Bak en brou > Item vir die week

Kom ons praat ROOIBOS TEE

(1/3) > >>

Terry:
Baie mense hou van dit en baie nie.  Drink jy rooibos tee?  Kom praat saam en deel jou wenke en resepte.

Kom ons praat ROOIBOS TEE   :toothy4:

Naas:
Oom Bil, my ma se broer op Veldrift gaan gereeld na die plaas waar hulle rooibos kweek. Hy gaan kry die takkies/blaartjies wat te dik is vir die sakkies en dus weggegooi word. Hy trek die uitskottakkies want hy se dis varser en meer gekonsentreerd as die wat jy in die winkel koop. Elke oggend maak hy sy rooibosstee en dan word dit met bietjie heuning versoet en van die suurlemoene uit sy eie tuin se sap kom ook in sy brousel. Sy rooibos brousel is regtig lekker. Hy drink dit deur die dag sommer koud as dit al afgekoel het.
Sy laaste ondersoek by die oogarts moes hy twee keer sit vir die oogtoetse want sy sig het aansienlik verbeter na sy vorige oogondersoek en sy brille kon dienooreenkomstig aangepas word. Deesdae is sy bril meer van sy oe af as op. Hy beweer dat dit die rooibostee is. Dit is dalk waar maar hy eet ook geweldig baie vis en ek vermoed dat die kombinasie van vis en vars rooibos dalk die ding doen vir hom.
Hy is nou 82 en nog op en wakker. vang self vis, bly alleen en sorg heeltemal vir homself.

 :icon_bigsmurf:

PM:
So nou en dan sal ek 'n koppie rooibostee drink, dan hou ek van melk en suiker daarin.  'n Potjie tee gebrou met helfte gewone- en helfte rooibostee gaan ook goed af. 

Naas, dan sal ek vinnig moet begin rooibostee en vis nuttig.  My oë is nie so sleg nie, dit is my arms wat so
kort word.   :icon_biggrin:

AB:
ek dirnk nkie koffie en engelse tee nie maar wel so af en toe, dlak 3 keer per week rooibos. dis lekker so sonder bitter met beitjie melk in maar bitter en swart sonder melk is idt ook lekker.

het een van julle nie 'n resep  van hoe mens "ice tea" met rooibos kan maak nie?

Terry:
As ek rooibos ystee sommer so uit my kop moet uitdink sal ek se vir 'n liter houer moet jy so 10 teesakkies laat le in kookwater.  Meng 'n halwe koppie suiker by en roer tot opgelos.  Gooi dan yskoue water en ysblokkies by en bedien met 'n gesnyde stukkie suurlemoen.

Maar, hier is 'n resep wat ek kon opspoor:


    20 rooibostee sakkies
    65 ml heuning
    2l water
    125 ml bruin suiker
    250 ml appel sap
    5 star anise
    2 tbs heel swart peperkorrels
    1 kaneel stokkie
   

Kook alles behalwe die appel sap in 'n pot vir so ongeveer 30 minute.  Laat dit koel word en gooi dan deur 'n sif.  Gooi die appel sap by en sit in die yskas tot koud.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version