Author Topic: E-toll  (Read 5566 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
E-toll
« on: October 30, 2013, 07:33:46 AM »
Hierdie het met die poskoets hier aangekom en ek deel dit graag. 

Sanral het wraggies nou sy beste skrikmaakmasker opgesit maar, blykbaar is daar meer mense wat geskrik het vir Elsabe Zietsman toe sy haar klere begin uittrek as vir hierdie patetiese spul.
Sien, die nuutste is dat as jy onder een van Sentraal Transvaal se nuwe diskoligte deurry, en die enigste skyfies in jou motor is slap skyfies, Simba-skyfies of jou lisensieskyfie, dan begin die tyd aftel.
Die bewering is dat jy dan onder druk behoort te verkeer omdat jy net sewe dae het om die rekening te betaal! Maar spaar ‘n gedagte vir arme Siphiwe wat met die rekeninge werk. Die probleem is dat jy nie weet wat jou rekening is nie, so die druk is op Siphiwe om die rekening by jou te kry binne sewe dae, maar die probleme is legio.
Eerstens leef ons in ‘n land waar die onderwysers (wat grade verwerf het by universiteite…wel sommige van hulle) nou toetse moet skryf om hul bevoegdheid in hul eie vakke te bewys.
Hoe goed kan Siphiwe se opleiding dan wees, wat aangestel is op grond van sy Bar-one skakering ten spyte daarvan dat hy die kwaliteitbeheer toets gedruip het by die Cadbury fabriek!
Tweedens bevat elke sewe dae ‘n Saterdag, Sondag en ‘n loslit-ek-dra-my-springbok-trui-en-doen-niks-nie Vrydag.
Derdens neem dit die land se posdiens drie dae om elke brief te kry, te sorteer, oop te stoom om te kyk of hulle iets kan steel, weer toe te Pritt en dan by die verkeerde plek af te lewer.
Vierdens gaan die persoon aan wie dit gerig is, kom ons noem hom maar Hoofsweep Tollie Weiers, die ding in die asblik gooi as dit nie per geregistreerde pos is nie.
Dit laat Siphiwe met een dag, minus sy eerste teebreuk, sy rookbreuk, tweede teebreuk, sy middagnando’s breuk, sy middagtee breuk en sy middagrookbreuk, waarin hy die rekenaar moet ontsyfer, die die taxi’s moet uitsif wat vrygestel is van e-tjol, die Milkiebar’s moet identifiseer en dan hul rekening van R2-30 (vir die ou wat net van Lynwood tot Atterburylaan op die snelweg was) per geregistreerde pos teen ‘n koste van R14-50 vir hul aanstuur.
As hulle dit regkry en jy nie betaal nie, kan hulle jou hof toe sleep, want die howe is vanweë die lae misdaadsyfer gelukkig totaal onderbenut en glad nie vol nie!
As jy dink jy word onder druk geplaas, dink aan arme Siphiwe!
Tot volgende slag.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: E-toll
« Reply #1 on: October 30, 2013, 12:37:14 PM »
maklikste is moenie die e skyfie aanskaf nie

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: E-toll
« Reply #2 on: December 02, 2013, 10:05:30 AM »
one thing they didn't specify - is the 7 days calendar days or working days? and then I would love to know how they are going to cope with sending allll those acounts out to allll us culprits? fact is when my car register when going under the discobeams, then it goes into the electronic system from where it must be processed and then sent to the culprit. they can't send the invoice electronically to the culprit as the culprit does not have e-mail and they will in my humble opinion not be capable to send it to the culprit, for the culprit to receive it and be within the 7days.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: E-toll
« Reply #3 on: December 02, 2013, 09:43:48 PM »
Chaos!  Ek kan ook nie sien dat dit kan werk nie. 
Om te weet is om te verstaan.