Author Topic: Baie geluk Jannie  (Read 4687 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Baie geluk Jannie
« on: September 05, 2013, 10:35:31 AM »
Beeld het vir Jannie gevra om die artikel wat hy vir Volmaan geskryf het aangaande karre en beleggings in Sake Beeld te publiseer.  Baie geluk Jannie.

Hou Beeld van die 19de Oktober dop asseblief.

Dit lyk of die boeke vir ons werk.   :hello2:
« Last Edit: September 05, 2013, 10:38:29 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Baie geluk Jannie
« Reply #1 on: September 05, 2013, 12:05:30 PM »
Baie geluk, ons kry nie die Beeld koerant hier nie, sal die artikel dalk hier geplaas kan word?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie geluk Jannie
« Reply #2 on: September 05, 2013, 01:19:42 PM »
Ek sal my moet verlaat op julle slimkoppe wat so-iets kan plaas.  AB, ek sal dit hoog op prys stel as iemand dit vir ons kan doen.  Ek plaas solank die artikel soos dit in die boek verskyn.

Karre en beleggings
Jannie Rossouw


Ek het lank gedink oor die titel van hierdie artikel, want die boodskap is baie eenvoudig: Karre is nie beleggings nie.  Trouens, die woorde "karre" en "beleggings" moet nie in dieselfde sin gebruik word nie.
Ek het in 2008 besluit om vir my 'n nuwe Mercedes-Benz C-klas te koop.  Mans se besluite oor nuwe karre is op emosie gebaseer en ek was huiwerig om my deur enige feite te laat verwar.  Ek het nietemin 'n paar faktore oorweeg.  Ek het eerste na 'n dieselmodel gekyk.  Ek het uitgewerk dat ek 315 000 kilometer moet ry teen die destydse dieselprys om te vergoed vir die pryspremie van die dieselmodel teenoor 'n soortgelyke petrolmodel, as ek albei na die tyd vir dieselfde prys kan verkoop.  Dit bring nie die renteverlies op die groter koopsom in berekening nie.
Ek het daarna 'n C200 Elegance outomaties en 'n C180 Classic outomaties oorweeg.  Op die oog af lyk die motors dieselfde, maar 'n kenner sal die bykomende luukshede van die Elegance-model kan uitwys.  Daar is ook 'n verskil in kraglewering.  Die prys van die C180 was destyds R327 000, terwyl die C200 se prys R355 000 was.  Na afslag was die prysverskil egter R32 000, omdat ek 'n beter afslag op 'n C180 kon beding.  Ek weet nie hoekom dit die geval was nie, want die motorhandel is maar vir baie van ons 'n raaisel.  Die verskil in die paaiement om 'n bykomende R32 000 terug te betaal, was destyds R700 per maand oor vyf jaar. 
Ek het in 2008 besluit om die C180 te koop.  Die kar het nou 140 000 kilometer op en ry steeds baie lekker.  Die C180 sal vandag vir R166 000 inruil, terwyl die C200 vir R185 000 sal inruil.  Van die aanvanklike prysverskil van R32 000, is dus R19 000 oor.
Ek het twee eksperimente met die verskil in koopprys van R32 000 gedoen.  Ek het R32 000 eenmalig in SATRIX 40 belê.  Dit was kort voor die groot aandeleprysdaling later in 2008, maar ek moes my eksperiment op 'n wetenskaplike basis doen: Alles moes op dieselfde tydstip begin.  Hierdie belegging is vandag (vyf jaar later) sowat R42 400 werd.

Voorts het ek vanaf dieselfde datum R700 per maand oor 'n tydperk van 60 maande in SATRIX 40 belê.  Hierdie belegging is vandag sowat R53 900 werd. 
My vrou het 'n derde parralelle eksperiment uitgevoer.  Sy het op dieselfde tydstip R32 000 in die SATRIX FINI belê.  Haar belegging is tans sowat R58 900 werd.
Die beleggingsantwoord op my beleggingseksperiment is dat die maandelikse SATRIX-belegging die beter resultate as die kapitaalbelegging gelewer het, terwyl die praktiese antwoord is dat duurder karre, selfs in dieselfde reeks van 'n vervaardiger, vinniger depresieër.
Laasgenoemde punt word in die oortreffende trap deur die duurste C-klas, die C63 AMG, gedemonstreer.  In 2008 was die nuwe prys van 'n C63 R765 000.  Hierdie kar sal vandag vir R402 000 inruil.  Die waardevermindering van R363 000 op die C63 was dus groter as die nuwe koopprys van 'n C200 in 2008.  Maar soos ek hierbo gesê het, is mans se besluite oor nuwe karre op emosie gebaseer en moet dit nie deur enige feite verwar word nie.
Dit is ook interessant om op te let dat die prys van 'n nuwe C180 tans R383 000 is.  Dit beteken dat die prys met gemiddeld 3,2 persent per jaar oor die laaste vyf gestyg het.  Oor dieselfde tydperk was die inflasiekoers gemiddeld sowat 6 persent per jaar.  In vergelyking met inflasie het 'n C180 dus relatief meer bekostigbaar geword.
Die les uit hierdie nota is baie eenvoudig: Vermy duur karre, die opbrengs uit maandelikse besparing kan die opbrengs op 'n eenmalige kapitaalbelegging klop en volg jou vrou se beleggingstrategie.

Jannie Rossouw is nie FAIS-geregistreer nie, en niks in hierdie artikel moet dus as beleggingsadvies beskou word nie.  Mevrou Rossouw  is ook nie FAIS-geregistreer nie.

« Last Edit: September 05, 2013, 01:22:41 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Baie geluk Jannie
« Reply #3 on: September 05, 2013, 07:28:58 PM »
Danki, nou het ek gesien hoe dit in woorde uitgedruk is wat ek al lankal weet:
Koop 'n goeie 2 de handese of 3 de handse kar of bakkie of wat ook al wat goed opgepas is en nie te veel km op het nie en ry hom tot sy wiele afval of hy gesteel word of afgeskryf word. Hoe langer jy 'n ryding ry en minder rygoed in jou lewe vervang hoe beter "belegging" is dit.

Ns: Ek is nou nog hartseer oor ons kar wat na 10 jaar se gebruik  op 413 000 km gesteel is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie geluk Jannie
« Reply #4 on: September 06, 2013, 04:54:22 AM »
Ek dink dit is 'n goeie artikel.  Jannie sal weer deelneem aan boek drie en nog soortgelyke artikels skryf.  

Die ou wat Hannes se voertuie koop is baie gelukkig, want hy pas dit baie mooi op.  Net verlede week het iemand vir hom gesê hy ken iemand wat die kilometers terug draai vir R1000.00.   :`ip2: Hy vra toe vir die man wat moet hy dan met sy diensrekord maak?  
'n Mens kry soveel oneerlike mense, as jy nie 'n voertuig by iemand koop wat jy ken nie koop jy dalk net 'n ander ou se probleme.  

Wanneer is jou voertuig gesteel AB.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Baie geluk Jannie
« Reply #5 on: September 06, 2013, 06:28:59 AM »
Baie geluk, Jannie.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Baie geluk Jannie
« Reply #6 on: September 06, 2013, 08:49:55 AM »
Baie geluk!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Baie geluk Jannie
« Reply #7 on: September 06, 2013, 08:55:47 AM »
Tot nou toe was ek nog baie gelukkig met al 4 karre, 4 bakkies en 2 trekkers wat ek 2 de hands of 3 de hands gekoop het. Geen diensboekie en iets lyk verdag, los dit en soek verder. As 'n ryding se diensboek nie by is nie is daar iets verdag, waarom is die boek weg? dit raak nie sommer weg nie.

Mens hoor so van die ingevoerder rygoed uit Japan wat in die buurlande verkoop word maar nie in RSA verkoo pmag word nie. Die karre het almal so om en by 60 na 80 000 km op en geen diensboek nie. Dan seg die handelaars die japanese ry die karre net so veelm en ruil dut dna in want die lisensie geld en versekering raak baie duur op karre met meer as daai km op.
Nou die dag in die woestyn vertel Dries wat in Windhoek werk:
Lnas sy besigheid word die karre afgelaai wat met die skip in walvisbaai aankom. Dan is die chinees wie se invoer kontrak dit is by met sy rekenaar, woel onder die paneel bord, draai die afstand af na tussen 60 en 80 000 km, haal die diensboek uit en verbrand dit en knip die lappie met 'n datum op wat aan die veiligheid gordel is af en siedaar geen rekord van hoeveel km en jaar model en die kar waneer hy die eerste keer in suid wes registreer word nie.

Goue reël by my: geen diensboek, geen koop, vra niks verder uit en kyk nie verder nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Baie geluk Jannie
« Reply #8 on: September 06, 2013, 10:23:11 AM »
Ek stem saam.  Tog wonder ek of hulle nie daar ook kan skelm wees nie, want die wêreld is vol skelmstreke en mense sal enigiets doen om 'n paar rand te maak.   :`ip2:
Om te weet is om te verstaan.