Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat EIERS

(1/2) > >>

Terry:
Eiers is seker een van die mees gebruikte items in vandag se kombuis.

Weet jy van enige voordele/wenke/resepte wat jy kan kom deel?

Kom ons praat EIERS   :toothy4:

PM:
Ek is verlore sonder eiers in my kombuis. 

Wenke wat werk.

Gebruik mayonnaise om oor pasteie te smeer: Dit bevat ook eiers en so spaar jy 'n eier.
Gebruik natuurlike produkte om Paas-eiers te kleur.
Beet – Rooi
Saffron – Geel
Spinasie sap – Groen
Geklitste eiers met 'n knippie sout kan vir drie maande gevries word.
Moet nooit 'n eier in die dop in 'n mikrogolf kook nie, want dit sal ontplof.
'n Lepel asyn in die water wanneer jy 'n eier posjeer keer dat die wit versprei.
Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit 'n speld of teelepel in die kastrol.
Om te toets of 'n eier vars is, sit dit in 'n maatbeker met 600ml water. As die eier baie vars is, sal dit op die sykant opdie bodem lê.
Sny hardgekookte eiers deur met mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.
Vir lekkerder roereiers of omelette, klits suurroom, roomkaas of room by.
Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.
Wanneer jy eiers bak, sprinkel 'n bietjie sout of meel oor die olie voordat hy die eier in die pan breek. Dit keer dat die eier aan die bodem vassit. 

Terry:
Ek moet lus wees vir 'n eier voor ek hom eet en nou en dan kry ek hierdie lus.  Vandag is een van daai dae en toe gaan soek ek 'n lekker resep om te kom deel.

Ek so nooit kon dink daar is soveel ander maniere om gevulde eiers te maak nie, so hier is maar net een ander manier.  Jy kan eksperimenteer met salmon, fyngensyde beesvleis, fyngekapte grasuie, tuna ens.

Jy het nodig:

Eiers
Mayonnaise
1 Ryp advokadopeer
1/2 Pakkie spek
Room
Grasuie
Sout en peper

Kook die hoeveelheid eiers wat jy nodig het.  Laat verkoel en haal dop af.  Sny in die helfte deur en sit eiergeel in 'n aparte bak.

Meng mayonnaise, 1 advokadopeer, fyngekapte grasuie en klein stukkies klaar gaargemaakte spek in.  Meng alles saam en voeg sout en peper by na smaak.  Vule lke eier met die vulsel. 

He dan ekstra spek oor en sit dan 'n klein repie bo-op elke eier.

Hierdie foto hieronder wys ook hoeveel ander maniere en resepte jy kan probeer.

PM:
Hierdie gevulde eiers is altyd 'n wenner by 'n vingerete.  Dankie Terry. 

AB:
laat my idn k aan die vrou wat haar skoonseun die oggend met ontbyt vra toe sy eiers bak: "Hoe hou jy van jou eiers?"

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version