Author Topic: Kom ons praat TAMATIES  (Read 23063 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat TAMATIES
« on: November 11, 2013, 12:03:41 PM »
Vir my is tamaties heerlik in en op omtrent enige ding wat ek eet, maar nie almal voel dieselfde nie.  Daar is baie mense wat dit glad nie wil of mag eet nie.

Het jy enige wenke of resepte? 

Kom gesels saam, kom ons praat TAMATIES   :toothy4:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #1 on: November 12, 2013, 07:06:51 AM »
Tamatie en avo-slaai met suurlemoensap. Heerlik. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #2 on: November 12, 2013, 09:09:55 AM »
Ek lief tamaties, rou en soms gaar, maar meer rou.
'n Braaibroodjie met tamatie, uie en kaas is een van my gunsteling disse. 
'n Oopbroodjie met tamatie en origanum.  Hmmm!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #3 on: November 12, 2013, 09:31:56 AM »
Ek is netso lief vir braaibroodjies met tamatie, kaas en uie, maar ek dink my gunsteling is die klein kerstamaties stadig gerooster in die oond met olyfolie.  Dit is dan heerlik gemeng met pasta en bietjie parmesan kaas bo-oor.

Hier is nou iets wat ek gewens het ek het hierdie naweek al geweet, as jy sonbrand het, kan jy fyngemaakte tamatie met jogurt meng en aansmeer aan die seer gebrande dele, wat help om die warm vel af te koel.  Die jogurt reaggeer as 'n bevogtiger terwyl die tamatie die vel streel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #4 on: November 12, 2013, 10:09:28 AM »
Ja, dit sou gehelp het nê! 

Terry, jy maak my altyd honger!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #5 on: November 13, 2013, 10:49:23 AM »
tamaties is heerlik en help prostaat kanker keer maar dit gee gout wat skrik vir niks.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #6 on: November 13, 2013, 10:57:20 AM »
Vertel my van dit AB.  As gevolg van die gout probleem koop ons nou nooit meer tamaties in hierdie huis nie, en dis nou wanneer ek die meeste na dit moet smag.

Ek wonder, kan dit die gout vererger as die tamaties gaar is?


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #7 on: November 14, 2013, 05:51:58 AM »
gits ek weet nie van gout en gaar of rou tamaties nie. Dis blykbaar die suur in die tamaties en as die tamatie gaar is het die suur waarheen gegaan?

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #8 on: November 14, 2013, 08:43:53 AM »
gout is die effek van te hoe uriensuur en ek het my bedenkinge of enige produk wat suur bevat, 'n alreeds verhoogde uriensuur gaan vererger. maar dis my eie mening want ek het nog nooit gout gehad nie, nie waarvan ek bewus was of is nie. blomkool en broccoli geprut in tamatie en uie smoor met sout, grated black pepper and cinnamon en feta oor gefrommel en dan in die oond vir 45min. nou ek is nie lief vir enige van die kool-vorme nie maar ek maak hierdie gereg en wil dit nie deel nie.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #9 on: November 14, 2013, 09:04:08 AM »
dalk kan ons op i ander draad oor gout gorrel. et wete net dis vrek seer, weet nei of nierste of gout die ergste is nie, ek dink dlak nierstene, ek het al al 2 gehad.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #10 on: November 14, 2013, 09:56:36 AM »
Gelukkig is ek ook nie met gout gepla nie, maar ek het al gesien hoe erg dit pyn kan veroorsaak.  Ek dink mense wat gout kry moet wegbly van bier af.  Tamaties? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #11 on: November 14, 2013, 10:17:21 AM »
Hier is 'n lys van kosse wat vermy moet word as jy gout het.  Snaaks genoeg word tamaties nie genoem nie.

http://blpublications.com/html/Gout.pdf

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #12 on: November 14, 2013, 06:43:37 PM »
ek het al gewonder wat mag ek eet, lyk my dis net koue water en warm liefde waarvan ek mag leef. ek kry gout, het al nierstene gehad, hoë bloeddruk en geneig tot hoë cholestrol en geneig tot hoë suiker. wat vir die een goed is is vir die ander sleg.
ek het 6 weke gelede uitgevind my suiker neig hoog en toe maak ek punt daarvan om minder suiker en kJ kos in te neem en net 1 bord kos ipv 2 per ete en nie tussen in peusel nie en gas koeldrank uitsny. was vandga by dr en sy seg dis die laagste wat my bloeddruk nog by haar gemeet het en ek het in di e6 weke 5 en half kg afgeval.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #13 on: November 15, 2013, 06:05:03 AM »
Tamaties en ertjies is die eerste kosse wat ek na smag as ek bietjie tekort het aan vitamienes of dinge.
Vars, vars tamatie op 'n toast broodjie met botter/marg en vars peper... mmmmm.
(Ek eet nie ekstra sout nie.)
elle

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #14 on: November 15, 2013, 10:01:51 AM »
Sjoe AB, dis wonderlik!  Dit wys mens net dat as jy 'n lewenstyl verandering maak hoef mens nie te dieet nie.  Baie geluk.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #15 on: November 15, 2013, 01:30:57 PM »
Dan is jy nou brand maer AB.  Daar is mos nie ekstratjies aan jou lyf nie.   :dontknow:

Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #16 on: November 15, 2013, 03:33:47 PM »
noggie so maer nie, wil nog so 5 na 10 probeer afval. ek het gsiter by dr 95 geweeg, dis kg nie pond nie. Ons het nie 'n skaal in die huis nie...ook uitgebrand, noggie weer een gekry nie. Ek gaan elke 10 weke dr toe vir hormoon inspuiting en weeg dan op haar skaal. dan is die suprise meer as ek sien of dit op of af is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #17 on: November 17, 2013, 03:29:28 PM »
Ja die gewiggies kan baie maklik optel.  Ek glo jy sal dit spoedig doen, ken jou vir iemand wat sy doelwitte bereik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #18 on: November 17, 2013, 09:21:24 PM »
ja vrek dis waar daai afval kan net so gou in 2 weke opetel word. Kan nie laat slaplê nie.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #19 on: November 18, 2013, 08:57:58 AM »
Ek ken daai vetjies afskud en optel baie goed.  Ek haat dit om te dieet en wil eet wat ek wil.  Op die einde van die dag dink ek die maklikste is maar om 'n lewenstyl verandering te maak en jouself darem so een keer 'n week te bederf met ietsie lekker.


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #20 on: November 18, 2013, 10:20:41 AM »
ek eet ook wat ek wil. gelukki het ek my soet tande redelik ontgroei. tot so 15 jaa rgelede het ek konfyt by als geëet, wors ( toe het ek nog ors eëet) eiers, brood, soms saam met kos ook. Ek het suiker op my pap gegooi. Ek het toe reeds nie suiker in my koffie en tee gedrink nie. SO met die tyd het ek al minder soet goed geëet of drink. AL wat ek nou gedoen het is mom tjoklits en gas koeldrank en koekies en chips uit te sny, ek het in elk geval nie baie daarvan gehou nie en nou het ek verskoning as een seg proe net die lekker goed. As die lus vir kou my beetpak dan drink ek water en dit help in 'n mate vir my. Gelukkig hou ek al van kleintyd af nie juis van koek (veral nie tjoklitkoek ) nie en ook nie iceing nie. ek kyk ook maar op die verpakkings om te kyk hoeveel kj die goed bevat en jy al verbaas wees om te sien goed wat kamelaaik maer maak kos is het hope kJ. Ek sny ook gas koeldrank uit en drink maar water en soms caledon se gegeurde water wat 2kJ in 500 ml het. baie ander gegeurde water het 250 na 450 kJ per bottel.

Ja dis nei altyd maklik nie, ek raak ook soms eterig, en lus vir 'n snack. as ek lus raak vir iets dan idnk ek net hoeveel oefening ( wat ek nei doen nie) of hoe lank sal my lyf neem om die klomp KJ's te verwerk. Dan motiveer dit om nei sommer iets te gryp en eet nie. ek gaan sommige vrugte mis.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #21 on: November 18, 2013, 10:54:10 AM »
Watter vrugte is dit wat jy nou gaan mis?  Ek dag alle vrugte is goed vir 'n mens.  Ek lief 'n bak gestoofde groente.  Dit is "vrykos", bedoelende 'n mens kan soveel daarvan eet as jy wil.  Tamaties, komkommer, blaarslaai, pepers en uie in stukke gesny is ook 'n heerlike versnappering.  Voorspoed!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons praat TAMATIES
« Reply #22 on: November 13, 2018, 08:47:23 AM »
Ek kom gaps Natalie se resep: Blomkool en broccoli geprut in tamatie en uie smoor met sout, grated black pepper and cinnamon en feta oor gefrommel en dan in die oond vir 45min.