Author Topic: my laaste woorde ... of my eerste ...  (Read 2600 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
my laaste woorde ... of my eerste ...
« on: September 12, 2013, 09:25:15 PM »
My liefste Oubaas, jou pyn is verby. God gee genesing, al is dit in sy Huis.

En nou het Hy vir my ’n onthou-mandjie in my hart gegee sodat ek die kosbaarste in ons saamwees-tyd kan uitsoek om daarin te bêre, maar dit is dadelik tot oorlopens toe vol. My hart is nou baie te klein. Drie jare se ure wat elkeen vol kosbare minute was, is net te veel want jy het my, elke dag, meer kosbaar laat voel as die vorige.

Daarom gee ek vandag die res van my kosbaarste herinneringe aan Christus om vas te hou. Dan kan ek dit om-en-omruil soos wat die tye aanstap en ek kans kan kry om dit een vir een in hierdie onthou-mandjie in my hart te pak, want ... ek kan nie één daarvan verlore laat gaan nie. Dankie dat jy my die kans gegee het om hierdie laaste drie jaar jou lewe te deel. In die begin het jy gevra dat ons twee idees moet deel – vreugde en vrede – en dit het ons dae gevul.    

Sonder ons Heer sou dit egter nie moontlik gewees het nie, daarom wil ek met Eben se woorde, in gebed, aan Hom al die eer gee.
“Vader, laat altyd U wil hier wees, Amen”


 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: my laaste woorde ... of my eerste ...
« Reply #1 on: September 13, 2013, 01:25:21 AM »
 :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: my laaste woorde ... of my eerste ...
« Reply #2 on: September 13, 2013, 08:55:18 AM »
Baie dankie Annie, dat jy ook jou hartseer met ons deel.  In een van jou vorige skrywes het jy die woord "suksesverhale" gebruik.  Al was dit in 'n heel ander konteks, wil ek graag vir jou noem dat ek glo jou en Eben se verhaal, is werklik 'n suksesverhaal.  Julle liefde en respek vir mekaar is werklik 'n voorbeeld. 
Die paar onthous wat ek van Eben het is kosbaar en die raam wat hy vir my gegee het sal altyd 'n ereplekkie in my huis en hart hê.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: my laaste woorde ... of my eerste ...
« Reply #3 on: September 15, 2013, 05:44:26 AM »
Adele....
Hoe kosbaar om te kan liefhe, al is dit vir 'n baie klein tydjie.  Dat julle mekaar intens geken en ervaar het, is duidelik.  En dit is verskriklik kosbaar.
Julle was, en sal altyd wees, 'n pragtige voorbeeld van hoe gelewe en liefhe moet wees.
So 'n liefde is nie almal beskore en moet vertroetel word.
Jy en jou familie bly in my gedagtes. 
elle