis.

Weet jy van enige voordele/wenke/resepte wat jy kan kom deel?

Kom ons praat EIERS   :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat EIERS
« Reply #1 on: October 21, 2013, 11:14:06 AM »
Ek is verlore sonder eiers in my kombuis. 

Wenke wat werk.

Gebruik mayonnaise om oor pasteie te smeer: Dit bevat ook eiers en so spaar jy 'n eier.
Gebruik natuurlike produkte om Paas-eiers te kleur.
Beet – Rooi
Saffron – Geel
Spinasie sap – Groen
Geklitste eiers met 'n knippie sout kan vir drie maande gevries word.
Moet nooit 'n eier in die dop in 'n mikrogolf kook nie, want dit sal ontplof.
'n Lepel asyn in die water wanneer jy 'n eier posjeer keer dat die wit versprei.
Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit 'n speld of teelepel in die kastrol.
Om te toets of 'n eier vars is, sit dit in 'n maatbeker met 600ml water. As die eier baie vars is, sal dit op die sykant opdie bodem lê.
Sny hardgekookte eiers deur met mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.
Vir lekkerder roereiers of omelette, klits suurroom, roomkaas of room by.
Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.
Wanneer jy eiers bak, sprinkel 'n bietjie sout of meel oor die olie voordat hy die eier in die pan breek. Dit keer dat die eier aan die bodem vassit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat EIERS
« Reply #2 on: October 21, 2013, 01:50:48 PM »
Ek moet lus wees vir 'n eier voor ek hom eet en nou en dan kry ek hierdie lus.  Vandag is een van daai dae en toe gaan soek ek 'n lekker resep om te kom deel.

Ek so nooit kon dink daar is soveel ander maniere om gevulde eiers te maak nie, so hier is maar net een ander manier.  Jy kan eksperimenteer met salmon, fyngensyde beesvleis, fyngekapte grasuie, tuna ens.

Jy het nodig:

Eiers
Mayonnaise
1 Ryp advokadopeer
1/2 Pakkie spek
Room
Grasuie
Sout en peper

Kook die hoeveelheid eiers wat jy nodig het.  Laat verkoel en haal dop af.  Sny in die helfte deur en sit eiergeel in 'n aparte bak.

Meng mayonnaise, 1 advokadopeer, fyngekapte grasuie en klein stukkies klaar gaargemaakte spek in.  Meng alles saam en voeg sout en peper by na smaak.  Vule lke eier met die vulsel. 

He dan ekstra spek oor en sit dan 'n klein repie bo-op elke eier.

Hierdie foto hieronder wys ook hoeveel ander maniere en resepte jy kan probeer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat EIERS
« Reply #3 on: October 22, 2013, 10:03:23 AM »
Hierdie gevulde eiers is altyd 'n wenner by 'n vingerete.  Dankie Terry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat EIERS
« Reply #4 on: November 13, 2013, 03:36:19 PM »
laat my idn k aan die vrou wat haar skoonseun die oggend met ontbyt vra toe sy eiers bak: "Hoe hou jy van jou eiers?"

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons praat EIERS
« Reply #5 on: September 08, 2016, 12:06:25 AM »
Resep vra drie geskeide eiers... hoe weet mens watter is nog gelukkig getroud?  :dontknow: :icon_scratch:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat EIERS
« Reply #6 on: September 08, 2016, 10:14:56 AM »
 :icon_biggrin:

Nou het ek baie geleer. Baie dankie. :-)

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons praat EIERS
« Reply #7 on: September 12, 2016, 06:03:52 AM »
Nooit te oud om te leer nie Fransi. So het ek dan ook die antwoord gevind op die vraag 'hoe weet jy watter eiers is nog gelukkig getroud' as die resep 'geskeide eiers' verlang  :toothy4:

NS: Seker die maklikste skeidingsmetode - 'n effens inmekaargedrukte plastiek waterbottel wat jy regoor die eiergeel hou...sodra jy drukking verminder, glip die geel perfek in die bottel in!





En hier gaan jy probleme optel want die skeiding gaan nie maklik geskied nie  :icon_biggrin:


« Last Edit: September 12, 2016, 06:06:32 AM by Meraai vannie Baai »