Author Topic: Baie welkom Anicia  (Read 4350 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Baie welkom Anicia
« on: October 02, 2013, 06:43:38 AM »
PM, ek het die vrymoedigheid geneem om Anicia te registreer. Haar hart brand om kinderstories te skryf en sy wil graag betrokke raak en leer by julle. Ek het haar eerste kinderstorie gelees en dit baie geniet. Ek glo dat sy 'n positiewe bydrae tot die forum gaan lewer. Haar hart sit op die regte plek  :icon_salut: :notworthy:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Baie welkom Anicia
« Reply #1 on: October 02, 2013, 07:08:24 AM »
Baie welkom Anicia.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Baie welkom Anicia
« Reply #2 on: October 02, 2013, 09:39:31 AM »
Baie dankie dat ek by julle kan aansluit! Ek waardeer dit baie  :love7:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Baie welkom Anicia
« Reply #3 on: October 02, 2013, 11:04:06 AM »
Ek is soooo opgewonde vir jou part Anicia. Kan nog onthou toe ek die heel eerste 'storie' geplaas het baie jare gelede. My senuwese was garings. Toe kry ek 'n kommentaar - jy kan nie skryf nie - jou leestekengebruik is horibaal. Met die hulp van maters soos PM en Naas het die ouvrou maar net voort gedoet  :icon_bigsmurf: en geleer van hoe doen 'n mens dinge dese dage. Ek glo dat jy die ABC sandput gaan geniet. Hier is soveel inligting wat jou as skrywer kan help om te ontwikkel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie welkom Anicia
« Reply #4 on: October 06, 2013, 07:40:39 AM »
Baie dankie Raaitjie!   :love7:

Hartlik welkom Anicia.  Vertel asseblief 'n bietjie meer van jouself.  Jammer ek het vir 'n paar dae geen opvangs gehad nie, maar nou is ek weer hier.
Hartlik welkom en skree as jy enige hulp nodig het.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Baie welkom Anicia
« Reply #5 on: October 23, 2013, 01:26:34 PM »
Oepsie! Jammer ek lewer nou eers kommentaar hier. Meer van myself.
Ek woon op 'n Wildsplaas saam my liefie Deon en babatjie Dyllan. Ons is omring van die pragtige diere en geniet die rustigheid wat die plaas ons bied. Ek is 'n tuisteskepper en al lank in die bedryf..  :icon_biggrin: My inspirasie om stories te skryf het gekom met die oog om kindertjies leesvermaak te gee.  :icon_study: Self is ek baie lief vir lees soos die geleentheid homself voordoen en met gebrek aan 'n biblioteek in die nabyheid, moet mens seker die verbeelding self bietjie laat gaan..of hoe?  :hello:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie welkom Anicia
« Reply #6 on: October 24, 2013, 02:41:18 PM »
Dankie Anicia.  Dit is wonderlik om die stilte van 'n wildsplaas om 'n mens te hĂȘ.  Enige plaas! 
Die voordeel met internet is dat bykans al die inligting by "Oom Google" verkry kan word. 
Ek lief daai oom van ons.   :icon_biggrin:

Daar is niks met jou verbeelding verkeerd nie.  Ek lief jou verhaaltjies.   :icon_salut:


Om te weet is om te verstaan.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Baie welkom Anicia
« Reply #7 on: November 01, 2013, 11:38:00 AM »
Dankie vir die kompliment! Ek het nie nou 'n biblioteek nodig nie, kan sommer hier lekker kuier tussen almal op die forum. Ons kleinding hou my ook baie aan die gang en elke tydjie wat mens kry is kosbaar.. :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie welkom Anicia
« Reply #8 on: November 01, 2013, 03:04:51 PM »
Plesier is myne.  Jammer die forum is so stil, maar dit lyk my almal spoed die jaar uit.  Voor ons weet is dit om. 
Om te weet is om te verstaan.