Author Topic: Kom ons praat VARK RIBBETJIE  (Read 22690 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« on: November 18, 2013, 09:14:49 AM »
Almal het hulle eie idees hoe om die perfekte vark ribbetjie te maak.  Kom praat saam en deel jou wenke en resepte.

Kom ons praat VARK RIBBETJIE   :toothy4:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #1 on: November 18, 2013, 10:27:29 AM »
ek braai maar gewoonlik die vark rib op die kole. SOms sit die vrou dit in die oond. resep moet jy my nie vra nie, ek maak kole en braai, sy doen die vooraf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #2 on: November 18, 2013, 10:45:09 AM »
Laat ek julle vertel:
Ons vlieg mos Woensdag NZ toe tot Februarie.  Gerhard en Terry het vir ons 'n "afskeids/kersmaal" voorberei.  Dit werk so:
Ons kies die hoofbestanddele - vark en aartappels - en hulle hou kompetisie.  Ons beoordeel die geregte. 
Terry se geregte het regtig los hande gewen.  Daardie varkvelletjies was voor by die suiker!

Terry, kom vertel hoe jy jou varkgeregte gemaak het.  Dit was wenners!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #3 on: November 18, 2013, 11:12:15 AM »
Dankie PM.  Ek dink as Gerhard nie so half goor gevoel het nie sou hy gewen het.  Hy verbaas my altyd met sy spesery kombinasies.  Maar nou ja, toe wen ek, en ek is nou sommer heeltemal verslaaf aan hierdie "Asian" geur.

Thereza se vark ribbetjies:

Bestanddele:

1 Lekker groot heeltsuk varkribbetjie (ek het by die slaghuis gevra dat hulle die ribbetjie se vel afhaal en die ribbetjie middel deur sny om kleiner ribbetjies te he)
1 Koppie soy sous
1/2 Koppie dik soet soy sous
1/2 Koppie bruinsuiker
5 Eetlepels sesame olie
2 Groot uie gekap
2 Eetlepels gekapte knoffel
2 Eetlepels fyn gemmer
4 Koppies water
Handvol klein gesnyde grasuie

Dit sal goed werk om die ribbetjies eers te marineer, maar ek het nie regtig tyd gehad vir dit nie en dadelik begin braai.

Verbruin eers jou ribbetjies in olyfolie.  Haal die vleis uit en braai dan jou uie in dieselfde pot.  Voeg die knoffel en gemmer by en braai vir so 3 minute.  Sit die ribbetjies by die uie braaisel en braai vir so 10 minute.  Gooi soy souse, suiker en sesame olie by.  Begin met 2 koppies water en laat die ribbetjies op laag kook vir 2-3 ure.  Kyk maar heeltyd en voeg water by soos wat jy dit nodig het.

Hierdie resep maak 'n heerlike sous vir rys of aartappels.  Ek het die ribbetjies in 'n bak geskep en die sous verder gekook tot dit bietjie dikker en meer intens was.

Gooi die grasuie bo-oor die ribbetjies en bedien.

Lekker sappige sagte vleis wat van die been afval is mos altyd lekker, maar jy kan die ribbetjies vir so uur en 'n half kook as jy wil he die vleis moet bietjie meer tekstuur he.


Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #4 on: November 18, 2013, 11:19:47 AM »
O ja, die varkvelletjie was gesny en ek het baie growwe sout ingevryf.  Ek het so 3 eetlepels olyfolie bo-oor gegooi en nog meer sout opgesit.  Dit was in die oond vir omtrent 30 minute teen 220grade. 

Dis nou 'n wenresep vir crispy "pork crackling" wat jy nie maklik in die winkels te koop sal kry nie.   :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #5 on: November 19, 2013, 11:42:18 AM »
Dit was uit die boek uit!  Jy kan dit sommer bemark Terry!  Ek sal voor in die ry staan met my bestelling.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #6 on: November 20, 2013, 09:34:37 AM »
ek is bevrees ek maak nooit ribbetjie nie want ek haat vleis aan bene - ek hou nie daarvan om vleis met my hande vas te hou nie. maar as die vark ribbetjie deur die Portugese gedoen word is dit alte njammie - maar o wee daardie grate

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #7 on: November 20, 2013, 09:40:22 AM »
Ek is ook nie gek oor vleis met bene nie.  Dit laat my altyd dink aan die kos in China wat so vol bene is en dan moet jy dit in die bordjie voor jou uitspoeg.  (Ware storie).  Om so lekker mondvol vleis te vat en dan agter te kom daar is amper net bene in jou mond sit my vreeslik af.

Die lekker ding van die varkribbetjie is dat jou slaghuis die bene kan verwyder sonder om die ribbetjie uitmekaar te haal.  Ons het 2 tipes ribbetjies by ons slaghuis gevra, die een met bene en die een sonder.

Ek dink die volgende keer wat ek dit maak gaan ek die een sonder bene gebruik.


Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #8 on: November 22, 2013, 08:10:53 AM »
Dit klink alte heerlik en so 'n ribbetjie wat reg gaargemaak is voortreflik. Ek moet bieg en erken ek is mal oor die bene af eet. Dit is amper vir my soos 'n ritueel. Julle wil nie sien hoe lyk 'n hoenderbeen nadat ek met dit klaar is nie (bloos ek sommer). My man het my aan die begin skeef aangekyk en gesê daar is nog vleis, maar hy is dit nou al gewoond, ek hoop :-p

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #9 on: November 22, 2013, 10:34:07 PM »
Dan sal jy en my man goed oor die weg kom.  Enige bene is vir hom die regtes.  Hy lief dit ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #10 on: November 25, 2013, 08:27:15 AM »
Toemaar PM, ek dink oom Hannes is dit nou al gewoond en ek het hom al self die bene so sien eet.   :icon_biggrin:

Ons het nog 'n ribbetjie in die vrieskas gehad en ek het hom Saterdagaand uitgehaal om te ontdooi.  Sondagoggend het ek die ribbetjie in 'n ziploc sak gesit en seker 'n liter spare rib marinade oor gegooi en goed in die ribbetjie ingevryf.  Ek wil hom vir 'n hele dag laat marineer en sal vandag teen so 3uur hom in foelie sit en vir 3 ure in die oond teen 160grade.

Ek sal 'n fototjie kom deel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #11 on: November 26, 2013, 02:57:36 AM »
Nou laat jy my mond water.  Ek het orals hier gesoek na die marinade wat julle op die kebabs sit, maar ongelukkig nie gekry nie.  Nou sal julle twiekies moet koppe bymekaar sit en 'n reseppie gee wat ek kan probeer. 

Dit sal net  MOET  werk, want teen R220.00 per kilo vir kruisskyf is dit nie 'n grap nie en daar is nie spasie vir floppies nie. 
« Last Edit: November 26, 2013, 02:59:42 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #12 on: November 26, 2013, 10:21:56 AM »
Dis nou jammer hulle het nie daardie marinade nie, maar ek dink hierdie resep sal dalk die beste werk.  Ek sal dan twee eetlepels curry poeier by meng.

http://chefjoeyravioli.wordpress.com/2013/02/18/homemade-bbq-marinade/

Laat weet of dit werk?

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #13 on: November 26, 2013, 10:46:15 AM »
My ribbetjie van gister het heerlik na 5 ure in die oond uitgekom.  Die vleis was sappig en het van die bene afgeval.

By dit het ek 'n brussel sprout en aartappel mash gemaak en die res van die brussel sprouts gebraai met uie vir bietjie ekstra tekstuur.  Ek het ook sommer 'n gekoopte koolslaai by dit bedien.

Ek is altyd lief om ribbetjies in 'n restaurant te bestel, maar moet se, noudat ek weet hoe om lekkerder ribbetjies te maak sal ek nie gou weer iewers gaan eet as die ribbetjie drang inskop nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #14 on: November 27, 2013, 02:05:52 AM »
Baie dankie Terry, ek plak dit sommer hier dan hoef ek nie later weer daarna te gaan soek nie. 

Jou kossies lyk goed genoeg vir 'n koning.  Soos ek jou ken is jou kos altyd 'n wenner. 

BBQ Marinade can be used on different items from Ribs, to Chicken, to Steak, and Pork. This is a simple BBQ Marinade. The recommended serving size is 2 tablespoons. This recipe is approximately 3 cups of liquid which converts to 48 tablespoons or 24 servings.

Sweet Homemade BBQ Sauce
Ingredients:
1-1/2 Cups Dark Brown Sugar, packed
1-1/4 Cups Ketchup
1/2 Cup Red Wine Vinegar
1/2 Cup Water
1 Tablespoon Worcestershire Sauce
2-1/2 Teaspoons Ground Mustard
2 Teaspoons Paprika
1-1/2 Teaspoons Kosher Salt
1 Teaspoon Fresh Ground Black Pepper

Preparation:
Measure and add all ingredients to a large bowl and whisk well until the sugar has dissolved and the spices are thoroughly distributed. Use to marinade your steak, chicken, or pork. You can cover and store in fridge in an airtight container for about 7 days.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #15 on: November 28, 2013, 02:33:17 PM »
please forgive my ignorance but what is kosher salt?

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #16 on: November 28, 2013, 02:48:59 PM »
Ek dink dis maar dieselfde as seesout, daaride growwe groot soutkorrels.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #17 on: November 28, 2013, 09:08:44 PM »
Ek het ook gaan soek wat dit is en het hierop afgekom:  "Kosher salt contains no additives"  nou weet ek ok.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #18 on: February 22, 2014, 12:30:52 PM »
Rooibostee varkribbetjie:

1 heel varkrib (sowat 2 kg)
MARINADE
250 ml (1 k) sterk rooibostee
125 ml (½ k) olyfolie
125 ml (½ k) tamatiesous
125 ml (½ k) sterk blatjang
30 ml (2 e) worcestersous
45 ml (3 e) balsemieke asyn
10 ml (2 t) knoffel, gekap
10 ml (2 t) heelkorrelmosterd
2 sopies brandewyn
3 ml (ruim ½ t) tabascosous
5 ml (1 t) suurlemoenpeper
5 wonderpeperkorrels
3 lourierblare
SWOERD
growwe sout
olyfolie
suurlemoensap

    Sny die swoerd (vet) van die ribbetjie af en hou in die yskas.
    MARINADE Meng die bestanddele vir die marinade in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
    Laat afkoel, giet oor die rib en marineer oornag in die yskas. Haal die rib uit die marinade.
    SWOERD Sny met ’n baie skerp mes van bo na onder lang kepe in die vel sonder om dit dwarsdeur te sny; die vel moet steeds een stuk wees.
    Vryf die vel goed in met die sout, olie en suurlemoensap. Braai die swoerd op baie warm kole tot bros en breek in stukke vir ’n voorgereg.
    RIB Nou is die kole reg vir die rib. Braai dit 45 minute liniaalhoogte van die kole af. Bedruip deurentyd met die marinade.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #19 on: February 24, 2014, 08:13:43 AM »
Dankie vir die resep Terry.  Dit sal goed werk hier in die bos op die kole.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #20 on: October 09, 2015, 12:06:03 PM »
Terwyl een van ons gaste hierdie onderwerp 'print' raak ek slimmer en hongerder  :notworthy: :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #21 on: July 24, 2016, 10:08:54 AM »
Gerhard maak die heerlikste varkrib op die kole.  Nou is ek ook honger Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat VARK RIBBETJIE
« Reply #22 on: August 01, 2016, 04:48:14 PM »
Dit is wonderlik om te weet hoeveel mense van die forum gebruikmaak vir inligting.  Ons is wenners!
Om te weet is om te verstaan.