Author Topic: drie jaar geleen  (Read 3099 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
drie jaar geleen
« on: September 07, 2013, 03:27:57 PM »
in hierdie Septemberweek
drie wonderjare gelede
na ’n sms en ’n foonoproep
nou deel van die verlede
met onthoue wat oral rondlê
het jy my een saterdag onder
hierdie planeet se melkweg kom haal

in ’n koffiekroeg in die stad
met elk ’n koppie elfuur-tee
het ek in jou neutbruinoë
’n lied se musieknote gelees
en onderaan die bladsy het jy
met ’n veer in goud gedoop
my naam in hoofletters gegrafeer

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: drie jaar geleen
« Reply #1 on: September 07, 2013, 04:28:44 PM »
Ek het hoendervleis Adéle.  Jy kan steeds toor met woorde.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: drie jaar geleen
« Reply #2 on: September 08, 2013, 06:11:49 AM »
 :crybaby2: My hart wil uit my bors skeur vir jou / julle.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: drie jaar geleen
« Reply #3 on: September 08, 2013, 06:27:44 AM »
'n Mens kan nie glo dat die tyd so gou verby gaan nie.  Dit voel asof dit nog net 'n paar maande is.

Ek lief "die onthoue wat oral rondlê" dit som die situasie pragtig op. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: drie jaar geleen
« Reply #4 on: September 08, 2013, 06:34:05 AM »
'Onthoue'...
Dis asof die wese, die gees van 'n mens tot in die hout, die steen, die materiaal van jou huis intrek. 
Ek sal dit nie anders wil he.  Die persoon sal altyd deel wees van die direkte spasie om jou.
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: drie jaar geleen
« Reply #5 on: September 08, 2013, 09:01:57 AM »
dankie baie julle lief vriende... ja, die huis, die tuin ... vrek, die hele dorp le' vol van onthoue van hom, elke iets om my herinner my deur aan my skouer te raak ...
mooi dag vir julle ... ons gaan nou kerk toe ... ek moet dit doen ... daardie kerk is oorvol van hom en as ek wag, gaan ek dit nie weer regkry nie. geniet julle pragsondag   :love7: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: drie jaar geleen
« Reply #6 on: September 08, 2013, 09:28:31 AM »
Baie sterkte vir jou matertjie.  Daar wag nog 'n hele klomp "eerste keer sonder Eben" op jou.  Mag jy al die krag en ondersteuning kry om hierdie marabeker te ledig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: drie jaar geleen
« Reply #7 on: September 08, 2013, 12:28:55 PM »
Besonders en aangrypend geskryf.  :love7: