Author Topic: 'n eerste kuier vir ouma  (Read 2316 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
'n eerste kuier vir ouma
« on: October 28, 2013, 07:11:45 PM »
'n kuiertjie op die vlakte
buite stadsgewoel
en naggeraas
het 'n week se vreugdekwota
tot op die spitskrans opgejaag
saamspeel en lag
badtyd en ontbyt
oe en aah van vriend
en vreemdeling
'n koevertjie vol liefde
in my diepste hartspunt
sonder adres gepos

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n eerste kuier vir ouma
« Reply #1 on: October 29, 2013, 07:35:14 AM »
Pragtig en kosbaar.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n eerste kuier vir ouma
« Reply #2 on: October 29, 2013, 01:44:10 PM »
Kosbaar voorwaar!  Die vreugde en liefde op die gesiggie kielie my hart Adéle. 
Om te weet is om te verstaan.