Author Topic: Afrikaans om ons saam te snoer!  (Read 13667 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

quizagunter

  • Guest
Afrikaans om ons saam te snoer!
« on: March 31, 2011, 09:58:47 AM »
Nog 'n weiveld waarin ons ons knuppeldik kan versadig aan die wyshede en gedagtes van ander.  Graag wil ek GOD se seën toebid op hierdie forum sodat dit 'n vereniging en bond word waarop ons trots kan wees en bly.  Soveel blabsye/blaaie/webtuistes word gestig om iets moois voort te bring en dan kom daar ongewenste elemente en verjaag die wat dit as rein en edel beskou.  Ek hoop daar sal sensorskap van 'n hoë gehalte wees en dat die blad nie nog 'n bespotting vir die liefhebbers van Afrikaans word nie.  Sterkte met 'n baie moeilike taak!!

Bestuur

  • Guest
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #1 on: March 31, 2011, 12:10:59 PM »
Baie dankie vir die mooi wense Quiza,  ons sal ons bes doen om 'n forum daar te stel wat spreek van goeie smaak en harmonie.  Met almal se samewerking glo ons dat dit moontlik is. 

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #2 on: April 01, 2011, 08:57:18 AM »
Sela! Mag ons in liefde en trots rondom ons taal vergader.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #3 on: April 01, 2011, 09:27:13 AM »
Julle maak my so opgewonde.  Nog 'n weiveld waarin ons ons knuppeldik kan versadig aan die wyshede en gedagtes van ander.  Quiza,  jy het dit uitstekend gestel.

Mag ons in liefde en trots rondom ons taal vergader.  Naas,  "met liefde en trots" klink vir my na "wondergom".  Dit moet net werk.   :love10:




Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #4 on: April 15, 2011, 08:14:02 PM »
Afrikaans, taal van die verdrukker, taal van die bevryder. Taal van die bevryde. My taal. Soet op my tong. Sag op my oor. Taal wat my sus en my roer en my siel bly bekoor. My moeder se taal, my vader se taal, taal van my dink en my slaap my gister en more, taal van my mense my taalgennote

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #5 on: April 15, 2011, 09:27:19 PM »
Liewe land,  jy maak my skoon begeesterd Blouetjie.  Ek neem die vaandel op en marseer saam met jou deur die strate. 

Viva Afrikaans!

Dit is werklik my grootste begeerte.  Om Afrikaans uit te dra in al sy glorie.  Ons het werklik 'n pragtige taal,  maar die mooiste vir my is,  die pragtige mense wat ons taal op die hart dra. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #6 on: April 19, 2011, 06:42:12 AM »
Oppas vir deur die strate marseer. Die polieste gooi skerp klippe!



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #7 on: April 19, 2011, 07:34:19 AM »
Nee,  ons sal nie raas en vure maak nie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #8 on: September 21, 2021, 12:56:13 AM »
Mis ek nou vir ou Blouetjie.  Wens ek kon 'n werklike reunie hou met almal wat hier saam gekuier het.  Manne en meisies, ek mis julle! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #9 on: September 21, 2021, 02:57:55 AM »
Grote glorie, kom ek vandag eers hierop af. Duisende dankies PM dat jy vandag hierdie deur in 2021 weer oopgemaak het,  tien jaar later skyn die liefdesliggie vir Afrikaans tot binne in ons pandok vanoggend.  :hello2: :love7: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #10 on: September 21, 2021, 08:58:48 AM »
Dit was toe ons net begin het.  Ek was nog "bestuur".  Ha-ha.  Waar is ou Quiza tog in die wêreld. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #11 on: September 21, 2021, 09:50:57 AM »
Hy is doenig op "God se Plot" soos hy dit noem en loer gereeld in ter ondersteuning by die gevreetboekie. Nog presies dieselfde dierbare mens!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaans om ons saam te snoer!
« Reply #12 on: September 21, 2021, 03:41:11 PM »
Ja, ou liewe quiza. 'n Ware kind van die Here.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.