Author Topic: Kos boeke en kos programme...  (Read 2638 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Kos boeke en kos programme...
« on: October 06, 2013, 09:10:49 AM »
Slaat jy enige form van die media oop kry jy tafel op tafel wat kreun onder die mees pragtigvoorgesitte disse wat jou laat kyk en kyk en begeer en watermond los.
En dit in 'n wereld wat al hoe meer oorgewig - en vet - word.
Daar gaan nie 'n week verby wat jy nie iemand nuut sien wat 'n kosprogram of -blog begin nie.  Liewe aarde, op hoeveel maniere kan jy rys kook?
Word ons vet as gevolg van al die mooi prentjies of gebruik opportuniste ons liefde vir kos as 'n geldmaakstorie?
In Amerika is daar 'n ou wat sy donkerbril op sy agternek dra wat in sy afslaankaptjor van eetplek tot eetplek ry en dan die kos daar gaan proe.  Soveel van vleis en vetterigheid het ek nog nie in enige ander kosprogram gesien.  Die Amerikaners eet hompe.  Letterlik hompe kos wat op hul borde le en wag vir 'n eter om dit by te dam. 
Gewoonlik is die kosb(l)oggers alreeds superryk en steeds vertel hulle vir ons hoe om ons rys gaar te maak.  Of 'n lemoen uit te druk.  Of hoe om 'n garnaal uit te dop.
Tydskrifte het bladsye vol glans prentjies en resepte vir die heerlikste lamsboud of koek.  Of hoe om jou hoender te marineer voor jy dit op die rooster gooi.  Wie gee (regtig) om hoeveel suurlemoensap en hoeveel olyfolie?  En as ek advokado-olie bo olyf-olie verkies, dan gee ek nie om of dit die suurlemoensap komplimenteer of na lemmetjiesap sal laat proe nie. 
Daar is letterlik duisende kookboeke op die rakke.  Selfs in ons kombuise.  En kook ons ooit hier uit?  Nee. 
(Ekself het 'n paar blinkbladkookboeke op my skoondogter se boekrak laat beland.  Dit lyk nogal mooi so in die rakkie bo die stoof... he he)
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kos boeke en kos programme...
« Reply #1 on: October 06, 2013, 10:28:33 AM »
Wat my dronk slaan is dat ek  NOOIT  daarin slaag om die dis so pragtig te laat lyk nie.  Meer as dikwels probeer ek die resep presies soos dit in daardie boek staan, maar nee, dit smaak nooit hemels nie!  Die kluitjies is altyd plat en die skons is swaar en kluitjierig.  Ek hou maar by die resep wat ek ken, dit werk die beste.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kos boeke en kos programme...
« Reply #2 on: September 05, 2018, 11:47:27 PM »
Jy kan vir my onder 'n wip vang met 'n mooi bord kos. Hou eers gou jou mooiste koppietjie dat ek hom opvul want ek het ietsie op die hart. Om 'n bord tuisgemaakte kos af te neem dat dit 'mooi en lekker lyk soos dit proe' is nie so maklik nie hoor. Die ouens vertel kinders en diere is moeilike modelle maar laat ek jou vertel - daai ouens het nog nie modelle uit 'n pot of pan voor die lens gehad nie  :`ip2:

Ek het self 'n magdom resepte boeke in die pandok se kombuis en hulle word bloot gebruik vir idees vir my offergawes en wan en dan verskaf dit nogals 'n verrassend-besige agtergrond in die deurblaai en neersit-proses...

Soms kan jy nie help om onvroulik te bulder van die lag vir jouself as jy jou hand wil uitsteek om die koppie tee te vat van die boek se omslag af nie - en dan bewaar jy maar die blonde oomblik :icon_bigsmurf:

 

« Last Edit: September 06, 2018, 12:27:18 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kos boeke en kos programme...
« Reply #3 on: September 10, 2018, 02:02:28 PM »
Ek het al by kosfotograwe gehoor dat dit nogal 'n moeilike kuns is om te bemeester.  Jy doen dit uitstekend Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.